Hetsy jy ’n bietjie beskerming teen ’n koeligheid in die lug wil hê of bloot jou uitrusting wil opkikker, so ’n lang moulose jakkie is die ideale kledingstuk
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
10 -13 balle ELLE NATURAL COTTON
4-draad in kleur van jou keuse
3,5 mm-hekelnaald
GROOTTE
Pas 10/12-grootte
LET WEL: Die patroon werk nogal duur uit met garing wat ongeveer R22 per bal kos
Afkortings
dsl – dubbelslagsteek – slaan draad twee maal om pen en steek in aangetoonde steek, tel draad op en trek deur. Daar is nou vier lusse op pen. Slaan draad om en trek deur twee lusse, slaan draad weer om en trek deur volgende twee lusse, tel draad vir laaste keer op en trek deur twee lusse. Daar is nou weer een steek op pen oor. gs – glipsteek kb – kortbeen ks – kettingsteek lb – langbeen (3 ks vorm eerste langbeen van nuwe ry)
Vierkante (hekel 8)
Maak 5 ks en gs in 1ste ks om ringetjie te vorm. 1ste rondte: 16 lb in ring. 2de rondte: 1 kb in 1ste lb, *3 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb,* herh van * tot *, eindig met 3 ks en gs in 1ste kb = 8 ks-lusse. 3de rondte: *1 lb in elke kb, 3 lb in elke ks-lus*, herh van * tot *, eindig met gs in 1ste lb = 32 lb. 4de rondte: 1 kb in 1ste lb, *3 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb*, herh van * tot * en eindig met 3 ks en gs in 1ste kb = 16 kslusse. 5de rondte: *1 lb in elke kb en 2 lb in elke ks-lus*, herh van * tot * rondom, eindig met gl in 1ste lb = 48 lb. 6de rondte: *1 kb in 1ste lb, 5 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb* herh van * tot * en eindig met 5 ks en gs in 1ste kb = 16 kslusse. 7de rondte: gs tot in middel van 1ste ks-lus *(7 ks, 1 kb in vlg ks-lus), herh deel tussen hakies totaal van 3 keer, 10 ks (= hoek), 1 kb in vlg ks-lus*, herh van * tot * rondom. Knip draad af en werk weg.
Las vierkante
Lê twee vir twee vierkante regte kante opmekaar en hekel aanmekaar soos volg: 1 kb in hoeklus van albei vierkante, *5 ks, 1 kb in vlg ks-lus van albei vierkante,* herh van * tot * tot al die vierkant aanmekaar is in lang string.
Onderste deel
(in een deel gehekel tot onder arms) Met vierkantstrook se regte kant na voor, begin regs bo eerste vierkant soos volg: 1ste ry: Hekel 168 kb eweredig oor 8 vierkante (21 kb per vierkant), 3 ks, draai.
2de ry: 1 lb in elke kb tot einde, 3 ks, draai.
3de ry: 1 lb in elke lb tot einde. Gaan soos volg voort met patroonpaneel:
1ste ry: *8 ks, 1 kb in 5de lb* herh van * tot * tot einde (altesaam 33 keer).
2de ry: 7 ks, kb in middel van 7 ks-lus, *3 ks, 1 dsl in kb tussen vorige 7 ks-lusse, 3 ks, 1 kb in middel van 8 ks-lus, herh van * oor ry en eindig met 1 dsl in basis van 7 kslus van vorige ry.
3de ry: *4 ks, 1 dsl in vorige ry se kb, 3 ks, kb in bokant van dsl, herh van * en eindig met 3 ks, 1 kb in 4de ks van vorige ry. Herhaal 2de en 3de ry tot patroonpaneel ongeveer 15 cm lank is, eindig met 2de ry. Gaan met lb-strook soos volg voort:
Vlg ry: 3 ks, *2 lb in ks-spasie, 1 lb in kb, 2 lb in ks-spasie, 1 lb in dsl, herh van * tot einde, eindig met lb in 4de st van 7 ks van vorige ry.
Vlg ry: 5 ks, 1 lb in 3de lb, 2 ks, 1 lb in 3de lb tot einde (lb is in lyn met vorige patroonste se dsl-steke).
Vlg ry: 3 ks, *2 lb in ks-spasie, 1 lb in lb, 2 lb in ks-spasie, herh van * tot einde, eindig met lb in 3de steek van 5 ks van vorige ry. Herhaal patroonpaneel en lb-strook, dan patroonpaneel nog een keer.
LET WEL: As jy korter jakkie verkies, kan jy tweede herhaling van patroonpaneel en lb-strook uitlaat, dus net 1 patroonpaneel, 1 lb-strook en 1 patroonpaneel. Gaan voort met lb-strook onder bors soos volg:
1ste ry: 3 ks, *2 lb in ks-spasie, 1 lb in kb, 2 lb in ks-spasie, 1 lb in dsl, herh van * tot einde, eindig met lb in 4de st van 7 ks van vorige ry. .
2de ry: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde.
3de ry: 5 ks, *1 lb in 3de lb, 2 ks, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste lb.
4de ry: 3 ks, *2 lb in ks-spasie, 1 lb in lb, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste lb.
5de ry: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde. Breek draad af en werk weg.
Regtervoorpant
Met RKV heg draad aan eerste lb en gaan soos volg voort:
1ste ry: 8 ks, *1 kb in 3de lb, 3 ks, slaan 2 lb oor, 1 dsl in 3de lb, 3 ks, slaan 2 lb oor, herh van * en eindig met 1 dsl in 49ste lb van begin af.
2de ry: *3 ks, 1 dsl in kb, 3 ks, 1 kb in dsl, herh van * en eindig met kb in 4de ks van 8 ks van vorige ry.
3de ry: 7 ks, *kb in dsl, 3 ks, 1 dsl in kb, 3 ks, herh van * tot einde, eindig met 1 dsl in bokant van dsl van eerste ry.
4de ry (verminry): *3 ks, 1 dsl in kb, 3 ks, 1 kb in dsl, herh van * maar eindig voor einde van ry met 1 dsl (moenie laaste 3 ks en kb hekel nie). Draai. Herh patroonpaneelrye, met vermindering in elke 4de ry tot regtervoorpant sowat 30 cm lank is (die laaste rye sal 6 dsl-ste bevat). Heg af.
Linkervoorpant
Voltooi soos regtervoorpant maar vermindering omgekeer.
Ruggedeelte
Laat aan binnekant van voorpante 8 lb oop vir mousgate en hekel patroonpaneel vir ruggedeelte oor middelste lb vir ongeveer 25 cm. Voltooi twee skouergedeeltes (laaste 5 cm van agterpant = ongeveer 4 rye) soos volg: Hierdie rye moet dieselfde breedte as voorpant se skouergedeelte wees (6 dsl in ry). Gaan voort met patroon tot werk 30 cm lank is. Heg af.
Koord
Hekel ry ks ongeveer 2 m lank. 1 kb in 3de ks van naald af, 1 kb in elke ks tot einde, 2 kb in dieselfde ks en werk teen onderkant van ks af, werk 1 kb in elke ks tot einde. Heg af.
Om te voltooi
Werk skouernate toe. Rond jakkie en mousgate soos volg af: Heg draad enige plek om buiterand van werk en hekel 5 ks en 1 kb elke 2,5-3 cm reg rondom werk, gs in 1ste kb.
Vlg rondte: gs tot in ks-spasie, 3 ks, *2 lb in 5 ks-spasie, 1 lb in kb, herh van * rondom en eindig met gs in 3 ks.
Vlg rondte: 3 ks, 1 lb in elke lb rondom, eindig met gs in 3 ks.
Vlg rondte: 2 ks, *slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 ks, herh van * rondom, gs in 2 ks. Heg af. Ryg bandjie deur lb-openinge in lbstrook onder bors. Sien verpakkingsmateriaal
SOURCES
Peter Whitfield
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.