Hekel ’n kleurryke onderbaadjie met hierdie interessante ouma-blok-patroon
Karen Adendorff
Moeilikheidsgraad **
Benodigdhede
• ELLE PURE GOLD DK (100 g-balle): 1 bal elk Chilli en Terracota en 2 balle Titanium
• ELLE CLASSIC WOOL BLEND (100 g-balle): 1 bal Salsa
• 3.5 mm-hekelpen
• Naald om gare mee weg te werk
Mate
Wydte onder = 101 cm
Lengte = 55 cm
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
dr – draai
gs – glipsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
ls(e) – lus(se)
rdte – rondte
RK – regte kant
sp(s) – spasie (s)
st(e) – steek(steke)
Vk – verkeerde kant
vlg – volgende
Aanwysings
Blok (hekel 32)
Voltooi die 1ste blok tot aan die einde van rdte 6.
Vanaf die 2de blok word elke blok in die laaste rdte aan mekaar vasgehekel.
Met Salsa, begin met 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 2 lb in ring, (3 ks, 3 lb in ring) 3 keer, 3 ks, gs in 3de van beg-3 ks. H/af.
2de rdte: Met Titanium, begin in enige 3 ks-sp; 3 ks, 2 lb in dies sp, [1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, 1 ks, 3 lb en 3 ks in 1ste 3 ks-sp, gs bo in beg-3 ks. H/af.
3de rdte: Met Terracota: Begin in enige 3 ks-sp; 3 ks, 2 lb in dies sp, [1 ks, 1 lb in middelste lb van 1ste rdte (Salsa) (= spykersteek), 1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, 1 ks, 1 spykersteek, 1 ks, 3 lb en 3 ks in 1ste 3 ks-sp, gs bo in 3de van beg-3 ks. H/af.
4de rdte: Met Chilli, begin in enige 3 ks-sp; 3 ks, 2 lb in dies sp, [1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, 1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, 3 lb en 3 ks in 1ste 3 ks-sp, gs bo in 3de van beg-3 ks. H/af.
5de rdte: Met Titanium, begin in enige 3 ks-sp; 3 ks, 2 lb in dies sp, [(1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 3 keer, 1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, (1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 3 keer, 1 ks, 3 lb en 3 ks in 1ste 3 ks-sp, gs bo in beg-3 ks. H/af.
6de rdte: Met Salsa, begin in enige 3 ks-sp; 3 ks, 2 lb in dies sp, [(1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp] 3 keer, (1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 ks, 3 lb en 3 ks in 1ste 3 ks-sp, gs bo in beg-3 ks. H/af.
2de blok
Hekel dies as 1ste blok tot voor die 6de rdte.
6de rdte: Met Salsa, begin in enige 3 ks-sp; 3 ks, 2 lb in dies sp, (1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 ks, 3 lb in vlg 3 ks-sp, 1 ks, 1 ks deur die 3 ks-sp van 1ste blok, 1 ks, 3 lb in dies 3 ks-sp van 2de blok, (1 ks deur vlg 1 ks-sp van 1ste blok, 3 lb in vlg 1 ks-sp van 2de blok) 4 keer, 1 ks deur vlg 1 ks-sp van 1ste blok, 3 lb in 3 ks-sp van 2de blok, 1 ks, 1 ks deur 3 ks-sp van 1ste blok, 1 ks, 3 lb in dies 3 ks-sp van 2de blok, voltooi die rdte soos beskryf in 6de rdte.
Hekel al die blokke op dies manier vas aan mekaar.
By die 2de ry blokke sal elke blok aan 2 sye vasgehekel word.
Onthou om die skouernate ook vas te hekel. (Sien skets hierbo).
Kraag
Die kraag word oor die boonste 4 blokke gehekel.
Met VK na voor en met Titanium:
1ste ry: Heg draad in 1ste van 4 blokke in die 3 ks-sp (hoek) met 3 ks, 2 lb in dies sp, (1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 5 keer, 1 ks, 3 lb in 3 ks-sp, [1 ks, 3 lb in 3 ks-sp van vlg blok, (1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp) 5 keer, 1 ks, 3 lb in 3 ks-sp] 3 keer, dr (= 28 lb-groepe).
2de ry: *3 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp *, herh van * tot * tot einde, 1 kb in beg-3 ks, dr.
3de ry: 3 ks, 2 lb in 3 ks-sp, 1 ks, * 3 lb in 3 ks-sp, 1 ks *, herh van * tot * tot einde, dr.
Herh rye 2 en 3 nog 4 keer en dan ry 2 nog 1 keer. H/af.
Met RK na voor, heg Titanium aan die onderpunt van die kraag en hekel 3 ks, 2 lb in die een been van 3 lb, (1 ks, 3 lb in vlg sp) 5 keer, (3 lb, 1 ks, 3 lb) in hoeksp, (1 ks, 3 lb in 3 ks-sp) 26 keer, 1 ks, (3 lb, 1 ks, 3 lb) in hoeksp, (1 ks, 3 lb in vlg sp) 6 keer. H/af.
Randjie
Met RK na voor en met Titanium, hekel 1 rdte kb rondom die onderbaadjie as volg: Begin by die 3de blok van onder aan die linkervoorpant.
1ste rdte: 1 kb in sp tussen die 2 blokke, 26 kb oor 15 sye van die blokke, 26 kb langs die kort sy van die kraag, 120 kb oor die lengte van die kraag, 26 kb langs vlg kort sy van die kraag, 26 kb oor die vlg sy van blok, gs in 1ste kb.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in dies st, [slaan 2 kb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg kb, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg 2 kb] 11 keer, 3 lb in hoek-kb, 1 lb in vlg 2 kb, [slaan 2 kb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg kb, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg 2 kb] 29 keer, 3 lb in hoek-kb, 1 lb in vlg 2 kb, [slaan 2 kb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg kb, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg 2 kb] 11 keer, dr.
3de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg lb, [slaan 2 lb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in 1 ks-sp, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 2 lb] 11 keer, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in middelste van 3 lb, 1 lb in elk van vlg 2 lb, [slaan 2 lb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg 1 ks-sp, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 2 lb] 29 keer, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in middelste van 3 lb, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 2 lb, [slaan 2 lb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg 1 ks-sp, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 2 lb] 11 keer. H/af.
4de rdte: Met Chilli en met VK van onderbaadjie na voor (die RK van kraag), hekel 1 kb in elke kb rondom die kraag. H/af.
Draai onderbaadjie met RK na voor.
Heg draad aan onderkant van kraag en hekel 1 kb in elke 26 kb van die blok, 4 kb oor die kort kantjie van voorste rand, 1 kb in vlg 4 lb, * (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg 1 ks-sp (= tussen 4 lb), 1 kb in elk van vlg 6 lb *, herh van * tot * oor die lengte van voorste sy, onderom en langs die ander sy, eindig met 1 kb in laaste 4 lb, 4 kb oor vlg kort kantjie van voorste rand, 26 kb oor laaste blok, gs in 1ste kb. H/af.
Mourandjie
1ste rdte: Met Chilli, hekel 26 kb oor elke blok, eindig met gs in 1ste kb.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 ks, 2 lb in dies st, slaan 3 kb oor, 1 lb in elk van vlg 2 kb, [slaan 3 kb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg kb, slaan 3 kb oor, 1 lb in elk van vlg 2 kb] 11 keer, gs bo in beg-3 ks. H/af.
3de rdte: Met Titanium, begin in 1 ks-sp tussen 4 lb: [(1 kb, 3 ks, 1 kb) in die 1 ks-sp, 1 kb in elk van vlg 6 lb] 12 keer, eindig met gs in 1ste kb. H/af.
Herh met ander mou-opening.
Afwerking
Werk al die los drade weg.
SOURCES
Elmarie Knapton
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.