Hekel dié sirkeltoppie – dis eenvoudig dog treffend!
Foto Andrea Caldwell
Benodigdhede
V innis Colours 100% Cotton DK (50 g-balle): 2 balle elk Pacific Blue (548), Blue Canard (549) en Pale Khaki (570) 3,5 mm-hekelpen Naald met groot oog
Grootte
Borsmaat = 92 cm; Lengte = 37 cm
Afkortings
beg = begin, dies = dieselfde, gs = glipsteek, h/af = heg af, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, rdte = rondte
Patroon
Wenk: Die patroon is vir medium-grootte. Pas die patroon aan vir jou grootte deur die nate aan of af te knip. Knip die patroon op ’n ou stuk materiaal uit. Werk die synate toe en laat plat lê. Hekel nou ’n paar sirkels van verskillende groottes en steek dit onderstebo (dit maak vaswerk later maklik) op die patroon vas. Werk dan aanmekaar vas. Trek denkbeeldige lyne dwars vir die kleurverandering (van donker kleur na ligte kleur). Werk al die sirkels vas totdat die hele patroon vol is.
Sirkels
Hekel eers die sirkels met Pacific Blue, dan met Blue Canard en laaste met Pale Khaki.
1ste sirkel: hekel 20 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 33 kb in ring, gs in 1ste kb. Laat ’n lang genoeg draad vir vaswerk en h/af.
2de sirkel: hekel 15 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 26 kb in ring, gs in 1ste kb. Laat ’n lang genoeg draad vir vaswerk en h/af.
3de sirkel: hekel 10 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 18 kb in ring, gs in 1ste kb. Laat ’n lang genoeg draad vir vaswerk en h/af.
4de sirkel: hekel 7 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 13 kb in ring, gs in 1ste kb. Laat ’n lang genoeg draad vir vaswerk en h/af. Wanneer al die sirkels vasgewerk is, word die skouernate vasgewerk. Plaas die skouersirkels met regte kante opmekaar en werk vas.
Toutjies (hekel twee)
Met Blue Canard, hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm. Hekel 10 kb in die ring, gs in 1ste kb, hekel verder 60 ks. Laat lang genoeg draad en h/af. Werk die toutjies aan die voorpante ± 12 cm van onder af vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.