’n Gehekelde laslapsak met verskillende steekpatrone het ’n klassieke bekoring
Benodigdhede
Raeesah 100% Aran-katoen (100 gballe): 1 bal elk room (col. 13), liggrys (col. 14) en donkergrys (col. 15). 4.5 mm-hekelpen P lastiek- of bamboeshandvatsels – ongeveer 16 cm breed 30 cm katoenmateriaal Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte 35 cm (breedte) x 32 cm (hoogte)
Afkortings beg – begin; dies – dieselfde; dr – draai; gp – groep; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; hlb – halwe langbeen; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; rdte – rondte; sp – spasie; st – steek; tes – tesame; vlg – volgende
Patroon
Middelstrook (hekel 2) Groep (gp): Slaan draad oor pen en steek pen in volgende steek. Slaan draad oor pen en trek ’n lus. Slaan draad oor pen en trek deur eerste twee lusse op pen. Slaan draad oor pen en steek pen by dieselfde steek in. Slaan draad oor pen en trek ’n lus. Slaan draad oor pen en trek deur al vier lusse op pen.
Patroon: Met donkergrys, hekel 11 ks baie lossies.
1ste ry: 1 hlb in 4de ks vanaf pen, 1 gp in elke ks tot einde, dr (= 7 gpe + hlb + 3 ks).
2de ry: 3 ks, 1 hlb in 1ste gp, 1 gp in elke gp, eindig met 1 gp in 1 hlb, dr. Herhaal ry 2 nog 15 keer.
18de ry: 3 ks, 1 hlb in 1ste gp, 1 gp tes oor vlg 2 ste, 1 gp in elke st tot voor laaste 2 ste, 1 gp tes oor laaste 2 ste. Herhaal ry 2 nog 3 keer, h/af.
Systrook 1
Hekel 4 (strook aan weerskante van middelstrook)
Visgraathalflangbeen: Slaan draad oor pen. Steek pen in volgende steek. Slaan draad oor pen en trek deur eerste ketting en eerste lus op pen. Slaan draad oor en trek deur albei lusse op pen.
Patroon: Met liggrys, hekel 14 ks lossies
1ste ry: 1 visgraathalflangbeen in 3de ks vanaf pen, 1 visgraathalflangbeen in elke ks tot einde, dr (= 12 visgraathlb + 2 ks). 2de ry: 2 ks, slaan 1ste st oor, 1 visgraathalflangbeen in elke visgraathalflangbeen tot einde, eindig met 1 visgraathalflangbeen in dr-ks, dr. Herh ry 2 nog 21 keer (= 10 visgraathlb + 2 ks)
24 ste ry: 2 ks, slaan 1ste st en vlg st oor, 1 visgraathalflangbeen in elke visgraathalflangbeen tot voor laaste 2 ste, slaan laaste st oor, 1 visgraatlangbeen in laaste dr-st. Herh ry 2 nog 4 keer. H/af.
Systrook 2 (hekel 4) (strook langs systrook 1)
Vlb – vooromlangbeen: slaan draad oor pen, steek pen van regs na links agterom stam van steek voor uit en voltooi langbeensteek Met room, hekel 15 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks tot einde, dr = 14 kb.
2de ry: 4 ks, 1 lb in elke kb tot einde, dr.
3de ry: 3 ks, slaan 1ste lb oor, *1 Vlb om vlg lb, herh van * tot einde, eindig met 1 Vlb om 3 ks, dr.
4de ry: 4 ks, 1 lb in elke Vlb tot einde, dr. Herhaal ry 3-4 nog 6 keer.
17de ry: soos ry 3.
18de ry: 4 ks, 2 lb tes, 1 lb in elke lb tot voor laaste 3 ste, 2 lb tes, 1 lb in dr-ks, dr = 12 ste.
19de ry: soos ry 3.
20 ste ry: soos ry 18 = 10 ste.
21ste ry: 4 ks, 1 lb in elke lb tot einde, H/af.
Borand (hekel 2)
Met room, hekel 11 ks. 1ste ry: *slaan 1 st oor, [1 kb, 2 ks, 1 kb] in vlg st*, herh van * tot einde, eindig met 1 kb, dr. 2de ry: 1 ks, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in elke 2 ksls tot einde, dr. Herhaal ry 2 nog 21 keer. 24ste ry: 1 ks, 1 kb in dies st, *1 kb in 2 ksls, 2 ks, herh van * tot einde, 1 kb in laaste st. H/af.
Bodem (hekel 1) Met room, hekel 3 ks.
1ste ry:
1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in vlg st, dr.
2de ry: 1 ks, 2 kb in elk van die 2 ste, dr.
3de ry: 1 ks, 1 kb in dies st, 2 kb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg kb, dr = 6 kb.
4de ry: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, dr.
5de ry: soos 4de ry.
6de ry: 1 ks, 2 kb in 1ste kb, 1 kb in elke kb tot voor laaste kb, 2 kb in laaste kb, dr = 8 kb.
7de ry: soos 4de ry.
8ste ry: soos 6de ry = 10 kb.
9de–11de ry: soos 4de ry.
12de ry: soos 6de ry = 12 kb.
13de–28ste ry: soos 4de ry.
29ste ry: 1 ks, 1 kb in dies st, 2 kb tes, 1 kb in elke kb tot voor laaste 3 ste, 2 kb tes, 1 kb in laaste kb, dr = 10 kb.
30ste–32ste ry: soos 4de ry.
33ste ry: soos 29ste ry = 8 kb.
34ste ry: soos 4de ry.
35ste ry: soos 29ste ry = 6 kb.
36ste–37ste ry: soos 4de ry.
38ste ry: soos 29ste ry = 4 kb.
39 ste ry: 1 ks, (2 kb tes) 2 keer, dr.
40ste ry: 1 ks, 2 kb tes. H/af.
Roos Die roos word in 3 kleure gehekel. Met room, hekel 5 ks, gs in 1e ks om ring te vorm. 1ste rdte: 6 ks, (1 lb in ring, 3 ks) 5 keer, gs in 3de van beg-6 ks. 2de rdte: (1 kb, 1 hlb, 2 lb, 1 hlb, 1 kb) in elke 3 ks-sp, gs in 1ste kb. H/af. 3de rdte:(Die rdte word aan die agterkant van die blom gehekel). Met liggrys, (1 kb aan die agterkant tussen die 2 blare (net onderkant die gs), (4 ks, 1 kb aan die agterkant tussen vlg 2 blare) 5 keer, 4 ks, gs in 1ste kb. 4de rdte: (1 kb, 1 hlb, 3 lb, 1 hlb, 1 kb) in elke 4 ks-sp, gs in 1ste kb. H/af. 5de rdte: (Die rdte word aan die agterkant van die blom gehekel). Met donkergrys: (1 kb aan die agterkant tussen 2 blare, 5 ks) 6 keer, gs in 1ste kb. 6de rdte: (1 kb, 1 hlb, 5 lb, 1 hlb, 1 kb) in elke 5 ks-sp, gs in 1ste kb. H/af.
Afwerking
1. Werk al die los drade weg.
2.Knip vir elke gehekelde pant ’n materiaalpant met 1 cm-naattoelating reg rondom elke pant.
3. Werk die pante as volg vas deur die regte kant opmekaar te plaas:
3.1 Werk die twee liggrys-systroke (1) aan die middelstrook vas. Doen dieselfde met ander pant van sak.
3.2 Werk die twee room systroke (2) aan die liggrys systroke vas. Doen dieselfde met ander pant van sak.
3.3 Werk die bodem se een sy aan die onderkant (breë kant) van die een strookpant vas. Werk die ander sy aan die ander pant se onderkant vas.
3.4 Ryg die bokant van die voorpant effens in en werk die borand aan die pant vas sodat die kartelrand effens (met 1 cm) oorvleuel. Doen dieselfde met die ander pant.
3.5 Werk die synate van die sak en dop om.
4. Doen presies dieselfde met die materiaalpante, maar moet nie die sak omdop nie.
5. Plaas die materiaalsak binne die gehekelde sak. Vou ’n soompie aan die materiaal borand en werk met die hand aan die gehekelde borand vas.
6. Werk die handvatsels in posisie.
7. Ryg donkergrys draad deur die borandpatroon (sien foto) indien verkies en werk die roos in posisie vas.