Breek weg van die tradisionele Kersversierings en helder jou Afrika-Kersboom met hierdie helderkleurige sterre op
Moeilikheidsgraad: Maklik
BENODIGHEDE
• Katoenhekeldraad no. 8: geel, wit, maroen, pienk, blou en bruin
• 1.75 mm-hekelpen
• Stopsel
• Stomppunt-naald
AFKORTINGS
beg – begin
dies – dieselfde
dr – draai
gs – glipsteek
h/af(aan) – heg af(aan)
her – herhaal
kb – kortbeen
ks – kettingsteek/-steke
lb – langbeen
rdte(s) – rondte(s)
sp(s) – spasie(s)
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
tr(s) – trossie(s)
vlg – volgende
AANWYSINGS
Ster 1 in rooi en geel (hekel 2)
Met geel, hekel 4 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
Rdte 1: 4 ks (= 1e lb + 1 ks), (1 lb, 1 ks) 11 keer, gs in 3e van 4 ks. H/af.
Rdte 2: met rooi, [(1 kb, 4 ks, 1 kb) in elke 1 ks-sp] 12 keer, gs in 1e kb. H/af.
Rdte 3: met wit, (1 kb tussen die 2 kb, 3 ks) 12 keer, gs in 1e kb, gs in vlg 3 ks-sp. H/af.
Rdte 4: met blou, 3 ks en 2 lb in 1e 3 ks-sp, 1 ks, 3 lb in dies 3 ks-sp, (3 lb in vlg 3 ks-sp; 3 lb, 1 ks, 3 lb in vlg 3 ks-sp) 5 keer, 3 lb in vlg 3 ks-sp, gs bo in 1e 3 ks. H/af.
Rdte 5: met wit, 1 kb in middelste van 3 lb, 2 ks, *1 kb in sp, (2 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb) 4 keer, 2 ks*, her van * tot * rondom. H/af.
Rdte 6: met bruin, 3 ks, 3 lb in vlg 2 ks-sp, 4 lb in vlg sp, (2 lb in elk van vlg 3 sp, 4 lb in vlg 2 sp) 5 keer, 2 lb in elk van vlg 3 sp, gs bo in 3 ks. H/af. (Daar is 14 lb in elke 6-vlak.) H/af.
Ses sterpunte
Ry 1: met rooi, (beg by die 4 lb) 1 kb in elke 4 lb, 1 kb in elk van vlg 6 lb, 1 kb in vlg 4 lb = 14 kb. Dr na elke ry.
Ry 2: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 9 kb, 2 kb tes.
Ry 3: 1 ks, 1 kb in elke kb.
Ry 4: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 7 kb, 2 kb tes.
Ry 5: 1 ks, 1 kb in elke kb.
Ry 6: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 5 kb, 2 kb tes.
Ry 7: 1 ks, 1 kb in elke kb.
Ry 8: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 3 kb, 2 kb tes.
Ry 9: 1 ks, 1 kb in elke kb.
Ry 10: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg kb, 2 kb tes.
Ry 11: 1 ks, 1 kb in elke kb.
Ry 12: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in laaste st.
Ry 13: 1 ks, 1 kb in vlg 2 kb.
Ry 14: 1 ks, 2 kb tes. H/af.
Hekel die punte afwisselend met geel (drie geel en drie rooi punte).
STER 2 IN PIENK EN WIT (hekel 2)
Met wit, hekel 4 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
Rdte 1: 3 ks (= 1e lb), 1 lb in ring, (1 ks, 2 lb in ring) 5 keer, 1 ks, gs bo in 3 ks. H/af.
Rdte 2: met geel, beg in enige 1 ks-sp, (3 ks, 1 lb, 1 ks, 2 lb) in dies sp, [(2 lb, 1 ks,
2 lb) in vlg sp] 5 keer, gs bo in 1e 3 ks. H/af.
Rdte 3: met pienk, beg in enige 1 ks-sp, 3 ks, 6 lb in dies sp, (slaan 4 lb oor, 7 lb in vlg sp) 5 keer, gs bo in 1e 3 ks. H/af.
Rdte 4: met maroen, las in 1e lb van enige 7 lb, 1 ks, 1 kb in elk van vlg 3 lb, 2 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 2 lb, (1 kb in 1e van vlg 7 lb, 1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 2 lb) 5 keer, gs bo in 3 ks.
Rdte 5: 3 ks, 1 lb in vlg 2 kb, 2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 1 kb, 2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg
2 lb, (1 kb in vlg 3 kb, 2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg kb, 2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 2 kb) 5 keer, gs bo in 3 ks = 60 lb.
Ses sterpunte
Ry 1: met wit, 1 ks in gs van vorige ry (= 1e kb), 1 kb in vlg lb, 2 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in vlg 3 lb = 12 kb. Dr na elke ry.
Ry 2: 1 ks, 1 kb in vlg 11 kb.
Ry 3: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 7 kb, 2 kb tes.
Ry 4: 1 ks, 1 kb in vlg 9 kb.
Ry 5: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 5 kb, 2 kb tes.
Ry 6: 1 ks, 1 kb in elke 7 kb.
Ry 7: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg 3 kb, 2 kb tes.
Ry 8: 1 ks, 1 kb in elke 5 kb.
Ry 9: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in vlg kb, 2 kb tes.
Ry 10: 1 ks, 1 kb in elke 3 kb.
Ry 11: 1 ks, 2 kb tes, 1 kb in laaste kb.
Ry 12: 1 ks, 1 kb in vlg 2 kb.
Ry 13: 1 ks, 2 kb tes. H/af.
Pienk punt en vlg punte: 1 ks in 1e lb na vorige punt (= 1e kb), 1 kb in vlg lb, 2 kb in
vlg lb, 1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 3 lb = 12 kb. Gaan voort met die 2e ry
soos by wit punt. Hekel die punte afwisselend met wit en pienk.
STER 3 IN BLOU EN BRUIN (hekel 2)
Met bruin, hekel 3 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
Rdte 1: 3 ks, 1 lb in ring, (3 ks, 2 lb-tr) 5 keer, 3 ks, gs bo in 1e 3 ks. H/af.
Rdte 2: met wit, beg in enige 3 ks-sp: 3 ks, 5 lb in dies sp, (6 lb in vlg sp) 5 keer, gs bo in 1e 3 ks. H/af.
Rdte 3: met blou, 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 4 lb, 2 lb in vlg lb, (2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 4 lb, 2 lb in vlg lb) 5 keer, gs bo in 3 ks. H/af.
Rdte 4: met maroen, 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 6 lb, 2 lb in vlg st, (2 lb in vlg st,
1 lb in elk van vlg 6 lb, 2 lb in vlg lb) 5 keer, gs bo in 3 ks. H/af.
Ses sterpunte
Ry 1: met blou, 1 kb in vlg 2 lb, 2 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 3 kb = 12 kb.
Hekel rye 2–13 op dies wyse as by ster 2.
Hekel die punte afwisselend met blou en bruin.
AFWERKING
Werk die sterre twee-twee aanmekaar. Stop op. Hekel ’n toutjie van 20 ks en werk aan die een punt vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.