Laat jou bank blom in kleure wat by jou dekor pas
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
ELLE COURTELLE CHUNKY (50 g-balle)
in die kleure (of kleure van jou keuse):
_ 3 balle (Citrus)
_ 3 balle (Hibiscus)
_ 5 balle (Espresso)
_ 4 mm-hekelnaald
_ 1 kussing
GROOTTE
Ongeveer 45 cm x 45 cm
AFKORTINGS
lb – langbeen
ks – kettingsteek
gs – glipsteek
KLEURE
Hekel 25 blomme in verskillende kleurkombinasies
Rondte 1-6 oranje en rondte 7-8 pienk
Rondte 1-6 pienk en rondte 7-8 oranje
Rondte 1-4 oranje en rondte 5-8 pienk
Rondte 1-4 pienk en rondte 5-8 oranje
Hele blom pienk of oranje
BLOM
Met 4 mm-hekelnaald maak 4 ks en gs in 1ste ks om ringetjie te vorm.
Rondte 1: *1 kb in ringetjie, 3 ks *, herh van * tot * vir ’n totaal van 3 keer, gs in 1ste kb aan begin van rondte = 3 ks-lusse.
Rondte 2: Hekel soos volg in elke ks-lus: 1 gs, 3 ks (tel as lb), 4 lb en 1 gs = 3 blomblare.
Rondte 3: 1 ks, vou voltooide blomblaartjie na voor en hekel aan agterkant in 1ste kslus in basis van blomblare soos volg: 1 kb om 1ste kb van rondte 1, 3 ks, 1 kb tussen 3de en 4de lb van 1ste blomblaar van rondte 2, 3 ks, 1 kb tussen 1ste en 2de lb van 2de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 5de lb en gs in 2de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 1ste en 2de lb van 3de blomblaar, 3 ks, gs in 1ste ks aan begin van rondte = 5 ks-lusse.
Rondte 4: hekel soos volg in elke ks-lus: 1 gs, 3 ks (tel as lb), 5 lb, 1 gs = 5 blomblare.
Rondte 5: 1 ks, vou voltooide blomblaartjie na voor en hekel aan agterkant in 2de ks-lus en basis van blomblare soos volg: 1 kb om 1ste kb van rondte 3, 3 ks, 1 kb tussen 5de en 6de lb van 1ste blomblaar van rondte 4, 3 ks, 1 kb tussen 4de en 5de lb van 2de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 3de en 4de lb van 3de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 2de en 3de lb van 4de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 1ste lb en ks van 5de blomblaar, 3 ks, 1 gs in 1ste ks aan begin van rondte = 6 ks-lusse.
Rondte 6: hekel soos volg in elke ks-lus: 1 gs, 3 ks (tel as lb), 5 lb, 1 gs = 6 blomblare.
Rondte 7: 1 ks, vou voltooide blomblaartjie na voor en hekel aan agterkant in 3de ks-lus en basis van blomblare soos volg: 1 kb om 1ste kb van rondte 5, 3 ks, 1 kb tussen 5de en 6de lb van 1ste blomblaar van rondte 6, 3 ks, 1 kb tussen 3de en 4de lb van 2de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 2de en 3de lb van 3de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 6de lb en gs van 3de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 5de en 6de lb van 4de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 3de en 4de lb van 5de blomblaar, 3 ks, 1 kb tussen 2de en 3de lb van 6de blomblaar, 3 ks, gs in 1ste ks van rondte = 8 ks-lusse.
Rondte 8: hekel soos volg in elke ks-lus: 1 gs, 3 ks (tel as lb), 5 lb, 1 gs = 8 blomblare. Eindig af en ryg los drade in.
KUSSINGOORTREKSEL
Hekel 61 ks, lb in 3de st van hekelpen af. 1 lb in elke ks tot einde, 3 ks (tel as lb), draai. 1 lb in 1ste lb, 1 lb in elke lb tot einde, 3 ks, draai. Herh laaste ry tot oortreksel sowat 90 cm lank is en heg af.
OM TE VOLTOOI
Spasieer blomme in 5 rye van 5 elk op een helfte van oortreksel soos verkies. Werk blomme aan oortreksel vas. Vou oortreksel dubbel met regte kant op mekaar en werk twee sye toe. Sit kussing in en werk opening toe.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.