Hekel hierdie mooi top met ’n maklike blokontwerp
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
M oYa 100% katoendraad DK (50 g-balle): 2 balle elk Bordeaux en Geisha en 1 bal elk Silver, Natural, Dusty Pink, Kiwi en Aquamarine. 3 mm-hekelpen Naald om gare mee weg te werk
Grootte
Wydte = 44 cm Lengte van skouer tot soom = 59 cm
Afkortings en steekverduideliking
beg = begin, dies = dieselfde, dr = draai, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, VK = verkeerde kant, vlg = volgende
Steekverduideliking:
Picot: 3 ks, gs in 1ste ks. Voorpant Die voorpant bestaan uit 9 blokke en elke blok bestaan uit 4 klein blokkies (2 kleurpare).
Kleurpaar 1: Rdte 1: Silver, Rdte 2: Natural, Rdte 3: Kiwi, Rdte 4: Aquamarine, Rdte 5: Geisha, Rdte 6: Bordeaux.
Kleurpaar 2: Rdte 1: Bordeaux, Rdte 2: Geisha, Rdte 3: Kiwi, Rdte 4: Aquamarine, Rdte 5: Natural, Rdte 6: Silver. Hekel die 4 blokkies as volg: Met kleur 1; hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 2 lb, 2 ks, 3 lb in ring. H/af.
2de rdte: met kleur 2; heg aan in beg-3 ks van vorige rdte, 3 ks, 1 lb in vlg 2 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 3 lb. H/af.
3de rdte: met kleur 3; heg aan in beg-3 ks van vorige rdte, 3 ks, 1 lb in vlg 4 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 5 lb. H/af.
4de rdte: met kleur 4; heg aan in beg-3 ks van vorige rdte, 3 ks, 1 lb in vlg 6 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 7 lb. H/af.
5de rdte: met kleur 5; heg aan in beg-3 ks van vorige rdte, 3 ks, 1 lb in vlg 8 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 9 lb. H/af.
6de rdte: met kleur 6; heg aan in beg-3 ks van vorige rdte, 3 ks, 1 lb in vlg 10 lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 11 lb. H/af. Werk al die los drade weg. Plaas die pare teenoor mekaar (sien diagram) en werk die 4 blokkies aanmekaar vas.
7de rdte: met Bordeaux; heg aan in 2 kshoeksp, 3 ks, (1 lb, 2 ks, 2 lb) in dies sp, 1 lb in vlg 13 lb, 1 lb in naat, 1 lb in vlg 13 lb, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 13 lb, 1 lb in naat, 1 lb in vlg 13 lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 31 lb oor elke sy. Maak al 9 blokke klaar en werk hulle in rye van 3 elk aanmekaar vas.
Vlg rdte (halslyn): heg Geisha in die regtekantste 2 ks-sp van boonste regterkantste blok, 3 ks, [1 lb in vlg 31 lb, (1 lb in vlg 2 ks-sp) 2 keer] 2 keer, 1 lb in vlg 31 lb, 1 lb in vlg 2 ks-sp = 99 lb, dr. Gaan voort met skouervorming. Skouervorming Die skouers is ’n lang strook wat aan die agterpant vasgewerk word. Daar is dus geen skouernaat nie.
Vlg rdte: 1 ks, 1 kb in dies st en in vlg 32 lb, dr.
Vlg rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 32 kb, dr. Herhaal patroon totdat daar 27 rye in totaal is. H/af. Met VK voor, slaan 33 lb van halslynrdte oor en h/aan in vlg lb. Volg die patroon vir ander skouer op dieselfde wyse. H/af. Agterpant Die agterpant bestaan slegs uit rye lb waarvan die kleure na willekeur afgewissel kan word om strepe te vorm. Met Bordeaux, hekel 101 ks, 1 lb in die 4de ks vanaf pen, 1 lb in elke ks tot einde, dr = 99 lb. H/af.
Vlg rdtes: met vlg kleur; 3 ks (= 1ste lb), 1 lb in elke lb tot einde, dr. H/af. Herhaal patroon vir nog 49 rye. H/af. Werk al die los drade weg en werk die skouers aan die agterpant vas. Werk ook die synate toe tot in helfte van die boonste ry blokke. Pas die opening aan na gelang van grootte van mou-opening soos verkies. Afwerking
Rand om nek: met Geisha, hekel 1 ry kb reg rondom die nek en heg af.
Rand om soom: met onderkant van top bo, heg Geisha in die regterkantste 2 ks-sp van regterboonste blok, 3 ks, [1 lb in vlg 31 lb, (1 lb in vlg 2 ks-sp) 2 keer] 2 keer, 1 lb in vlg 31 lb, 1 lb in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 99 lb (van agterpant) = 198 lb, dr.
Vlg rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde, dr.
Vlg rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 2 kb, picot, *1 kb in vlg 3 kb, picot; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Rand om moue: met Geisha; heg aan in enige st, 3 ks, hekel 80 lb reg rondom, dr = 81 lb.
Vlg rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde, dr.
Vlg rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 2 kb, picot, *1 kb in vlg 3 kb, picot; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af. Werk al die los drade weg. Wenke om toppie groter te maak Vermeerder die wydte en lengte van voorpant deur halwe blokke/hele blokke by te hekel. Vermeerder die aantal steke van agterpant na gelang van die voorpant en vermeerder ook die aantal rye na gelang van voorpant. Hekel skouerstroke breër en langer soos verkies.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.