Maak ’n seunskind se hart bly met so ’n helder kombersie
Benodigdhede
• 5 balle elk ELLE FAMILY KNIT DK (50 g-balle) in Red en Royal
• Klein hoeveelheid swart breidraad
• 4 mm-hekelnaald
Afkortings
gs – glipsteek; hlb – halwe langbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen
Hekelinligting
Wissel rooi en blou af soos verkies.
In voorbeeld is soos volg afgewissel: 10 rondtes rooi, 8 rondtes blou, 10 rondtes rooi, 6 rondtes blou, 4 rondtes rooi
Kombers
Met 4 mm-hekelnaald maak 5 ks en gs in 1ste st om ring te vorm.
1ste rondte: 3 ks (tel as lb), 11 lb in sirkel, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 12 lb.
2de rondte: 3 ks, 1 lb in dieselfde lb, *2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 24 lb.
3de rondte: gs tot in 1ste lb, 4 ks (tel as 1lb en 1 ks), 1 lb in dieselfde lb, *slaan 1 lb oor, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 12 lb-groepe.
4de rondte: gs tot in 1 ks-spasie, (3 ks, 1 lb, 1 ks, 2 lb) in dieselfde ks-spasie, *(2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg ks-spasie, herh van * tot aan einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
5de rondte: gs tot in 2de lb, 3 ks, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg lb, *slaan 2 lb oor, 1 lb in vlg lb, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in ksspasie, 1 lb in 1ste lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
6de rondte: gs tot in 2de lb, 3 ks, 1 lb in vlg lb, (1 lb, 1 ks , 1 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 2 lb, *slaan 2 lb oor, 1 lb in vlg 2 lb, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 2 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
7de rondte: gs tot in 2de lb, 3 ks, 1 lb in vlg lb, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in ks-spasie, lb in vlg 2 lb, *slaan 2 lb oor, 1 lb in vlg 2 lb, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 2 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
8ste rondte: gs tot in 2de lb, 3 ks, 1 lb in vlg 2 lb, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 3 lb, *slaan 2 lb oor, 1 lb in vlg 3 lb, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 3 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
9de rondte: gs tot in 2 de lb, 3 ks, 1 lb in vlg 3 lb, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 4 lb, *slaan 2 lb oor, 1 lb in vlg 4 lb, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in ks-spasie, 1 lb in vlg 4 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin. Gaan só voort met vermeerdering tot kombers so groot is soos verkies.
LW In 1ste en 2de rondte word (2 lb, 1 ks, 2 lb) in elke ks-spasie gehekel en in 3de rondte (1 lb, 1 ks, 1 lb) in elke ks-spasie.
Spinnerak
Heg swart breidraad aan onderkant van kombersie in 2de rondte. Steek hekelnaald van bo af deur 1ste gaatjie, haak breidraad en trek dit na bo deur, steek hekelnaald deur volgende gaatjie, trek breidraad na bo en deur lus op naald, gaan so voort tot aan einde en heg vas. Herhaal met ander rye soos op foto. Gebruik foto as riglyn.
Spinnekop (opsioneel)
Lyf: Met swart breidraad maak 5 ks en gs in 1st st om sirkel te vorm.
1ste rondte: 2 ks (tel as hlb), 11 hlb in sirkel. 12 hlb.
2de rondte: 2 ks, 1 hlb in dieselfde hlb, 2hlb in elke hlb in rondte. 24 hlb. Heg af.
Kop: Met swart breidraad maak 4 ks, gs in 1ste st om sirkel te vorm.
1ste rondte: 2 ks (tel as hlb), 11 hlb in sirkel. 12 hlb. Heg af. Werk lyf en kop op kombersie vas. Werk 8 pote met dik wolnaald en swart breidraad in.
WENK Dieselfde patroon kan vir ’n tafeldoek gebruik word
• Soos verskyn in 13 September 2013 se uitgawe.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.