Die sangeres Helenè Bester speel vir ons model en lyk treffend in hierdie pragtige baret!
Wat het jy nodig?
• 1 bal ELLE ESCAPADE (100 g-bal) in kleur van jou keuse
• 4 mm-hekelnaald
GROOTTE
Pas gemiddelde grootte kop
AFKORTINGS
gs – glipsteek
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
HEKELINLIGTING
• vermin soos volg – steek naald in vlg lb, sit draad om naald en trek lus deur, steek naald in vgl lb, sit draad om naald en trek lus deur, sit draad om naald, trek deur 2 lusse, sit draad om naald en trek deur 2 lusse
• 3 ks aan begin van rondte tel as 1 lb
• 2 ks aan begin van rondte tel as hlb
AANWYSINGS
Met 4 mm-hekelnaald, begin in middel bo, maak 6 ks en gs in 1ste st om sirkel te vorm.
1ste rondte: 3 ks (tel as lb), maak 11 lb in sirkel, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 12 lb.
2de rondte: 3 ks, 1 lb in dieselfde st, 2 lb in elke lb in rondte, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 24 lb.
3de rondte: 3 ks, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 36 lb.
4de rondte: 3 ks, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 48 lb.
5de rondte: 3 ks, 1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb, *1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin. 60 lb.
Gaan so voort tot 8 lb tussen elke dubbele lb. 120 lb.
Werk vlg 3 rondtes soos volg: 1 lb in elke lb.
Begin vermindering
Vlg rondte: gs tot in 1ste lb, 8 lb, *vermin 1 lb (sien hekelinligting), 8 lb, herh van * tot laaste 2 lb, vermin 1 lb, gs in 3de st van 3 ks. 96 lb.
Vlg rondte: gs tot in vlg lb, 7 lb, *vermin 1 lb (die 2 lb weerks van vorige vermindering), 7 lb, herh van * tot laaste 2 lb, vermin 1 lb. 84 lb.
Gaan so voort tot daar 4 lb tussen elke vermindering is.
Vlg rondte: 2 ks (tel as hlb), hlb in elke lb tot einde, gs in 2de st van hlb aan begin.
Herh laaste ry vier of vyf keer soos verkies en heg af.
SOURCES
Foto Ivan Naudé Hare en Grimering Kim Winterscale
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.