Kikker ’n kaal hoekie met ’n handgemaakte lampskerm op
KAREN ADENDORFF
Benodigdhede
E lle Premier Natural Cotton DK
(50 g-balle):
2 balle Indigo (056)
2 balle Leaf (061)
1 bal helderoranje (047)
3,5 mm-hekelpen
Slaaibak met deursnee van 25 cm
Suikeroplossing
Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte
Deursnee: 25 cm
Afkortings
beg – begin; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; hlb – halflangbeen; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; sp – spasie; vlg – volgende
Hekelinligting
Spykersteek: in plaas daarvan om die pen in die gs te steek, steek jy die pen laer af tussen die vlg lb van die vorige lb-ry.
Boonste helfte
Begin met Indigo en 3,5 mm-pen en hekel 7 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
Rdte 1: 2 ks, 20 hlb in ring, gs in 1ste 2 ks.
Rdte 2: 3 ks, 2 lb in elke hlb, gs. 40 lb.
Rdte 3: 4 ks, slaan 1 st oor, 1 lb in vlg lb, 1 ks, *slaan 1 st oor, 1 lb in vlg lb, 1 ks*, herh van * tot * tot einde, gs in 3de van beg-ks.
Rdte 4: 3 ks, 2 lb in ks-sp, *3 lb in elke ks-sp, herh * tot einde, gs bo in 1ste 3 ks. 60 lb.
Rdte 5: met Leaf, 3 ks, *1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs bo in 1ste 3 ks.
Rdte 6: 5 ks, slaan 1 st oor, 1 lb in vlg lb, 2 ks, *slaan 1 st oor, 1 lb in vlg lb, 2 ks*, herh van * tot * tot einde, gs in 4de van beg-ks.
Rdte 7: 3 ks, 3 lb in vlg ks-sp, *4 lb in elke ks-sp, herh van * tot einde, gs in 1ste 3 ks. 120 lb.
Rdte 8: met oranje, 3 ks, *1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs bo in 1ste 3 ks.
Rdte 9: gs in 1ste 2 lb, *1 hlb in vlg lb, 1 lb in elk van vlg 3 lb, 1 hlb in vlg lb, gs in elke van vlg 3 lb*, herh van * tot * tot einde, eindig met gs.
Rdte 10: met Indigo, 3 ks, 1 lb in vlg gs, *1 hlb in vlg hlb, 1 kb in vlg 3 lb, 1 hlb in vlg hlb, 1 lb in vlg gs, 1 spykerst in vlg gs, 1 lb in vlg gs*, herh van * tot einde, eindig met gs in 1e 3 ks.
Rdte 11: 3 ks, *1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 1e 3 ks.
Rdte 12: 4 ks, slaan 1 st oor, 1 lb in vlg lb, 1 ks, *slaan 1 st oor, 1 lb in vlg lb, 1 ks*, herh van * tot * tot einde, gs bo in 3de van beg-ks. Hekelwerk plooi effens in.
Rdte 13: 3 ks, *1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs bo in 1e 3 ks.
Rdte 14: met Leaf, 3 ks, *1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs bo in 1ste 3 ks.
Rdte 15: soos rdte 12.
Rdte 16: 3 ks, 2 lb in vlg ks-sp, *2 lb in vlg ks-sp, 3 lb in vlg ks-sp*, herh van * tot * tot einde en hekel terselfdertyd 3 lb in elke 30 ste ks-sp. 152 lb.
Rdte 17: soos rdte 8.
Rdte 18: soos rdte 9.
Rdte 19: soos rdte 10.
Rdte 20: soos rdte 11.
Rdte 21: soos rdte 12.
Rdte 22: soos rdte 13.
Rdte 23: met Leaf, 3 ks, *1 lb in vlg lb, herhvan * tot einde, gs bo in 1ste 3 ks. H/af.
Onderste helfte
Begin met oranje en hekel 120 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
Rdte 1: 3 ks, 1 lb in elke ks, gs bo in beg- 3 ks. 120 lb. Herh rdte 8-22 soos boonste helfte, maar maak rdte 23 oranje.
Afwerking
Doop die twee helftes in suikeroplossing en laat oor slaaibakke droog en styf word.
Werk die twee helftes met oorskiet- oranje draad en krielsteke aan mekaar vas en hang jou lig op.
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.