Hekel hierdie sak met sy basiese blokpatroon vir ’n kinderkamer
Karen Adendorff
Moeilikheidsgraad: *
Benodigdhede
• Colours of Grace Aran (50 g-balle): 4 balle Lilac, 1 bal elk Mint, Turquoise en Candy (beskikbaar by www.yarninabarn.co.za of www.btrixdsigns.co.za)
• 4 mm-hekelpen
• 3 knope
• houtstokkie (28 cm lank en 10 mm in deursnee)
• naald vir vaswerk
Grootte
Lengte = 71 cm en breedte = 18 cm
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
dr – draai
gs – glipsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
rdte – rondte
sp – spasie
st – steek
tr – trossie
vlg – volgende
Aanwysings
Blokke (hekel 3)
Met Turquoise: Begin met 7 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 15 lb in ring, gs bo in beg-3 ks. H/af.
2de rdte: Met Candy: 3 ks, 1 lb in dies gs, 1 ks, (2 lb-tr in vlg lb, 1 ks) 15 keer, gs bo in beg-3 ks. H/af.
3de rdte: Met Mint: Las met 3 ks in 1 ks-sp, 2 lb-tr in dies 1 ks-sp, 2 ks, 3 lb-tr in vlg 1 ks-sp, 2 ks, [(3 lb-tr, 3 ks, 3 lb-tr in vlg 1 ks-sp) 2 ks, (3 lb-tr in vlg 1 ks-sp, 2 ks) 3 keer] 3 keer, (3 lb-tr, 3 ks, 3 lb-tr in vlg 1 ks-sp, 2 ks, 3 lb-tr in vlg 1 ks-sp, 2 ks, gs bo in 1ste tr. H/af.
4de rdte: Met Turquoise: Las met 3 ks in vlg 2 ks-sp, 2 lb in dies sp, 3 lb in vlg 2 ks-sp, [(3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp, (3 lb in vlg 2 ks-sp) 4 keer] 3 keer, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp, (3 lb in vlg 2 ks-sp) 2 keer, gs bo in beg-3 ks. H/af.
5de rdte: Met Candy: Las met 1 ks in vorige gs, 1 kb in elke lb en (1 kb, 2 ks, 1 kb) in hoek-3 ks, gs in 1ste ks. H/af.
6de rdte: Met Mint: Las met 3 ks in vorige gs, 1 lb in elke kb en (2 lb, 1 ks, 2 lb) in hoek-2 ks. H/af.
Agtergrondstrook
Met Lilac: begin met 28 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks tot einde, dr (= 27 kb).
2de ry: 1 ks, 1 kb in elke kb, dr.
Herh ry 2 nog 111 keer (= 112 rye). Moenie afheg nie, gaan voort met die lusse.
Lusse
1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
Herh bg ry nog 14 keer (= 15 rye). H/af.
Middelste lus:
Slaan 4 kb oor, las draad aan vlg kb met 1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
Herh bg. ry nog 14 keer. H/af.
Laaste lus:
Slaan 4 kb oor, las draad aan vlg kb met 1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
Herh bg. ry nog 14 keer. H/af.
Randjie onder
Met Lilac: Las in 1ste ks met 2 ks, slaan 2 ks oor, [(3 lb, 3 ks-picot, 3 lb) in vlg ks, slaan 4 ks oor] 4 keer, (3 lb, 3 ks-picot, 3 lb) in vlg ks, slaan 2 ks oor, 1 lb in laaste ks. H/af.
Stok
Met Lilac: Begin met 42 ks.
1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks tot einde.
Herh bg ry nog 6 keer (= 7 rye). H/af maar los ’n lang genoeg draad vir toewerk.
Plaas stok in hekelwerk, vou dit om die stok en werk die naat en punte toe.
Afwerking
1. Werk al die los drade weg.
2. Werk die blokke soos volg vas: los 4 rye onder oop en werk ’n blok vas (slegs sykante en onder). Slaan 8 rye bokant die blok oor en werk die 2de blok vas. Slaan weer 8 rye bokant blok 2 oor en werk blok 3 vas.
3. Vou lusse na voor en werk vas. Werk ’n knoop op elkeen vas.
4. Steek stok deur lusse.
5. Hekel ’n hangtoutjie van 70 ks, vou elke punt terug en werk aan die 12de ks vanaf punt vas om ’n lus te vorm. Trek die lussies oor beide punte van die stok.
SOURCES
Elmarie Knapton
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.