Maklike hanskoenpatroon wat in ’n japtrap gehekel kan word
Deur KAREN ADENDORFF
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede:
- Blue Label Picasso DK (100 g) : 1 bol in gemengde kleur van jou keuse
- 3 mm-hekelpen
- Naald met groot oog
Grootte:
Pas gemiddelde grootte hande
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, dr = draai, dsl = dubbelslagsteek, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vlg = volgende.
Trossie:
- Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
- Moenie die steek voltooi nie sodat daar twee lusse op die pen is.
- Hekel die volgende steek/steke (soos deur patroon aangedui) op dieselfde wyse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur al die lusse op die pen.
Dubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee keer om pen.
- Steek pen in spesifieke steek, slaan draad oor pen en trek ’n lus deur.
- Slaan draad oor pen en trek deur twee lusse op pen nog drie keer.
Picot: 3 ks, gs in 1ste ks
Patroon:
Die handskoene word vanaf die duim na die synaat toe gehekel.
Hekel 16 ks, gs in 1ste ks.
1ste rdte: 3 ks, 1 lb in elke ks tot einde, gs bo in beg-3 ks = 16 lb.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde, gs bo in beg-3 ks = 16 lb.
3de rdte: 3 ks, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 24 lb.
4de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 32 lb.
5de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 40 lb.
6de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 4 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 48 lb.
7de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 4 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 5 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 56 lb.
8ste rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 5 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 6 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 64 lb.
9de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 6 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 7 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 72 lb.
10de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 7 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 8 lb, 2 lb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 80 lb.
11de rdte: 1 ks, gs in dies st en in vlg lb, 1 hlb in vlg lb, (1 lb in vlg 7 lb, 2 lb in vlg lb) 7 keer, 1 lb in vlg 6 lb, 1 hlb in vlg lb, 1 kb in vlg lb, h/af. = 80 ste. Die laaste ste word gelos.
Vir regterhandskoen:
12de rdte: heg aan in 11de st, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 hlb in vlg st, 1 lb in vlg st, 2 dsl in vlg 17 ste, 1 lb in vlg 6 ste, 1 hlb in vlg 2 ste, 1 kb in vlg 13 ste, 1 hlb in vlg st, 1 lb in vlg 2 ste, 2 lb in vlg st, 2 dsl in vlg st, 2 lb in vlg st, 2 hlb in vlg st, 1 kb in vlg 15 ste, 1 hlb in vlg st, 1 lb in vlg st, 1 dsl in vlg 3 ste, h/af.
Vir linkerhandskoen:
12de rdte: heg aan in 11de st, 4 ks, 1 dsl in vlg 2 ste, 1 lb in vlg st, 1 hlb in vlg st, 1 kb in vlg 15 ste, 2 hlb in vlg st, 2 lb in vlg st, 2 dsl in vlg st, 2 lb in vlg st, 1 lb in vlg 2 ste, 1 hlb in vlg st, 1 kb in vlg 13 ste, 1 hlb in vlg 2 ste, 1 lb in vlg 6 ste, 2 dsl in vlg 17 ste, 1 lb in vlg st, 1 hlb in vlg st, 1 kb in vlg st, h/af.
Afwerking (gebruik diagram as riglyn) :
Werk die los drade weg en werk die synate as volg toe:
Vir regterhandskoen:
Vanaf die 1ste lb (voorkant) op laaste dsl (onderkant) tot bo by 29ste dsl (voorkant) op 1ste dsl (onderkant).
Vir linkerkant:
Dieselfde vanaf ander kant.
Rand rondom die handskoen (beide handskoene):
1ste rdte: heg aan in enige st, 1 ks en hekel 36 kb reg rondom, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st en in elke kb tot einde, gs in beg-kb.
3de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 5 ks, slaan 3 kb oor, *1 kb in vlg kb, 5 ks, slaan 3 kb oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
4de rdte: gs tot in 5 ks-sp, 1 ks, 5 kb in dies sp en in elke sp tot einde, gs in beg-kb.
5de rdte: gs tot in 3de kb, 3 ks, (2 lb-tr, 3 ks, 3 lb-tr) in dies kb, slaan 4 kb oor, *(3 lb-tr, 3 ks, 3 lb-tr) in vlg kb, slaan 4 kb oor; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks.
6de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 5 ks, slaan 2 trossies oor, *1 kb in vlg sp tussen 2 tr-gpe, 5 ks, slaan 2 trossies oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
7de rdte: gs tot in 5 ks-sp, 1 ks, (2 kb, picot, 2 kb) in dies sp en in elke 5 ks-sp tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.