Jy kan hierdie mooi mantel met slegs twee balle wol in ’n dag hekel
Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad *
BENODIGDHEDE
- 2 balle Nini Twilight (kleur C09)
- 6 mm-hekelnaald
- 4 groot knope
AFKORTINGS
ks – kettingsteke
lb – langbeen
AANWYSINGS
Met 6 mm-hekelnaald maak 33 ks.
1ste ry: 4 ks (= 1 lb en 1 ks), lb in 5de ks van naald af, *1 ks, slaan 1 ks oor, 1 lb in vlg ks, herh van * tot einde. 17 lb.
2de ry: 4 ks, 1 lb in vlg lb, *1 ks, 1 lb in vlg lb, herh van * tot einde.
Herh 2de ry tot werk sowat 100 cm lank is (2 balle opgehekel).
OM TE VOLTOOI
Werk die vier knope eweredig oor een smal kant.
- Breidraad te koop by Elite Fabrics East Lynne 012 800 1541
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.