’n Mengsel van steekpatrone, tegnieke en teksture maak ’n pragtige boho-kussing
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
Elle Premier 100% katoen DK (50 gballe): 2 balle elk Denim, Rust, Leaf, Bonsai en 1 bal Hazelnut 3,5 mm-hekelpen 1,2 m bypassende katoenmateriaal 45 cm ritssluiter Binnekussing 1,25 m pom-pon-koord Tolletjiebrei-masjien of 1,1 m dik koord Naald met groot oog
Grootte
48 cm x 54 cm
Afkortings en steek verduidelikings
beg = begin; dies = dieselfde; gdr = draai; gp = groep; gs = glipsteek; h/af = heg af; herh = herhaal; kb = kortbeen; ks = kettingsteek; lb = langbeen; ls = lus; rdte = rondte; RK = regte kant; sp = spasie; st = steek; vlg = volgende
Spyker steek
1 Steek die pen in spasie/steek wat deur die patroon aangedui word. 2 Slaan die draad oor die pen en trek die lang lus na die voorkant toe deur. 3 Voltooi die steek soos gewoonlik. Moenie die hekeldraad te styf trek sodat die hekelwerk ineengetrek word nie.
Patroon
BELANGRIK: Begin elke nuwe kleur aan die regterkant sodat die RK na voor wys tensy die patroon aandui dat daar gedraai moet word. Met Leaf en 3,5 mm-pen, hekel 110 ks.
1ste ry: 1 lb in 4de ks vanaf pen, 1 lb in elke ks tot einde = 108 lb. H/af.
2de ry: met Rust, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in elke lb tot einde. H/af.
3de ry: met Bonsai, 3 ks, 1 lb in vlg kb, *slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, 1 lb in kb wat oorgeslaan is; herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste 2 kb. H/af.
4de ry: met Rust, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg lb, *1 kb in sp net voor vlg lb, 1 ks, slaan 2 lb oor; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 2 lb. H/af.
5de ry: met Hazelnut, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 2 kb, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg kb; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 3 kb, dr. Met Denim, tolletjiebrei ‘n koord die breedte van die hekelwerk – maak dit effens langer op punte sodat dit nie uittrek nie. Indien jy nie wil tolletjiebrei nie, kan jy gewone koord gebruik of ‘n koord hekel. Nou gaan jy as volg oor die koord hekel:
6de ry: 1 ks, *1 kb oor die koord (trek ‘n lus oor die koord op en voltooi soos kortbeen) in dies kb, 2 ks, slaan 1 kb oor, *1 kb oor koord in vlg kb, 2 ks, slaan 1 kb oor; her van * tot einde; eindig met 1 kb oor koord in laaste kb, dr.
7de ry: 1 ks, 1 kb in dies st en in vlg kb, 1 kb in vlg 2 kssp, *1 kb in vlg kb, 1 kb in vlg 2 ks-sp; herh van * tot einde; eindig met 1 kb in laaste kb. H/af.
8ste ry: met Leaf, 3 ks, 1 lb in elke kb tot einde. H/af. Volg diagram 1 vir vlg 6 rye.
15de ry: soos ry 8.
16de ry (RK): met Denim, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in elke lb tot einde, dr.
17de ry: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in elke kb tot einde, dr. H/af.
18–19de ry: met Bonsai, soos ry 17.
20ste–21ste ry: met Hazelnut, soos ry 17.
22ste–23ste ry: met Bonsai, soos ry 18-19.
24ste ry: met Denim, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg kb, *1 spykerst in vlg kb van ry 17 (trek effens in), 1 kb in vlg 11 kb; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 9 kb, dr.
25ste ry: soos ry 17.
26ste ry–31ste ry: soos ry 18–23.
32ste ry: met Denim, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 8 kb, *1 spykerst in vlg kb van ry 17 (trek effens in en die kb agter die spykerst word oorgeslaan), 1 kb in vlg 11 kb; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 3 kb, dr.
33ste ry: soos ry 17. H/af.
34ste ry: met Hazelnut, 3 ks, 1 lb in vlg 5 kb, 1 kb in vlg 6 kb, *1 lb in vlg 6 kb, 1 kb in vlg 6 kb; herh van * tot einde, dr. H/af.
35ste ry (RK): met Rust, werk in agterlusse van steke; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 5 lb, 1 lb in vlg 6 kb, *1 kb in vlg 6 lb, 1 lb in vlg 6 kb; herh van * tot einde, dr.
36ste ry: soos 35ste ry.
37ste ry: met Hazelnut, soos ry 35.
38ste ry: soos ry 35. H/af.
39ste ry: met Rust, soos ry 35.
40ste ry (RK): met Leaf, 3 ks, 1 lb in elke st tot einde. H/af.
41ste ry: met Rust, soos ry 2.
42ste–43ste ry: met Bonsai, soos ry 3.
44ste ry: met Rust, soos ry 2.
45ste ry: met Leaf, soos ry 40.
46ste ry: met Rust, 3 ks, 1 lb in vlg 5 lb, 1 kb in vlg 6 lb, *1 lb in vlg 6 lb, 1 kb in vlg 6 lb; herh van * tot einde, dr. H/af.
47ste–48ste ry: met Hazelnut, soos ry 35.
49ste–50ste ry: met Rust, soos ry 35.
51ste ry (RK): met Denim, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in elke st tot einde, dr.
52ste–58ste ry: soos rye 17-23.
58ste ry: soos ry 32.
59ste–65ste ry: soos rye 17-23.
66ste ry: soos ry 24.
67ste ry: soos ry 25.
68ste ry: met Leaf, soos ry 40.
69ste ry-74ste ry: volg Diagram 2.
70ste ry: met Leaf, soos ry 40.
71ste ry: met Hazelnut, soos ry 2, maar h/af. Tolletjiebrei koord in Denim soos vorige keer of gebruik bestaande koord.
72ste ry: met Hazelnut, heg aan met RK voor, soos ry 6.
73ste ry: met Rust, heg aan in 1ste 2 ks-sp, 1 ks, 2 kb in dies sp en 2 kb in elke sp tot einde. H/af.
74ste ry: met Bonsai, soos ry 3.
75ste ry: met Rust, soos ry 16.
76ste ry: met Leaf, soos ry 40.
Afwerking
- Werk al die los drade weg.
- Plaas die gehekelde blok op die katoenmateriaal en knip dieselfde grootte blok uit.
- Stik die gehekelde blok op die katoenblok vas.
- Knip twee agterpante (twee halwes van voorpant) uit, maar bereken 1 cmnaattoelating by vir sye waar ritssluiter in vasgestik word.
- Stik die ritssluiter in en trek ritssluiter effens oop.
- Plaas die voorpant en agterpant met regte kante opmekaar en stik reg rondom vas.
- Dop deur die ritssluiteropening om.
- Werk die pom-pon-koord met die hand al op die naat vas.
- Plaas binnekussing in.
Diagram
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.