Speel met oorskietdraad en hekel sommer ’n dosyn dekoratiewe kolwyntjies
Benodigdhede
Vinnis Colours Nikkim-katoendraad
(50 g-balle): 1 bal elk Natural (500),
Chestnut (503), Raspberry (559), Blue
Canard (549), Purple Pink (525)
Oorskietvierdraadkatoen in rooi en
groen
3 mm-hekelpen
Stopsel
Gekleurde kraletjies en groter rooi krale
Stukkie harde plastiek, soos die deksel van ’n roomysbak
Algemene naaldwerkbenodigdhede
Afkortings
dies – dieselfde
gs – glipsteek
h/af – heg af
hlb – halflangbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
rdte(s) – rondte(s)
st(e) – steek(steke)
tes – tesaam
vlg – volgende
Aanwysings
Basis van kolwyntjie
Begin met 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
Rdte 1: 1 ks, 6 kb in ring, gs in 1ste kb.
Rdte 2: 1 ks, 2 kb in elke kb (= 12 kb), gs in 1ste kb.
Rdte 3: 1 ks, (1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, (= 18 kb), gs.
Rdte 4: 1 ks, (1 kb in vlg 2 kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, (= 24 kb), gs.
Rdte 5: 1 ks, (1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, (= 30 kb), gs. H/af.
Rand van kolwyntjie
Begin met 10 ks.
Ry 1: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks (= 9 kb).
Ry 2: 1 ks, 1 kb in elk van vlg kb deur slegs die agterste lus. (’n Riffie word gevorm.)
Rye 3-37: Dies as ry 2. H/af.
Versiersel wat oor die randjie gaan
Begin met 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
Rdte 1: 1 ks, 6 kb in ring, gs in 1ste kb.
Rdte 2: 1 ks, 2 kb in elke kb (= 12 kb). Plaas ’n merker om die begin van die rdte aan te dui, en skuif dit op na elke rdte.) Moet nie eindig met gs nie, gaan net aan na vlg rdte.
Rdte 3: (1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, (= 18 kb).
Rdte 4: (1 kb in vlg 2 kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, (= 24 kb).
Rdte 5: 1 kb in elke kb.
Rdte 6: (1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, (= 30 kb).
Rdte 7: 1 kb in elke kb.
Rdte 8: (1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb) 7 keer, 1 kb in vlg 2 kb (= 37 kb).
Rdte 9: 1 kb in elke kb.
Rdte 10: (1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb) 9 keer, 1 kb in laaste kb (= 46 kb).
Rdte 11: 1 kb in elke kb, vermeerder 2 kb in die rdte, (= 48 kb), gs in vlg kb.
Rdte 12: 1 kb in dies st as gs, (slaan 2 kb oor, 5 lb in vlg kb, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb) 8 keer, gs in 1ste kb. H/af.
Klein versiersel bo-op vorige versiersel
Hekel dies as vorige versiersel tot ná rdte 4, gs in vlg kb.
Rdte 5: 1 kb in dies st as gs, (slaan 2 kb oor, 5 lb in vlg kb, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb) 4 keer, gs in 1ste kb. H/af.
Kolwyntjie met roomdraaiversiersel
Hekel soos vorige versiersel tot ná rdte 11.
Rdte 12: (1 kb in vlg 6 kb, slaan 1 kb oor) 6 keer, 1 kb in laaste 4 kb, gs in vlg kb. H/af.
Roomspiraal
Hekel 170 ks, 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks tot end. Los ’n lang genoeg draad vir vaswerk en h/af.
Rooi kersie
Rdte 1: Hekel 2 ks, 6 kb in 1ste van 2 ks, sluit met gs.
Rdte 2-4: 1 ks, 1 kb in elke kb, gs. Rdte 5: Hekel 2 kb tes rondom. Plaas stopsel in en werk toe.
Groen steeltjie
Hekel 8 ks, gs in 2de ks vanaf pen. H/af. (Los ’n lang genoeg draad om terug te ryg en vas te werk.
Groen blaartjie
Hekel 5 ks, gs in 2de ks vanaf pen, 1 kb in vlg ks, 1 hlb in vlg ks, 1 kb in laaste ks. H/af.
Blom
Hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
Rdte 1: 1 ks, 10 kb in ring, gs in 1ste kb.
Rdte 2: (3 ks, 2 lb in vlg kb, 3 ks, gs in vlg kb) 5 keer. H/af.
AFWERKING
Sny ’n sirkel van 47 mm in deursnee uit die plastiekdeksel (of karton) vir elke kolwyntjie. Werk rand se synaat toe. Werk basis aan die rand vas. Plaas plastieksirkel in kolwyntjie en plaas stopsel in. Plaas stopsel in versiersel en werk versiersel se skulprandjie aan die rand van die kolwyntjie vas sodat dit lyk of die room afloop. Versier met kersie of ook die steeltjie en blaartjie, en werk kraletjies vas. Die kleiner versiersel of blommetjie kan ook op die groter versiersel vasgewerk word en met kraletjies versier word.
Kolwyntjie met roomspiraal
Plaas plastieksirkel en stopsel in kolwyntjie asook stopsel in die versiersel. Die versiersel word in die rand gesit en dan vasgewerk. Werk die lang gehekelde tou spiraalgewys om die versiersel en versier met kraletjies. Werk ’n groter rooi kraal of kersie vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.