Raam jou gunstelingfoto’s met helderkleurige hekelrandjies
KAREN ADENDORFF
Benodigdhede
ELLE PURE NATURAL COTTON DK (5 0 g-balle): Oorskietdraad in verskillende kleure
3,5 mm-hekelpen
Metaalarmbande
Foto’s
Viltmateriaal
Gomgeweer en gomstafie of sterk handwerkgom
Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte van binneraam
7 cm in deursnee
Afkortings
beg – begin; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; tr – trossie; vlg – volgende
Aanwysings
Rooi, turkoois en lemmetjiegroen raampies
Met 3,5 mm-hekelnaald, hekel 72 kb (of veelvoude van 6) om ring, sluit met gs in 1ste kb. Plaas merkertjie in hierdie steek, want daar word nie na elke rondte gedraai nie.
1ste rdte: 1 ks, 1 kb in agterlus van elke kb, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in agterlus van elke kb, gs in 1ste kb.
3de rdte: *4 ks, gs in dies st, 1 kb in vlg, 6 kb in agterlus*, herh van * tot * tot einde, eindig met gs in beg-4- ks-ls.
4de rdte: 3 ks, (2 lb, 1 ks, 3 lb) in 4 ks-ls, 1 ks, * (3 lb, 1 ks, 3 lb) in vlg 4 ks-ls, 1 ks*, herh van * tot * tot einde, eindig met gs in beg-3 ks.
5de rdte: *2 ks, (3 lb, 1 ks, 3 lb) in 1 ks-sp, 2 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp*, herh van * tot * tot einde, eindig met 1 kb in 1 ks-sp. H/af.
Groen en pienk raampies
Met 3,5 mm-hekelnaald, hekel 80 kb (of veelvoude van 10) om ring, sluit met gs in 1ste kb. Plaas merkertjie in hierdie steek, want daar word nie na elke rondte gedraai nie.
1ste rdte: 1 ks, 1 kb in agterlus van elke kb, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in agterlus van elke kb, gs in 1ste kb.
3de rdte: *6 ks, slaan 4 kb oor, 1 kb in vlg st*; herh van * tot * tot einde, eindig met gs in beg-ks.
4de rdte: *4 ks, 1 kb in 6 ks-ls, (3 ks, 2 lb-tr, 3 ks, gs in kb) 3 keer in dies kb, 4 ks, 1 kb in vlg 6 ks-ls, 3 ks, gs in 1ste ks (=picot)*, herh van * tot * tot einde. H/af.
Oranje raampie
Met 3,5 mm-pen, hekel 72 kb (of veelvoude van 8) om ring, sluit met gs in 1ste kb. Plaas merkertjie in hierdie steek, want daar word nie na elke rondte gedraai nie.
1ste rdte: 1 ks, 1 kb in agterlus van elke kb, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in agterlus van elke kb, gs in 1ste kb.
3de rdte: *5 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg 4 kb*, herh van * tot * tot einde, eindig met gs in beg-ks.
4de rdte: 4 ks, [(1 lb, 1 ks) 3 keer, 1 lb] in dies 5 ks-ls, *slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, [(1 lb, 1 ks) 4 keer, 1 lb in vlg 5 ks-ls]*, herh van * tot * tot einde, eindig met slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, gs in 3de van beg-4 ks. H/af.
Afwerking
Knip ’n sirkel met deursnee van 8 cm uit die vilt. Knip die foto met deursnee van 7 cm uit. Plak die foto op die vilt vas. Werk die vilt met klein oorhandstekies aan die agterkant van die raampie vas.
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.