Wat is haarnaaldhekelwerk en hoe doen mens dit?
Christa Swanepoel
Haarnaaldhekelwerk is vroeër jare op ysterraam gedoen wat in die vorm van ’n haarnaald gebuig is, maar deesdae is die apparaat in plastiek te koop met volledige aanwysings ingesluit.
As jy eers die tegniek onder die knie het, kan jy jou verbeelding laat gaan en hope artikels daarmee maak, soos die toppie in ons tydskrif. Hier is byvoorbeeld ’n mat (sien hooffoto) wat met dik tou gemaak is en waarvan die stroke bloot aanmekaargehekel is.
Geniet die “ou” nuwigheid.
- Kyk in 24 Oktober 2014 se uitgawe as jy wil weet hoe om haarnaaldhekelwerk te doen.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.