Hekel dié pragtige kniekombers vir jouself of as ’n geskenk vir iemand
Deur: KAREN ADENDORFF
LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers
Benodigdhede
- Elle Pure Gold-dubbelbreidraad
- (100 g-balle): 3 bolle elk Soft Lilac 200, Salmon 205, Phlox 207 en Cabaret 204.
- 3,75 mm-hekelpen
- Knoop
- Naald met groot oog
Grootte
135 cm x 100 cm
Afkortings
dies – dieselfde; dr – draai; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; sp – spasie; tr – tros; vlg – volgende
LEES OOK: Brei ’n fraai kombers
Aanwysings
Hekel 48 blokke: 8 x 6 blokke.
1ste blok
Met die 1ste kleur en 3,75 mm-hekelpen, begin met 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks (= 1e lb), 23 lb in ring, gs bo in 3 ks met vlg kleur. Heg 1ste kleur af.
2de rdte: 4 ks, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 23 keer, gs in 3e van 4 ks.
3de rdte: 3 ks, (slaan 1 ks-sp oor, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 11 ks, 1 kb in dies sp, 2 ks, slaan 1 ks-sp oor, 1 kb in vlg lb, 2 ks) 7 keer, slaan 1 ks-sp oor, 1 kb in vlg sp, 11 ks, 1 kb in dies sp, 2 ks, slaan 1 ks-sp oor, 1 kb in vlg lb, 2 ks, gs in 1e ks van begin-3 ks met vlg kleur. Heg 2de kleur af.
4de rdte: 1 kb in laaste gs, (7 lb in 11 ks-sp, 2 ks, 7 lb in dies 11 ks-sp, slaan vlg kb en 2 ks-sp oor, 1 kb in vlg kb) 8 keer, eindig met gs in 1e kb. Heg 3de kleur af.
5de rdte: Met 4de kleur, 1 kb in 2 ks-sp (= tussen die 7 lb-groepe), [1 ks, slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 6 lb oor, 3 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 3 lb oor, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 2 ks-sp, 1 ks, slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg lb, 2 ks, slaan 6 lb oor, 3 lb in vlg lb, 1 ks, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 2 ks-sp] 4 keer, vervang die laaste kb met gs in 1e kb.
6de rdte: 1 ks, [1 kb in 1 ks-sp, 1 kb in elk van vlg 3 lb, 1 kb in 1 ks-sp, 1 kb in elk van vlg 3 lb, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 3 kb in 3 ks-sp, (slaan vlg sp en 3 lb oor), (5 lb, 7 ks, 5 lb) in 2 ks-sp, (slaan vlg 3 lb en sp oor), 3 kb in vlg 3 ks-sp] 4 keer, gs in 1e kb. H/af.
2de en daaropvolgende blokke
Hekel 1ste blok tot aan die einde van rdte 6. Hekel 2de blok tot aan einde van rdte 5, en hekel dan die 2de blok met vyf plekke aan die 1ste blok vas as volg: Hekel rdte 6 tot by die hoek voor die 7 ks; 3 ks, 1 ks deur die 7 ks-sp van 1e blok, 3 ks, 5 lb in 2 ks-sp van 2e blok, hekel 1 ks deur 1e blok net na die 5 lb, 3 kb in 3 ks-sp van 2e blok, 1 kb in vlg sp, 1 kb in elk van vlg 3 lb, 1 ks deur sp tussen die 3 pare lb van 1e blok, 1 kb in elk van vlg 3 lb, 1 kb in vlg sp, 3 kb in 3 ks-sp van 2e blok, 1 ks deur sp net voor 5 lb van 1e blok, 5 lb in 2 ks-sp van 2e blok, 3 ks, 1 ks deur 7 ks-sp van 1e blok, 3 ks, 5 lb in dies sp van 2de blok, voltooi 2de blok volgens die patroon.
Hekel die 48 blokke aanmekaar. Werk al die los drade weg.
Randjie rondom
1ste rdte: Met 1ste kleur, hekel 30 kb in elke blok en 7 kb in elke hoek. H/af.
2de rdte: Met 2de kleur, 1 kb in elke kb, 3 kb in elke hoek. H/af.
3de rdte: Met 3de kleur, dies as met rdte 2. H/af.
4de rdte: Met 4de kleur, dies as rdte 2.
5de rdte: *1 kb in 2 kb, 2 ks, slaan 1 kb oor*, her van * tot * rondom. H/af.
Bandjie
1ste rdte: Met 1ste kleur, begin met 5 ks, 2 lb-tr in 1e ks, *4 ks, dr werk kloksgewys, 2 lb-tr bo in vorige tr*, her van * tot * tot ’n lengte van 70 cm. H/af.
2de rdte: Hekel met vlg kleur langs die lengte af; 4 ks, 1 kb in basis van elke tr tot aan die einde, 3 kb op punt, * 4 ks, 1 kb in sp regoor vorige ry se kb *, her van * tot * tot einde. H/af.
3de rdte: Met vlg kleur, * 4 ks, 1 kb in vlg kb *, her van * tot * die lengte af, 4 ks oor die punt, * 1 kb in elke kb, 4 ks *, her van * tot * tot einde. H/af.
4de rdte: Met vlg kleur, dies as rdte 3 maar hekel 5 ks oor die punt (= die knoopsgaatjie). Werk die basis van die bandjie tussen die 3e en 4e van die 8 rye blokke vas. Werk die knoop op die bandjie vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.