Hekel hierdie maklike en kleurvolle blokkombers om die koue te verdryf
Deur KAREN ADENDORFF
Click here for the English pattern
Moeilikheidsgraad: *
Benodigdhede
- Elle Pure Gold DK 100 g-balle: 10 balle Lily en 1 bal elk Clementine, Amethyst, Taupe, Mist, Glamour, Spritz en Lavender
- 3,5 mm-hekelpen
- Stomppuntnaald met groot oog
Grootte
Grootte van blok = 11 cm x 11 cm
Grootte van kombers = 140 cm x 140cm
Afkortings
beg – begin dies – dieselfde gs – glipsteek h/af – heg af herh – herhaal kb – kortbeen ks – kettingsteek lb – langbeen rdte – rondte sp – spasie st – steek vlg – volgende
Aanwysings
Hekel 144 blokke (= 12 x 12 blokke)
Blok 1 met groot sirkelpat roon (hekel 72)
Met Lily, hekel 4 ks, gs om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 11 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 12 lb.
2de rdte: met kleur 1: 3 ks, 2 lb in dies st, 2 ks, slaan 1 lb oor, (3 lb in vlg lb, 2 ks, slaan 1 lb oor) 5 keer, gs in bokant van 3 ks.
3de rdte: met kleur 2: 3 ks, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, 3 lb in 2 ks-sp, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, 3 lb in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 3 lb, (3 lb in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 2 keer, 3 lb in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg 3 lb, 3 lb in vlg 2 ks- sp, gs bokant van 3 ks = 40 lb.
4de rdte: met kleur 1: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in elke lb tot einde, gs in beg-ks.
5de rdte: met kleur 3: 1 ks, 1 kb in dies st, spykerkb in vlg kb 2 rye ondertoe, *1 kb in vlg kb, spykerkb in vlg kb 2 rye ondertoe, herh van * tot einde, gs in beg-ks.
6de rdte: met Lily, 3 ks, 2 lb in dies st, 1 lb in vlg 8 ste, 3 lb in vlg st, (3 ks, 3 lb in vlg st, 1 lb in vlg 8 ste, 3 lb in vlg st) 3 keer, 3 ks, gs in bokant van 3 ks.
7de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 13 lb, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp, [1 lb in 14 lb, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp) 3 keer, gs in bokant van 3 ks. H/af.
LEES OOK: Brei ’n blokkieskombers
Blok 2 met kleiner sirkelpatroon (hekel 72)
Met Lily, hekel 4 ks, gs om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 9 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 10 lb.
2de rdte: met kleur 1: 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in elk van die vlg lb tot einde, gs in bokant van 3 ks = 20 lb.
3de rdte: met kleur 2: 3 ks, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, eindig met 2 lb in laaste lb, gs bokant van 3 ks = 30 lb.
4de rdte: met Lily: 3 ks, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 40 lb.
5de–6de rdte: soos 6de–7de rdte van blok 1. Rangskik die blokke alternatiewelik. Werk al die los drade weg. Hekel die blokke soos volg aanmekaar: Plaas twee blokke met RK op mekaar en hekel kortbene deur albei steke van die laaste rdte van elke blok oor die sy.
LEES OOK: Marokkaanse hekelblokke / Moroccan crochet squares
Randjie om kombers
1ste rdte: Begin by hoek: * 2 kb in hoek, 1 kb in vlg 20 lb, 1 kb in hoek-sp, (1 kb in hoek-sp van vlg blok, 1 kb in vlg 20 lb, 1 kb in hoek-sp) 10 keer, 1 kb in hoek-sp van vlg blok, 1 kb in vlg 20 lb, herh van * rondom, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in vlg kb, *1 kb in elke kb tot by vlg hoek, 1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb, herh van * rondom, gs in 1ste kb.
3de rdte: 3 ks, gs in 1ste ks (= picot), *slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, 1 picot, herh van * rondom, gs in 1ste picot. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.