Hekel vir jou ’n trui met interessante moue en ’n ronde of vierkantige hals
Afmetings (in Engels)
Benodigdhede
- 4 (6;6;6;8;8) balle (50 g) SIRDAR COUNTRY STYLE (4-draad) of enige breidraad waarmee jy dieselfde spanning kry
- 4.00- en 6.00-hekelnaald
Spanning
13 kb en 22 rye = 10 cm met 6.00-hekelnaald
1 kb, 3-5 ks-spasie en 11 rye = 10 cm oor heuningkoekpatroon
Afkortings
don – draad om naald
dsl – dubbelslagsteek
gs – glipsteek
herh – herhaal
kb – kortbeen
kb2tes – (steek hekelnaald in vlg kb, don en trek deur) twee keer, don en trek deur al die lusse
ks – kettingsteek
pat – patroon
R(V)K(V) – regte (verkeerde) kant (voor)
sp – spasie
tes – tesame
vermin – verminder
Rondehalstrui
Met groter hekelnaald maak 58(64;72;78;84;90)ks.
Basisry (RK): 1 kb in 3de ks van naald af, 1 kb in elke ks tot einde. 57(63;71;77;83;89)kb, draai.
1ste ry: 1 ks, (1 ks tel as 1 kb), 1 kb in elke kb tot einde, draai. Gaan voort in kb (deurgaans) tot agterpant 10(10;12;14;16;18)cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: 1 ks, kb2tes, 1 kb in elke kb tot laaste 3 kb, kb2tes, 1 kb in laaste kb. 55(61;69;75;81;87)kb, draai. Werk 7 rye sonder om te vorm.
Vlg ry: 1 ks, kb2tes, 1 kb in elke kb tot laaste 3 kb, kb2tes, 1 kb in laaste kb. 53(59;67;73;79;85)kb, draai. Werk 11 rye sonder om te vorm.
Vlg ry: 1 ks, 1 kb in kb waarop 1 ks staan, 1 kb in elke kb tot laaste 2 kb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in laaste kb. 55(61;69;75;81;87)kb, draai. Werk 9 rye sonder om te vorm.
Vlg ry: 1 ks, 1 kb in kb waarop 1 ks staan, 1 kb in elke kb tot laaste 2 kb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in laaste kb. 57(63;71;77;83;89)kb, draai. Gaan voort sonder om te vorm tot agterpant 34(35;37;38;39;40)cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
1ste ry: 1 ks, kb2tes, 1 kb in elk e kb tot laaste 3 kb, kb2tes, 1 kb in laaste kb. 55(61;69;75;81;87)kb, draai. Herh 1ste ry nog 4(4;5;5;6;6)keer. 47(53;59;65;69;75)kb. ** Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 19(20;22;24;25;26)cm lank is, eindig met VKry. Heg af.
Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant tot **. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgate 12(14;15;17;19;19)cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: 1 ks, 1 kb in elk van vlg 13(16;19;21;23;26)kb, kb2tes, 1 kb in vlg kb, draai. Werk slegs oor hierdie 16(19;22;24;26;29)kb, gaan soos volg voort: Werk 2(2;2;2;3;3)rye, vermin 1 kb aan nekrand (soos tevore) in elke ry. 14(17;20;21;23;26)kb. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 19(20;22;24;25;26) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Met RKV, slaan eerste 13(13;13;15;15;15) kb oor, heg draad aan vlg kb en gaan soos volg voort:
Vlg ry: 1 kb, kb2tes, 1 kb in elke kb tot einde. 16(19;22;24;26;29)kb, draai. Werk 2(2;2;3;3;3)rye, vermin 1 kb aan nekrand (soos tevore) in elke ry. 14(17;20;21;23;26)kb. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 19(20;22;24;25;26)cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Moue
Met 4.00-hekelnaald maak 32(32;37;37;42;42)ks.
Basisry (VK): 1 kb in 3de ks van naald af, *5 ks, slaan 2 ks oor, 1 kb in elk van vlg 3 ks, herh van * tot laaste 4 ks, 5 ks, slaan 2 ks oor, 1 kb in elk van vlg 2 ks. 6(6;7;7;8;8) 5 ks-lusse, draai.
1ste ry: 1 ks (1 ks tel as 1 kb), * slaan 1 kb oor, 5 kb in vlg 5 ks-spasie, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, herh van * tot einde, draai.
2de ry: 6 ks (6 ks tel as 1 dsl, 2 ks), slaan 1 kb oor, * 1 kb in elk van vlg 3 kb, 5 ks, slaan 3 kb oor, herh van * tot laaste 5 kb, 1 kb in elk van vlg 3 kb, 2 ks, slaan 1 kb oor, 1 dsl in laaste kb, draai.
3de ry: 1 ks, 2 kb in vlg 2 ks-spasie, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, * slaan 1 kb oor, 5 kb in vlg 5 ks-spasie, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, herh van * tot laaste 2 ks-spasie, slaan 1 kb oor, 2 kb in 2 ks-spasie, 1 kb in laaste dsl, draai.
4de ry: 1 ks, 1 kb in vlg kb, * 5 ks, slaan 3 kb oor, 1 kb in elk van vlg 3 kb, herh van * tot laaste 5 kb, 5 ks, slaan 3 kb oor, 1 kb in elk van vlg 2 kb, draai. Herh 1ste tot 4de ry nog een keer. Gaan soos volg voort:
Vorming 1ste ry: soos 1ste ry van pat.
**2de ry: *9 ks, (9 ks tel as 1 dsl, 5 ks), slaan 1 kb oor, pat tot laaste 2 kb, 5 ks, slaan 1 kb oor, 1 dsl in laaste kb, draai.
3de ry: 1 ks, 5 kb in vlg 5 ks-spasie, pat tot laaste 5 ks-spasie, 5 kb in 5 ks-spasie, 1 kb in laaste dsl, draai.
4de ry: 6 ks, slaan 1 kb oor, pat tot laaste 2 kb, 2 ks, slaan 1 kb oor, 1 dsl in laaste kb, draai.
5de ry: 1 ks, 2 kb in vlg 2 ks-spasie, pat tot laaste 2 ks-spasie, 2 kb in 2 ks-spasie, 1 kb in dsl, draai.
6de ry: 1 ks, 1 kb in vlg kb, 5 ks, pat tot laaste 5 kb, slaan 3 kb oor, 1 kb in elk van vlg 2 kb, draai.
7de ry: 1 ks, slaan 1 kb oor, 5 kb in vlg 5 ks-spasie, pat tot einde, draai. Herh 4de tot 7de rye een keer ** herh dan van ** tot ** nog twee keer, en herh dan 2de tot 6de ry nog een keer. 10(10;11;11;12;12) 5 ks-lusse. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 45(45;46;47;47;47)cm lank is, eindig met 1(3;3;3;1;3)de ry van pat.
Moutopvorming vir slegs 1ste en 5de groottes
1ste ry: gs oor 4 kb, 6 ks, slaan 3 kb oor, pat tot laaste 8 kb, 2 ks, slaan 3 kb oor, 1 dsl in vlg kb, draai.
2de ry: gs in 2 ks-spasie, gs oor 3 kb, (1 ks, 5 kb) in vlg 5 ks-spasie, pat tot laaste 5 ksspasie, 5 kb in 5 ks-spasie, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, draai. Herh 1ste en 2de rye nog 2(4)keer. Heg af.
Vir slegs 2de, 3de, 4de en 6de groottes 1ste ry: gs oor 4 kb, 1 ks, 1 kb in elk van vlg 3 kb, pat tot laaste 8 kb, 1 kb in elk van vlg 4 kb, draai.
2de ry: gs oor 3 kb, gs in vlg 5 ks-spasie, 1 ks, 2 kb in dieselfde 5 ks-spasie, pat tot laaste 5 ks-spasie, 3 kb in 5 ks-spasie, draai. Herh 1ste en 2de rye nog (2;3;3;4)keer. Heg af.
Om te voltooi
Werk skouer-, sy- en mounate toe. Werk moue in.
Randjie onder om
Met RKV en 6.00-hekelnaald, begin aan syrand en werk 116(126;146;156;161;181)kb eweredig rondom onderste rand, draai. 1ste ry: 1 ks, 1 kb in vlg kb, * 5 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in elk van vlg 3 kb, herh van * tot laaste 4 kb, 5 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in elk van vlg 2 kb, draai. 2de ry: 1 ks, * slaan 1 kb, 5 kb in vlg 5 ksspasie, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, herh van * tot einde. Heg af.
Mourandjie
Met RKV en 4.00-hekelnaald, begin by mounaat soos volg: 1ste ry: 1 ks (tel as 1 kb), * slaan 1 kb oor, 5 kb in 2 ks-spasie, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in 1ste ks. Heg af.
Nekrandjie
Met RKV en 6.00-hekelnaald, werk 1 ry kb eweredig om nekrand, gs in eerste kb, heg af.
Om te voltooi
Werk mou- en nekrandjies toe. Lê werk plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Vierkantige hals
Agterpant
Werk soos gegee vir agterpant van rondehalstrui.
Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant van rondehalstrui tot **. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgate 7(8;9;11;12;12)cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: 1 ks, 1 kb in elk van vlg 14(16;19;20;22;24)kb, draai. Werk slegs oor hierdie 15(17;20;21;23;25) kb, gaan voort tot mousgat 19(20;22;24;25;26)cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Met RKV, slaan eerste 17(19;19;23;23;25)kb oor, heg draad aan vlg kb, 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde. 15(17;20;21;23;25)kb. Gaan voort tot mousgate 19(20;22;24;25;26) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Moue en randjies
Werk soos gegee vir moue en randjies van rondehalstrui.
Om te voltooi
Voltooi soos rondehalstrui.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.