Gebruik dryfhoutstokkies en maak dit ’n heerlike vakansieprojek!
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
MoYa 100% Cotton DK (50 g-balle): 1 bal Natural
3 mm-hekelpen
Stomppuntnaald met groot oog
4 x 34 cm-stokkies
Tou of dieselfde draad
Grootte
Blok is ongeveer 23 cm x 23 cm
Afkortings en steekverduidelikings
beg = begin, dies = dieselfde, dr = draai, dsl = dubbelslagsteek, driesl = drieslagsteek, gs = glipsteek, h/a = heg af, herh = herhaal, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vlg = volgende.
Drieslagsteek:
- Slaan die draad drie maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vyf lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse. Herhaal.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Trossie:
- Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
- Moenie die steek voltooi nie sodat daar twee lusse op die pen is.
- Hekel die volgende steek op dieselfde wyse sodat daar drie lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur al die lusse op die pen.
Dubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Picot:
3 ks, gs in 1ste ks.
Aanwysings
Met 3 mm-pen en Natural, hekel 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 5 ks, (2 lb, 2 ks) 7 keer, 1 lb in ring, gs in 3de van beg-5 ks.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, *10 ks, 1 lb in 7de ks vanaf pen, 1 lb in vlg 3 ks, 1 kb in vlg lb, 3 ks, 1 kb in vlg lb; herh van * tot einde, eindig met gs in beg-kb ipv lb = 8 blomblaarpunte.
3de rdte: gs in vlg 4 lb en vlg 3 ks, 1 ks, 2 kb in dies sp, 3 ks, 1 dsl in vlg 3 ks-sp, 3 ks, [2 kb in vlg sp (blomblaarpunt), 1 ks, (1 driesl in vlg 3 ks-sp, 6 ks, 1 driesl, 1 ks) in vlg 3 ks-sp, 2 kb in vlg sp (blomblaarpunt), 3 ks, 1 dsl in vlg 3 ks-sp, 3 ks] 3 keer, 2 kb in vlg sp (blomblaarpunt), 1 ks, (1 driesl in vlg 3 ks-sp, 6 ks, 1 driesl, 1 ks) in vlg 3 ks-sp, gs in beg-kb.
4de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg dsl, 3 kb in vlg 3 ks-sp, [1 kb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg driesl, (3 kb, 2 ks, 3 kb) in vlg 6 ks-sp, 1 kb in vlg driesl, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg 2 kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg dsl, 3 kb in vlg 3 ks-sp] 3 keer, 1 kb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg driesl, (3 kb, 2 ks, 3 kb) in vlg 6 ks-sp, 1 kb in vlg driesl, 1 kb in vlg 1 ks-sp, gs in beg-kb.
5de rdte: 4 ks, slaan 1 kb oor, [(1 lb, 1 ks) in vlg kb, slaan 1 kb oor] 7 keer, *(1 lb, 3 ks, 1 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 ks, slaan 1 kb oor, [(1 lb, 1 ks) in vlg kb, slaan 1 kb oor] 10 keer; herh van * nog 2 keer, (1 lb, 3 ks, 1 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 ks, slaan 1 kb oor, [(1 lb, 1 ks) in vlg kb, slaan 1 kb oor] 2 keer, gs in 3de ks van beg-4 ks.
6de rdte: gs tot in 1 ks-sp, 1 ks, 1 kb in dies sp, 5 ks, slaan (1 lb, 1 ks-sp, 1 lb) oor, [1 kb in vlg 1 ks-sp, 5 ks, slaan (1 lb, 1 ks-sp, 1 lb) oor] 3 keer, *(1 kb, 5 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, [5 ks, slaan (1 lb, 1 ks-sp, 1 lb) oor, 1 kb in vlg 1 ks-sp] 5 keer, 5 ks; herh van * nog 2 keer, (1 kb, 5 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 5 ks, slaan (1 lb, 1 ks-sp, 1 lb) oor, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 2 ks, 1 lb in beg-kb.
7de rdte: 1 ks, 1 kb in dies sp, 5 ks, *(1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks) oor elke sy en (1 kb, 5 ks, 1 kb) in elke 5 ks-hoeksp; herh van * tot einde, eindig met 2 ks, 1 lb in beg-kb.
8ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies sp, picot, 5 ks, *[(1 kb, picot) in vlg 5 ks-sp, 5 ks] oor elke sy en (1 kb, picot, 5 ks, 1 kb, picot) in elke 5 ks-hoeksp; herh van * tot einde, eindig met 2 ks, 1 lb in beg-kb.
9de rdte: 1 ks, 1 kb in dies sp, 5 ks, *(1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks) oor elke sy en (1 kb, 5 ks, 1 kb) in elke 5 ks-hoeksp; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
10de rdte: gs tot in 5 ks-sp, 3 ks, (1 lb, 3 ks, 2 lb-tr) in dies sp, *(2 lb-tr, 3 ks, 2 lb-tr) in elke 5 ks-sp en (2 lb-tr, 5 ks, 2 lb-tr) in elke 5 ks-hoeksp; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks.
11de rdte: gs tot in 3 ks-sp, 1 ks, 1 kb in dies sp, 5 ks, *(1 kb in vlg 3 ks-sp, 5 ks) in elke 3 ks-sp en (1 kb, 5 ks, 1 kb) in elke 5 ks-hoeksp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Blaartjies (hekel 7)
Hekel 19 ks, 1 lb in 4de ks vanaf pen, 1 ks, (1 dsl in vlg ks, 1 ks) 7 keer, 1 lb in vlg ks, 1 ks, 1 kb in vlg ks, 1 ks, 1 kb in vkg 5 ks, 3 kb in vlg ks, dr kloksgewys en gaan voort aan ander kant van ks, 1 kb in vlg 5 ks, 1 ks, 1 kb in vlg ks, 1 ks, 1 lb in vlg ks, 1 ks, (1 dsl in vlg ks, 1 ks) 7 keer, 1 lb in vlg ks, 1 ks, gs in 3de van beg-4 ks, picot.
Afwerking
- Werk die los drade weg, span die blok en pars die blare.
- Gebruik die tou en bind die 4 stokkies aan mekaar vas.
- Gebruik stukkies draad en maak die blok op die hoeke en in die middel van elke sy, aan die houtraam vas.
- Maak die blare volgens die foto vas.