Met hierdie pragtige nuwe breidraad, wat jy self kan kleur, kan jy vir jouself pragtige artikels optower
Michelle Pyper
Benodigdhede
• 2 balle AFRICAN EXPRESSIONS INSPIRE (100 g)
• 8 mm-hekelnaald
• naalde
• 2 knope
AFKORTINGS
Bptr – back post treble (draad twee keer om naald en haak naald van agter om been van vlg steek in vorige ry, draad om naald en trek lus op (4 lusse op naald), (draad oor naald en trek deur 2 lusse) 3 keer
Fptr – front post treble (draad twee keer om naald en haak naald van voor om been van vlg steek in vorige ry, draad om naald en trek lus op (4 lusse op naald), (draad oor naald en trek deur 2 lusse) 3 keer
dsl – dubbelslag
gs – glipsteek
ks – kettingsteek
lb – langbeen
pat – patroon
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
kb – kortbeen
kb-sp – kortbeen spasie
Steke gebruik
Rifsteek
3 ks (= bptr), *(fptr,bptr), herh van * tot einde.
AANWYSINGS
Musgedeelte
Maak 66 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de st van naald af, 1 ks, *slaan 1 ks oor, 1 kb in vlg ks, herh van * tot einde, 3 ks (tel as kb plus 1 ks), draai.
2de ry: *1 kb in vlg kb-sp, 1 ks, herh van * tot einde, 3 ks, draai.
Herh 2de ry tot werk 22 cm lank is.
Vlg ry: werk rifsteek tot einde. Heg af.
Serpgedeelte
Maak 21 ks.
1ste ry: 1 lb in 4de st van naald af, * slaan 1 ks oor, 1 lb in vlg ks, herh van * tot einde, 4 ks (tel as lb en ks).
2de ry: 1 lb in lb, *1 lb., 1 lbin vlg lb, herh van * tot einde, 4 ks, draai.
Herh 2de ry vir 50 rye. Heg af.
Om te voltooi
1 Vou musgedeelte in helfte en werk A en B aan mekaar soos op skets.
2 Vou serpgedeelte in helfte om middelpunt te kry en werk C en D van serp aan C en D van mus
3 Heg draad onderskedelik aan hoeke E en F soos aangedui op skets, maak 11 ks, maak 1 kb in 3de ks van naald af tot einde, gs in hoek. Heg af. Maak vas soos op foto.
Hoe om jou wol te kleur
Wat het jy nodig?
•2 balle AFRICAN EXPRESSIONS INSPIRE
• voedselkleure in Dusty Rose (A), Navy Blue (B) en Forest Green (C)
• kleefplastiek
• kookwater
• 3 groot sponse
• asyn
• teelepel
• 3 bakke vir kleursel
• mikrogolfbestande bord
• Koffiehuis-koffie
• chirurgiese handskoene om mee te werk
TYDSDUUR
30 minute in koue water
AANWYSINGS
1 Trek kleefplastiek oor werksoppervlak om te keer dat dit vlek.
2 Maak een rol oop en week dit vir 30 minute in koue water. Druk dit in die water sodat dit heeltemal bedek is.
3 Verwyder oormatige water uit rol – dit moet klam wees en nie sopnat nie.
4 Kleur dit in dele soos volg:
Kleur A
• Gooi 500 ml kookwater in ‘n groot bak.
• Voeg 7 t asyn en 1½ t koffie by.
• Maak rol oop en vou in helfte soos op skets:
• Doop punte (X) in die bak met kleursel en laat 20 minute daarin week.
• Spoel in koue water uit om oormatige kleursel te verwyder.
• Los oorblywende kleursel in bak vir kleur D.
Kleur B
• Gooi 500 ml kookwater in ‘n bak.
• Voeg 7 t asyn, 2 druppels Navy-kleursel en ½ t koffie by.
• Lê rol plat neer, doop spons in kleurmengsel en kleur middelste deel van rol soos aangedui. Druk spons deeglik in gedeelte om te verseker al die lae kleur.
Kleur C
• Gooi 500 ml kookwater in ‘n bak.
• Voeg 7 t asyn, 2 druppels Forest Green-kleursel en 1 t koffie by.
• Kleur gemerkte dele C met spons soos beskryf vir B en skakeer kleure inmekaar sodat daar nie ‘n reguit lyn vorm nie.
Kleur D (oorgebly van A)
• Kleur middelste deel soos beskryf met spons en skakeer in A en C in.
5 Draai die rol om en herhaal kleurproses vir kleure B tot D.
LET WEL Moenie rol spoel ná sponskleurproses nie.
6 Maak ’n skoon vel kleefplastiek op rak oop en plaas rol wol in die middel soos op skets. Vou wol in helfte (A12), vou kleefplastiek oor wol (A1), dan A2 en vou laastens A3 en A4.
7 Plaas toegevoude wol in mikrogolf op hoog vir 5 minute met drie rustye van een minuut tussenin.
8 Haal uit mikrogolf en laat afkoel.
9 Verwyder kleefplastiek en spoel onder koue water af om ekstra kleursel te verwyder.
10 Was wol in water met wasgoedversagmiddel om wol te versag en enige ekstra kleurstof te verwyder.
11 Laat om droog te word voor gebruik.
12 Herhaal vir ander rol.
SOURCES
After Effect Photography1
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.