Hekel ’n sagte baret in pastelkleure
Karen Adendorff
Moeilikheidsgraad: ***
BENODIGDHEDE
• Elle Pure Gold-dubbelbreidraad(100 g-balle): 1 bal elk room, pers, blou en ’n bietjie groen
• 3,75 mm-hekelpen
• Naald met groot oog
MATE
Vir kopgrootte met omtrek van ±55 cm.
AFKORTINGS
dies – dieselfde
gs – glipsteek
H/af – heg af
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
ls – lus
rdte(s) – rondte(s)
sdop – slaan draad om pen
sp – spasie
st(e) – steek (steke)
tes – tesaam
vlg – volgende
2 lb-tes – maak 1 lb halfpad (2 ste op pen), maak 1 halwe lb in vlg st, (3 ste op pen), sdop, trek deur al 3 lusse.
AANWYSINGS
Sirkels
Begin by die sirkels. Hekel eers een sirkel. Die vlg sirkel word aan die vorige een vasgehekel. Hekel 12 sirkels, 3 in elke kleur.
1ste sirkel: Met pers, hekel 6 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks (= 1e lb), 17 lb in ring, gs bo in 3 ks.
2de rdte: 1 kb in dies plek as gs, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 18 keer, gs in 1e kb (= 18 3 ks-lusse). H/af.
2de sirkel: Met groen, hekel 1ste rdte dies as by 1ste sirkel.
2de rdte: 1 kb in dies plek as gs, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 3 keer, (1 ks, 1 ks deur ’n 3 ks-ls van pers sirkel, 1 ks, 1 kb in vlg lb van groen sirkel) 4 keer, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 11 keer, gs in 1e kb. H/af.
3de sirkel: Met room, hekel 1ste rdte dies as by 1ste sirkel.
2de rdte: 1 kb in dies plek as gs, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 3 keer, laat 5 lusse oop van groen sirkel, hekel aan die vlg 4 lusse van groen sirkel vas en voltooi soos met groen sirkel. H/af.
4de sirkel: Met blou, hekel dies as 3de sirkel. Word aan roomkleurige sirkel vasgehekel.
Hekel 11 sirkels met kleure afwisselend, soos 1ste vier sirkels. Die laaste blou sirkel word aan die vorige roomkleurige sirkel asook aan die 1e pers sirkel vasgehekel.
Laaste blou sirkel: Hekel 1ste rdte dies as by 1ste sirkel.
2de rdte: 1 kb in dies plek as gs, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 3 keer, hekel aan 4 lusse van roomkleurige sirkel, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 5 keer, laat 5 lusse van pers sirkel oop, hekel aan vlg 4 lusse van pers sirkel vas, (3 ks, 1 kb in vlg lb) 2 keer, gs in 1e kb.
12 sirkels is nou vas aan mekaar gehekel.
Bokant van baret
Met pers: Begin by enige sirkel.
1ste rdte: Slaan 1ste 3 ks-sp oor, 3 ks en 1 lb in vlg sp, 4 lb in vlg sp, 2 lb in elk van vlg 2 sp, (2 lb in 1e sp van vlg sirkel, 2 lb in vlg sp, 4 lb in vlg sp, 2 lb in elk van vlg 2 sp) 11 keer, 2 lb in 1e sp van 1e sirkel, gs in 3e van 3 ks, (= 132 lb). H/af.
2de rdte: Met blou: 3 ks, 1 lb in vlg 6 lb, hekel 2 lb tes oor vlg lb (slaan 4 lb oor) en vlg lb, [1 lb in vlg 6 lb, 2 lb tes oor vlg lb (slaan 4 lb oor) en vlg lb] 10 keer, 1 lb in vlg 7 lb, gs bo in 3 ks, (= 84 lb). H/af.
3de rdte: Met room: 2 ks, 1 lb in vlg 6 lb, (2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 lb in vlg 5 lb) 11 keer, gs bo in 2 ks, (= 72 lb).
4de rdte: 2 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg 5 lb, (2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 lb in vlg 4 lb) 11 keer, gs bo in 2 ks, (= 60 lb).
5de rdte: 2 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg 4 lb, ( 2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 lb in vlg 3 lb) 11 keer, gs bo in 2 ks, (= 48 lb).
6de rdte: 2 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg 3 lb, (2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 lb in vlg 2 lb) 11 keer, gs bo in 2 ks, (= 36 lb).
7de rdte: 2 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg 2 lb, (2 lb tes oor vlg 2 lb, 1 lb in vlg lb) 11 keer, gs bo in 2 ks, (= 24 lb).
8ste rdte: 3 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in elke vlg lb, gs bo in 3 ks, (= 24 lb).
9de rdte: 3 ks, (slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg lb) 11 keer, gs bo in 3 ks, (= 11 lb).
10de rdte: 1 ks, (slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb) 5 keer, gs in 1e ks. H/af.
Onderkant van baret
Met pers, begin by die dies sirkel as aan die bokant.
1ste rdte: 3 ks in 1e 3 ks-sp, 2 lb in vlg sp, 4 lb in vlg sp, 2 lb in elk van vlg 2 sp, (2 lb in vlg 2 sp van vlg sirkel, 4 lb in vlg sp, 2 lb in vlg 2 sp) 11 keer, 1 lb in dies sp as 3 ks, gs bo in 3 ks. H/af.
2de rdte: Met blou: 3 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg 6 lb, 2 lb tes oor vlg lb (slaan 4 lb oor) en vlg lb, [1 lb in vlg 6 lb, 2 lb tes oor vlg lb (slaan 4 lb oor) en vlg lb] 10 keer, 1 lb in vlg 7 lb, gs bo in 3 ks. H/af.
3de rdte: Met room: 3 ks, 1 lb in elke lb, gs bo in 3 ks.
4de rdte: 1 ks, 1 kb in elke lb, gs in 1e kb.
5de en 6de rdtes: 1 ks, 1 kb in elke kb, gs in 1e kb.
7de rdte: 1 ks, * 1 kb in vlg 3 kb, 3 ks, gs in 1e ks (= picot) *, herh van * tot * rondom, gs in 1e kb. H/af.
Werk al die los drade weg.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.