Hoekom ’n badkamermat koop as jy vir jou so ’n mooi een kan hekel?
Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad *
BENODIGHEDE
• 1 tol 100% COTTON FUNKY CHUNKY 500 g
• 8 mm-hekelnaald
AFKORTINGS
ks – kettingsteek
lb – langbeen
GROOTTE
Ongeveer 45 cm x 75 cm
AANWYSINGS
Met 8 mm-hekelnaald maak 59 ks.
1ste ry (RK): 3 ks (tel as lb), lb in 4de ks van naald af, 1 lb in elke lb tot einde. (59 lb)
2de ry (VK): 3 ks (tel as lb), 1 lb in elke lb, maar in voorste lus van lb.
3de ry (RK): 3 lb (tel as lb), 1 lb in elke lb, maar in agterste lus van lb.
Die rede dat jy aan RK-ry in agterste lus hekel en aan VK in voorste lus, is om later in elke ry aan RK ‘n lus te hê om in te hekel.
Gaan so voort vir 20 rye. Heg af.
Met 8 mm-hekelnaald begin regs onder aan bokant van eerste ry, heg draad aan 1ste lb.
1ste ry: *5 ks, slaan 1 lb oor, gs in lus van vlglb, herh van * tot einde, gs in laaste lb. Heg af.
Herh vir elke vlg ry tot voorlaaste ry.
WENKE
· Gebruik enige dik breidraad of tou van jou keuse – pas net hekelnaald daarby aan.
· Besluit self hoe groot jy jou matjie wil hê. Met breidraad wat gebruik is, is elke 9 ste ongeveer 10 cm.
* Ek het FUNKY CHUNKY by Elite Fabrics in East Lynne, Pretoria, gekoop (012 800 1541). Let wel, dié inligting is in ons 1 November 2013-uitgawe gepubliseer
SOURCES
Foto ELMARIE KNAPTON Stilering Karen Adendorff Venue The Wardrobe gastehuis, Brooklyn, Pretoria
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.