Hekel hierdie knus serp in ’n sirkel en trek dit oor ’n T-hemp aan
CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
3 balle ELLE ARAN KNIT in Moss of
kleur van jou keuse
5 mm-hekelpen
Grootte
Klein-medium (groot-ekstragroot)
Afkortings
dsl – dubbelslagsteek: sit draad 2 keer om hekelpen, steek deur volgende steek of soos aangedui, sit draad om hekelpen en trek lus deur, (sit draad om hekelpen, trek deur 2 lusse) 3 keer.
gs – glipsteek
ks – kettingsteek
lb – langbeen: sit draad om hekelpen, steek deur volgende steek of soos aangedui, sit draad om hekelpen en trek lus deur, sit draad om hekelpen, trek deur 2 lusse, sit draad om hekelpen en trek deur oorblywende 2 lusse
Met 5 mm-hekelnaald maak 120(138) ks lossies en gs in 1ste ks om ring te vorm.
Knus serp
1ste rondte: 3 ks (tel as 1ste lb), maak 1 lb in elke ks in rondte, gs in 3de ks aan begin van rondte. 120(138) ste.
2de rondte: Maak 3 ks (tel as 1ste lb), 1 lb in dieselfde st, 2 ks, 2 lb in dieselfde st, *slaan 5 lb oor, 2 lb, 2 ks, 2 lb in vlg lb, herh van * altesame 19(22) keer, slaan 5 lb oor en eindig met gs in 3de ks aan begin van rondte. 20(23) lb-groepe.
3de rondte: gs tot in 1ste ks-lus, 3 ks, 1 lb in dieselde ks-lus, 2 ks, 2 lb in dieselfde ks-lus, 2 lb, 2 ks, 2 lb in elke lbgroep tot einde, gs in 3de ks aan begin van rondte. 20(23) lb-groepe. Herhaal 3de rondte tot werk ongeveer 12(14) cm lank is.
Werk vlg rondte soos volg: gs tot in 1ste ks-lus, 4 ks, 1 dsl in dieselfde ks-lus, 2 ks, 2 dsl in dieselfde ks-lus, werk 2 dsl, 2 ks, 2 dsl in elke ks-lus in middel van elke lbgroep, eindig rondte met gs in 4de ks aan begin van rondte. 20(23) dsl-groepe. Herhaal hierdie rondte tot werk 33(35) cm lank is.
Werk vlg rondte soos volg: gs tot in 1ste ks-lus, 4 ks, 1 kb in dieselfde ks-lus, * 3 ks, 1 kb tussen 2 dsl-groepe, 3 ks, 1 kb in dieselfde ks-lus, 3 ks, 1 kb in dieselfde ks-lus, herh van * altesame 19(22) keer, 3 ks, 1 kb tussen laaste 2 dsl-groepe, 3 ks en gs in 1ste ks aan begin van rondte.
Vlg rondte: 1 kb in 1ste ks-lus, * 3 ks, 1 kb in vlg ks-lus, herh van * tot einde, eindig met 3 ks en gs in 1ste kb aan begin van rondte. Heg af.
Werk randjie aan bokant soos volg: 1 kb in 1ste st, * 3 ks, slaan 1 st oor, 1 kb in vlg st, herh van * tot einde en eindig met 3 ks en gs in 1ste kb aan begin van rondte.
Om te voltooi
Werk drade weg. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Andrea Caldwell
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.