Speel met die blompatrone en maak unieke plekmatjies
Karen Adendorff
Moeilikheidsgraad *
Benodigdhede (per plekmatjie)
- Crochet No. 5 (50 g-bolle): 1 bol elk White, Azzure en New Turquoise
- 2 mm-hekelpen
- 1 wit knopie vir groot blommetjie
- 2 turkoois saadkraletjies vir twee kleiner blommetjies
- 48 cm x 34 cm stewige wit linne per plekmatjie
- 48 cm x 34 cm dun watteersel per plekmatjie
- Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte
46 cm x 31 cm
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
dsl – dubbelslagsteek
dr – draai
gs – glipsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
hlb – halflangbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
ls – lus
rdte – rondte
sp – spasie
st(e) – steek(e)
vlg – volgende
Aanwysings
Blomme
• Driedimensionele blom
Met New turquoise en 2 mm-pen, hekel 2 ks. Hekel in 2de ks vanaf pen:
1ste rdte: 6 kb in 2de ks, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in elke kb, gs in beg-ks.
3de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg kb, 7 ks, gs in dies kb, 1 ks, slaan 1 kb oor, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 6 blomblare.
4de rdte: 1 ks (3 hlb, 5 lb, 3 hlb) in elke 7 ks-ls, gs in 1ste hlb. H/af.
5de rdte: met Azzure, heg aan die agterkant van die blommetjie, tussen 2 blomblare, 1 ks, 1 kb in dies st, (9 ks, gs in dies st, 3 ks, 1 kb aan agterkant tussen vlg 2 blomblare) 6 keer, gs in 1ste kb.
6de rdte: *(2 hlb, 3 lb, 5 dsl, 3 lb, 2 hlb) in 9 ks-ls, 1 kb in 3 ks-ls, herh van * tot einde, gs in beg-hlb. H/af.
7de rdte met New turquoise, heg aan die agterkant van die blommetjie tussen 2 blomblare, 1 ks, 1 kb in dies st, (9 ks, gs in dies st, 5 ks, 1 kb tussen die vlg 2 blomblare) 6 keer, gs in 1ste kb.
8 ste rdte: *(5 lb, 7 dsl, 5 lb) in 9 ks-ls, 1 kb in 5 ks-ls, herh van * tot einde, gs in beg-lb. H/af.
• Plat blommetjie
Met wit en 2 mm-pen, hekel 5 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 12 kb in ring, gs in 1ste kb. H/af.
2de rdte: met Azzure: 3 ks, 1 lb in dies st, (3 ks, slaan 1 kb oor, 2 lb-tr in vlg kb) 5 keer, 3 ks, gs bo in beg-3 ks.
3de rdte: met New turquoise: 1 kb in dies plek as gs, (1 kb 1 hlb, 3 lb, 1 hlb, 1 kb) in elke 3 ks-sp, gs in 1ste kb = 6 blaartjies.
4de rdte: met Azzure, (5 ks, 1 kb tussen 2 blaartjies van vorige rdte) 6 keer, gs in 1ste ks. Die rdte lê aan die agterkant van die blom.
5de rdte: (1 kb, 1 hlb, 5 lb, 1 hlb, 1 kb) in elke 5 ks-sp, gs in 1ste kb. H/af.
• Klein blommetjie
Hekel soos plat bommetjie tot by rdte 3.
• Stammetjies
Met Azzure en 2 mm-pen, hekel genoeg kettingsteke vir die verlangde lengte van die stammetjie, dr en hekel 1 kb in elke ks tot einde. H/af.
• Blaartjies
Die blaartjie word aan weerskante van die ks-ry gehekel. Met Azzure en 2 mm-pen, hekel 12 ks, 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 hlb in vlg ks, 1 lb in vlg 6 ks, 1 hlb in vlg ks, 1 kb in vlg ks, gs in vlg ks, dr, gs in 1ste ks, 1 kb in vlg ks, 1 hlb in vlg ks, 1 lb in vlg 6 ks, 1 hlb in vlg ks, 1 kb in vlg ks, gs in laaste ks. H/af.
Afwerking
Wenk As jy nie kans sien om die plekmatjies te maak nie, kan jy klaargekoopte plekmatjies ook met hierdie blommetjies versier.
1 Werk al die los drade weg.
2 Werk die wit knopie in die kern van die driedimensionele blom vas en die saadkraletjies elk in die kern van die klein blommetjies.
3 Plaas die twee linnereghoeke regte kante opmekaar met die watteersel-reghoek bo-op.
4 Steek vas en stik rondom. Laat ’n opening om om te dop.
5 Dop om en werk opening toe.
6 Gee ’n stiksel rondom ongeveer 1 cm van die kante af.
7 Werk die hekelwerk met die hand volgens die foto vas.
SOURCES
Elmarie Knapton
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.