Klee onooglike plastiekhouers in kleurryke gehekelde jassies
KAREN ADENDORFF
Benodigdhede
Oorskiet-katoendubbeldraad in donkerblou, wit, maroen, lemmetjiegroen, oranje, donkerpienk, turkoois en ligblou 3,5 mm-hekelpen Naald om drade weg te werk
Grootte
Om potplanthouers met omtrek van 36,5 cm bo en 23 cm onder te pas
Afkortings
dies – dieselfde, gs – glipsteek , h/af – heg af, hlb – halflangbeen, kb – kortbeen, ks – kettingsteek, lb – langbeen, rdte(s) – rondte(s), sp – spasie, st – steek, vlg – volgende
Aanwysings
Gebruik die kleure soos op die foto of maak jou eie kleurkombinasies. Begin met 10 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 23 lb in ring, gs bo in begin- 3 ks.
2de rdte: 3 ks, (2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 11 keer, 2 lb in vlg lb, gs bo in begin-3 ks (= 36 lb).
3de rdte: 1 ks, 1 kb in vlg 4 lb, 2 kb in vlg lb, (1 kb in vlg 5 lb, 2 kb in vlg lb) 5 keer, gs in 1ste ks (= 42 kb).
4de rdte: 3 ks, 1 lb in elke kb, gs bo in begin-3 ks.
5de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 12 lb, 2 lb in vlg lb, (1 lb in vlg 13 lb, 2 lb in vlg lb) 2 keer, gs bo in begin-3 ks. H/af.
6de rdte: met vlg kleur: 3 ks, (1 lb, 1 ks, 2 lb) in dies st as gs, [slaan 4 lb oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg lb, slaan 3 ks oor, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg lb] 4 keer, slaan 4 lb oor (2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg lb, gs bo in begin-3 ks.
7de rdte: gs in die vlg 2 lb en 1 ks-sp, 3 ks (1 lb, 1 ks, 2 lb) in dies 1 ks-sp, [(2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg 1 ks-sp] 9 keer, gs bo in begin-3 ks. H/af.
8ste rdte: met vlg kleur: begin in enige 1 ks-sp, (3 ks, 1 lb, 1 ks, 2 lb) in dies sp, 1 kb oor vorige twee rdtes, tussen die 2 lb-pare (= spykersteek) (moenie gare te styf trek nie), [(2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg 1 ks-sp, 1 spykersteek oor vorige 2 rdtes] 9 keer, gs bo in begin- 3 ks. H/af.
9de rdte: Met vlg kleur: Begin in enige 1 ks-sp, 3 ks, (1 lb, 1 ks, 2 lb) in dies 1 kssp, [(2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg 1 ks-sp] 9 keer, gs bo in begin-3 ks.
10de rdte: soos rdte 7. H/af.
11de rdte: met vlg kleur: soos rdte 8. H/af.
12de rdte: met vlg kleur: begin in enige 1 ks-sp, (3 ks, 2 lb, 1 ks, 3 lb) in dies 1 kssp, (3 lb, 1 ks, 3 lb) in vlg 1 ks-sp) 9 keer, gs bo in begin-3 ks.
13de rdte: gs oor die vlg 2 lb en in die 1 ks-sp, (3 ks, 2 lb, 2 ks, 3 lb) in dies sp, [(3 lb, 2 ks, 3 lb) in vlg 1 ks-sp] 9 keer, gs bo in begin-3 ks. H/af.
14de rdte: met die vlg kleur: begin in enige 2 ks-sp, (3 ks, 2 lb, 2 ks, 3 lb) in dies sp, 1 spykersteek oor die vorige 2 rdtes, [(3 lb, 2 ks, 3 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 spykersteek oor die vorige 2 rdtes] 9 keer, gs bo in begin-3 ks. H/af.
15de rdte: met vlg kleur: 1 ks, 1 kb in vlg 2 lb, (1 kb, 1 hlb, 1 lb, 1 hlb, 1 kb) in 2 ks-sp, 1 kb in vlg 3 lb, [slaan spykersteek oor, 1 kb in vlg 3 lb, (1 kb, 1 hlb, 1 lb, 1 hlb, 1 kb) in 2 ks-sp, 1 kb in vlg 3 lb] 9 keer, gs in 1ste ks. H/af. Werk al die los drade weg.
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.