Is hierdie draakmussie nie te oulik nie! Hekel dit sommer dadelik
Christa Swanepoel
BENODIGDHEDE
1 x 100 g-bal groen DK-breidraad
1 x 100 g-bal blou DK-breidraad
4 mm-hekelnaald
’n bietjie stoffeersel
AFKORTINGS
beg – begin
dies – dieselfde
dsl – drieslag
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
kb – kortbeen
lb – langbeen
lb2tes – maak 1 st minder deur 1ste lb tot by laaste 2 lse te werk, maak vlg lb tot laaste 2 lse, sdop en trek deur al die lusse
lse – lusse
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
AANWYSINGS
Met 4 mm-hekelnaald en groen maak 3 ks.
1ste rdte: 12 lb in 1ste ks, gs in 3de st van 3 ks.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in dies st, *2 lb in elke vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg. 24 lb.
3de rdte: 3 ks, 1 lb in dies lb, 1 lb in vlg lb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg. 36 lb.
4de rdte: 3 ks, 1 lb in dies lb, 1 lb in elk van vlg 2 lb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in elk van vlg 2 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg.
5de rdte: 3 ks, 1 lb in dies lb, 1 lb in elk van vlg 3 lb, *2 lb in vlg lb, lb in elk van vlg 3 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg.
6de rdte: 3 ks 1 lb in dies lb, 1 lb in elk van vlg 4 lb, *2 lb in vlg lb, lb in elk van vlg 4 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg.
7de rdte: 3 ks, 1 lb in dies lb, lb in vlg 5 lb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in elk van vlg 5 lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg.
8ste tot 17de rdte: 3 ks, lb in elke lb tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan beg. Heg af.
SOURCES
Andre Caldwell
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …