Jy kan hierdie truitjie in kort of langmoue vir ’n baba tot ’n meisie van 7 jaar hekel
Christa Swanepoel
BENODIGHEDE
• 1(2;2;2;3;3)balle SIRDAR SNUGGLY of enige ELLE 4-draad (50 g-balle) in kleur van jou keuse
• Mus: 1(1;1;1;1;1)bal
• 2,5 mm- en 3 mm-hekelnaald
• 1 knoop
• Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan Saprotex nie vir die voltooide produk verantwoordelikheid aanvaar nie.
MATE
Om ouderdom te pas van 0-6 (6-12mde;1-2;2-3;4-5;6-7)
WARE GROOTTE
Bors: 44(46;51;56;61;66)cm
Volle lengte: 20(22;26;31;34;39)cm
Moulengte: 2(2;2;2;2;2)cm
Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
SPANNING
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets.
22 ste en 15 rye = 10 cm oor patroon met 3 mm-hekelnaald
Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
AFKORTINGS
gs -glipsteek
herh – herhaal
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
pat – patroon
R(V)K – regte(verkeerde) kant
R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor
sp – spasie
st(e) – steek(steke)
vlg – volgende
HOOFDEEL (in een deel gewerk tot by mousgate)
Met 3 mm-hekelnaald maak 98(106;122;130;146;154)ks.
Basisry (RK): 1 kb in 3de ks van hekelnaald af, 1 kb elke ks tot einde, draai. 97(105;121;129;145;153)kb.
1ste ry: 3 ks (3 ks tel as 1 lb 1 ks), slaan 1 kb oor, *1 lb in vlg kb, 1 ks, slaan 1 kb oor, herh van * tot laaste kb, 1 lb in laaste kb, draai. 48(52;60;64;72;76)blokkies.
2de ry: 1 ks (1 ks tel as 1 kb), *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, draai.
1ste en 2de ry stel pat vas.
Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) tot werk ongeveer 9(10;13;17;19;23)cm lank is, eindig met 2de ry van pat.
Verdeel vir agter- en voorpant
Vlg ry: 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vl kb, (1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb)9(10;12;12;14;15)keer, draai.
Werk slegs oor hierdie 10(11;13;13;15;16)blokkies, gaan soos volg voort vir linkervoorkant.
LINKERVOORPANT
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 4(5;6;6;7;8)cm lank is, eindig met 2de ry van pat.
Halsvorming
Vlg ry: gs tot 5de kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, herh van * tot einde, draai.
Vlg ry: 1 ks, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, pat tot laaste 3 ks, 1 kb in bokant van 3 ks, draai.
Vlg ry: 3 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, herh van * tot einde, draai.
Herh laaste 2 rye nog 1(1;2;2;3;3)keer. 6(7;8;8;9;10)blokkies.
Vlg ry: pat tot laaste 3 ks, slaan 3 ks oor, draai.
Vlg ry: 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, pat tot einde, draai. 5(6;7;7;8;9)blokkies.
Vlg ry: *1 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, draai.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 10(11;12;13;14;15)cm lank is, eindig met 2de ry. Heg af.
AGTERPANT
Met VKV, slaan 7(7;7;11;11;11)kb oor, heg draad aan vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, (1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb)19(21;25;25;29;31)keer, draai.
Werk slegs oor hierdie 20(22;26;26;30;32)blokkies gaan soos volg voort:
Gaan voort in pat sonder om te vorm tot mousgat 10(11;12;13;14;15)cm lank is, eindig met 2de ry. Heg af.
REGTERVOORPANT
Met VKV slaan 7(7;7;11;11;11)kb oor, heg draad aan vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, (1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb)9(10;12;12;14;15)keer, draai.
Werk oor oorbl 10(11;13;13;15;16)blokkies soos volg:
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 4(5;6;6;7;8)cm lank is, eindig met 2de ry van pat.
Halsvorming
Vlg ry: pat tot laaste 8 kb, 1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, draai.
Vlg ry: 1 ks, 1 kb in vlg lb, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, draai.
Vlg ry: 3 ks, pat tot laaste 3 kb, slaan 2 kb oor, 1 lb in laaste ks, draai.
Herh laaste 2 rye nog 1(1;2;2;3;3)keer. 6(7;8;8;9;10)blokkies.
Vlg ry: 1 ks, 1 kb in vlg lb, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, draai.
Vlg ry: 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, pat tot einde, slaan laaste ks oor, draai. 5(6;7;7;8;9)blokkies.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 10 (11;12;13;14;15)cm lank is, eindig met 2de ry. Heg af.
MOUE (dieselfde)
Met 3 mm-hekelnaald maak 36(36;40;40;48;48)ks.
Basisry (RK): 1 kb in 3de ks van naald af, 1 kb in elke kb tot einde, draai. 35(35;39;39;47;47)kb.
1ste ry: 3 ks (3 ks tel as 1 lb 1 ks), slaan 1 kb oor, *1 lb in vlg kb, 1 ks, slaan 1 kb oor, herh van * tot laaste kb, 1 lb in laaste kb, draai. 17(17;19;19;23;23)blokkies.
2de ry: 1 ks (1 ks tel as 1 kb), *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, draai.
1ste en 2de rye stel pat vas.
Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) soos volg:
Moutopvorming
Vlg ry: gs tot 5(5;5;5;7;7)kb, 3 ks, slaan 1 kb, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, herh van * tot laaste 4(4;4;4;6;6)kb, draai.
Vlg ry: 1 ks, slaan 1 ks-sp oor, 1 kb in vlg lb, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van* tot laaste 1 ks-sp, 1 kb in laaste lb, draai.
Vlg ry: 3 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, herh van * tot laaste 3 kb, 1 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in laaste kb, draai.
Herh laaste 2 rye nog 3(3;4;4;5;5)keer. Heg af.
VOORSTE EN NEKRAND
Werk skouernate toe. Met RKV en 2,5 mm-hekelnaald begin by onderste rand van regtervoorpant, werk 37(41;53;67;73;89)kb eweredig oor regtervoorrand, 16(16;16;20;20;20)kb eweredig langs regterkant van nek, 24(24;28;28;32;32)kb eweredig oor agterkant van nek, 16(16;16;20;20;20)kb eweredig oor linkerkant van nek en 37(41;53;67;73;89)kb kb eweredig oo rlinkerknat van nek en 37(41;53;67;73;89)kb eweredig oor linkervoorrand, gs in kb aan onderkant van linkervoorpant. 130(138;166;202;218;250)kb.
Begin by 1ste st aan onderste rand van linkervoorpant, werk langs onderkant van hoofgedeelte, langs elke voorrand en rondom nek soos volg: 1 ks, slaan 1 kb oor, 4 lb in vlg kb, *slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, slaan 1 kb oor, 4 lb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in 1ste ks. Heg af.
MOURANDE (dieselfde)
Met RKV en 2,5 mm-hekelnaald, heg draad aan 1ste kb aan onderkant van mou, 1 ks, slaan 1 kb oor, 4 lb in vlg kb, *slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, slaan 1 kb oor, 4 lb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in 1ste ks. Heg af.
BLOMMETJIES (trui en/of mus)
Met 3 mm-hekelnaald, maak 6 ks, gs in 1ste ks om sirkel te vorm.
Vlg ry: (1 kb, 3 lb, 1 kb) in sirkel om blaartjie te vorm. Maak nog 4 blaartjies in dieselfde sirkel. Heg af.
OM TE VOLTOOI
Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas voue op skouernaat en werk moue in posisie. Werk mounate toe. Werk knoop aan en gebruik gaatjie in werk as knoopsgat. Werk blommetjies aan. Bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
MUS
Met 3 mm-hekelnaald, maak 6 ks, gs in 1ste ks om sirkel te vor,
1ste rondte: 1ks (1 ks tel as 1 kb), werk 11(11;13;13;15;15)kb in sirkel, gs in 1ste kb. 12(12;14;14;16;16)kb.
2de rondte: 1 ks (1 ks tel as 1 kb), 1 kb in elke kb tot einde, gs in 1ste kb.
3de rondte: 3 ks (3 ks tel as 1 lb 1 ks), 1 lb 1 ks in elke kb tot einde, gs tot 2de van 3de ks. 24(24;28;28;32;32)ste.
4de rondte: 1 ks, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot laaste 1 ks-sp, 1 kb in 1 ks-sp, gs tot 1ste kb.
5de rondte: 3 ks, 1 lb 1 ks in elke kb tot einde, gs tot 2de van 3 ks. 48(48;56;56;64;64)ste.
6de rondte: 1 ks, *1kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot laaste 1 ks-sp, 1 kb in 1 ks-sp, gs tot 1ste kb.
7de rondte: 3 ks, (1 lb, 1 ks) in elk van vlg 3(2;1;3;1;1)kb, *slaan 1 kb oor, (1lb, 1 ks) in elk van vlg 3(5;3;3;3;3)kb, slaan 1 kb oor, (1 lb, 1 ks) in elk van vlg 4(5:3:4;2;3)kb, herh van * tot laaste 8(9;6;7;6;6)kb, slaan 1 kb oor, (1 lb, 1 ks)in elke van vlg 3(5;3;33;3)kb, slaan 1 kb oor, (1 lb, 1 ksin elke van vlg 3(2;1;2;1;1)kb, gs in 2 de van 3 ks. 76(80;84;88;92;96)ste.
8ste rondte: 1 ks, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde.
9de rondte: 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, *1 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, 1 ks, gs in 2de van 2 ks.
8ste en 9de rondtes stel pat vas.
Gaan voort in pat tot mus 16(17;17;18;19;20)cm lank is, eindig met 8ste rondte.
Rand
Vlg rondte: 1 ks, slaan 1 kb oor, 4 lb in vlg kb, *slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, slaan 1 kb oor, 4 lb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in 1 ste ks, heg af.
OM TE VOLTOOI
Werk blommetjies op mus vas. Bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.