Gebruik jou hekelvernuf en hekel miniatuur-uiltjies
Deur KAREN ADENDORFF
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
Oorskiet-hekelgare no 5 in kleure van jou keuse 1 mm- of 1,5 mm-hekelpen (soos verkies) Klein bietjie stopsel Swart, wit en oranje borduurgare Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte
Ongeveer 2,5 cm
Wenke
- Miniatuurhekel behels bloot om ’n bestaande hekelpatroon in ’n baie dun gare met ’n dun naald te hekel. Jy moet redelike hekelvernuf hê om die steke op hierdie klein skaal te kan tel en hekel.
- Werk by goeie lig en gebruik ’n handvrye vergrootglas indien nodig. n Indien jy met die pendikte sukkel, slaan gerus na ’n ander dikte oor. Dit sal net die grootte van jou uiltjie beïnvloed.
- Indien jy nie vertroud is met fyn draad nie, kan jy 4-draad en ’n ander pendikte gebruik, maar die uiltjie sal dan groter wees. n Begin jou eerste rondte met ’n dikker pen en slaan dan in vlg rdte na die aanbevole pendikte oor.
Afkortings en steekverduidelikings
beg = begin, dies = dieselfde, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, RK = regte kant, sp = spasie, st = steek, tes = tesame, vlg = volgende Picot: 3 ks, gs in 1ste ks.
Aanwysings
Lyfie
Met bruin of kleure gekies vir lyfie, hekel 2 ks, 6 kb in 1ste ks, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in elke kb, gs in begkb = 12 kb.
3de–5de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb.
6de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 2 kb in vlg kb, *1 kb in vlg kb, 2 kb in vg kb; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 18 kb.
7de–9de rdte: soos rdte 3.
10de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 2 kb tes, *1 kb in vlg kb, 2 kb tes; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af, maar los lang genoeg draad om onderkant toe te werk.
Stop die uiltjie op en werk onderkant toe.
Borduur strepies op die voorkant van die lyfie met wit borduurgare.
Vlerkies (hekel 2)
Met bruin of dieselfde kleur as lyfie, hekel 2 ks, 6 kb in 1ste ks, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in dies st en in vlg kb, (1 kb,1 hlb, picot) in vlg kb, (1 hlb, 1 kb) in vlg kb, 2 kb in vlg 2 kb. H/af. Werk los drade weg en werk vlerkies aan weerskante van die lyfie vas.
Oortjies (maak 2)
Met bruin of dieselfde kleur as die lyfie, heg met gs aan bokant van die kop, 3 ks, gs in dies st. H/af en werk los drade weg.
Ogies (hekel 2)
Met wit, hekel 2 ks, 6 kb in 1ste ks, gs in beg-kb. H/af. Werk los drade weg en werk aan kop vas.
Borduur ’n Franse knopie met swart borduurgare in die middel van elke wit sirkeltjie.
Snawel en pootjies
Met oranje borduurgare, borduur drie oorhandstekies vir elke poot aan die onderkant van die lyfie en borduur snawel met klein satynstekies tussen die ogies.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.