Op versoek van ons lesers, oulike gehekelde skoentjies vir ’n klein mensie
Christa Swanepoel
GROOTTE
Pas voetjie van sowat 8-9 cm
BENODIGHEDE
• 1 bal elk ELLE PURE GOLD BABY DK in Raindrop en Rainmint
• 4 mm-hekelnaald.
AFKORTINGS
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
st – steek
HEKELINLIGTING
Die skoentjies word van die toon af gehekel.
Skoentjies (dieselfde)
Met Raindrop en 4 mm-hekelnaald, maak 3 ks en gs in 1ste st.
1ste rondte: 2 ks (tel as hlb), 8 hlb in sirkel, gs in 1ste st. 9 hlb.
2de rondte: 2 ks, 1hlb in dieselfde st, 2 hlb in elke hlb in rondte, gs in 1ste st. 18 hlb.
3de rondte: 2 ks, 1ks, hlb in dieselfde st, *slaan vlg hlb oor, (hlb, 1ks, hlb) in dieselfde st, herh van * tot einde, gs in 1ste st.
4de tot 7de rondte: gs tot in 1ste ks-spasie en herh 3de ry met (hlb, 1ks, hlb) in elke ks-spasie.
8ste rondte: gs tot in ks-spasie, 3 ks, hlb in dieselfde spasie, (hlb, 1ks, hlb) in vlg 6 ks-spasies, draai (hierdie en vlg 3 rye vorm sye en agterkant van skoentjie).
9de tot 11de rondte: gs tot in ks-spasie, 3 ks, hlb in dieselfde spasie, (hlb, 1ks, hlb) in vlg 6 ks-spasies.
Hou sykante teen mekaar en werk agterkant van skoentjie met kb toe deur spasies. Heg af.
Dop skoentjie om.
Randjie
Met Rainmint en 4 mm-hekelnaald, heg draad in middel agter.
1ste rondte: 4 ks, 1lb in dieselfde st, werk nog 9 (1lb, 1ks, 1lb)-groepe eweredig rondom rand van skoentjie. 10 lb-groepe.
2de rondte: 2 ks (tel as hlb), werk van bo na onder, maak 3 hlb om stammetjie van 1ste been van lb-grope, 1 ks, draai werk sodat ander been van V dwars voor jou is en maak 4 hlb om 2de been van lb-groep van onder na bo, *slaan vlg lb-groep oor, werk van bo na onder, maak 4 hlb om 1ste been van vlg lb-groep, 1ks, draai werk en maak 4 hlb van onder na bo om 2de been van lb-groep van onder na bo, herh van * tot einde en gs in bokant van 1st hlb.
3de rondte: 4ks, 1 lb in dieselfde st, don, * (1lb, 1ks, 1 lb) in ks-spasie by basis van skulpie, (1lb, 1ks, 1lb) tussen 2 skulpies, herh van * tot einde en gs in 3de st van 3 ks aan begin.
4de rondte: herh 2de rondte met skulpies in alternatiewe lb-groep as tevore.
5de rondte: soos 3de rondte.
6de rondte: herh 2de rondte in alternatiewe lb-groep.
Heg af.
SOURCES
Peter Whitfield
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.