Met net een bal van hierdie mooi breidraad kan jy vir jou so ’n fraai tjalie hekel
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
1 BAL ELLE ESCAPADE (100 g-bal)
4 mm-hekelnaald
kantblommetjies vir versiering
(opsioneel)
Afkortings
don – draad om naald
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
Die steke
SOLOMON’S KNOT (SK) Verleng lus soos verlang, *don en trek deur lus op naald, hou enkel agterste draad van lang ketting apart van twee voorste drade, don en trek lus deur, don en trek deur albei lusse.
SOLOMON’S KNOT VIR RAND (RSK) Hierdie vorm basisketting en rande. Verleng lus twee derdes van lengte van HSK (ongeveer 2,5 cm) en werk verder soos SK.
HOOF- SOLOMON’S KNOT (HSK) Hierdie vorm grootste gedeelte van werk. Verleng lus een en ’n halwe keer so lank soos RSK (ongeveer 3 cm) en werk verder soos vir SK.
TJALIE
Basisry: ks 2, 1 kb in 2de ks van hekelnaald af, 4 RSK, 1 HSK.
1ste ry: slaan 3 lusse van naald af oor, 1 kb in kb, 2 HSK, slaan 4 lusse van naald af oor, 1 kb in laaste kb (eerste kb van basisketting), draai.
2de ry: 3 HSK, slaan 4 lusse van naald af oor, 1 kb in kb (eerste 4-lusdiamant), 2 HSK, slaan 4 lusse van naald af oor, 1 kb in kb (tweede 4-lusdiamant), draai.
3de ry: 3 HSK, slaan 4 lusse van naald af oor, 1 kb in kb, *2 HSK, slaan 4 lusse van naald af oor, 1 kb in kb *, 2 HSK, slaan 3 lusse van naald af oor, (steek naald in vg kb, don en trek lus op tot ongeveer 3 cm, don en trek net deur lang lus, maar hou enkele draad van hierdie lang steek apart van twee voorste drade, steek naald onder hierdie enkele agterste draad in, don en trek lus op, don en trek deur drie lusse). Jy het nou 3 4-lusdiamante.
4de en elke opeenvolgende ry: Herh 3de ry en maak een 4-lusdiamant by in elke ry deur * tot * te herhaal. Gaan so voort tot grootte verlang (Een 100 g-bal maak tjalie wat van punt tot bo sowat 1 meter en sowat 2 meter wyd is.)
Laaste ry: 2 HSK, slaan 3 lusse van naald af oor, 1 kb in kb, *1 HSK, slaan 2 lusse oor, 1 kb in vlg kb, herh van * en eindig met 2 HSK, slaan 3 lusse van naald af oor, 1 kb in kb langs kant. Heg af.
WENKE
- Die steek staan ook as Love Knot bekend.
- Daar is talle webwerwe wat jou stap vir stap wys hoe om die steek te hekel as jy met geskrewe aanwysings sukkel – tik bloot “Solomon’s Knot” of “Love Knot” en “crochet” in die soekenjin in.
- Dit vat ’n bietjie oefening om steke ewe groot te kry – oefen eers die steek voor jy met die projek wegspring. As jy dit eers onder die knie het, sal jy die tjalie in ’n japtrap klaar gehekel hê.
- Jy kan die diamantpatroontjies ook kleiner maak indien verkies en ook enige garing of breidraad gebruik.
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.