Brei hierdie oulike mussies vir ’n dogtertjie
Moeilikheidsgraad: *
Benodigdhede
1 bal (50 g) SIRDAR SNUGGLY 4-draad of enige ander breidraad wat jou dieselfde spanning gee in kleur van jou keuse E en paar elk 2,75 mm- en 3,25 mmnaalde
Mate
Om gemiddelde grootte kop te pas van: 0-6;6-12mde;1-2;2-3;4-5;6-7j
Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. 28 ste en 36 rye = 10 cm oor koussteek met 3,25 mm-naalde Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
Afkortings
alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin dnv – draad na voor herh – herhaal kn – kabelnaald ks – koussteek m1 – tel lus op tussen laaste en vlg st en werk agter deur lus oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs R(V)K – regte(verkeerde) kant R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor st(e) – steek(steke) tes – tesame tgso – trek glipsteek oor vermin – verminder vermeer – vermeerder vlg – volgende
BARET
Met 2,75 mm-naalde en duimmetode stel 110(114;118;130;134;142)ste op.
1ste ry: r2, *aw2, r2, herh van * tot einde.
2de ry: *aw2, r2, herh van * tot laaste 2 ste, aw2. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 2×2-rif. Werk nog 7(7;7;9;9;9)rye in 2×2-rif.
Vlg ry: aw2(1;3;4;6;2), aw2tes, (aw6[8;8;6;6;6], aw2tes)13(11;11;15;15;17) keer, aw2(1;3;4;6;2). 96(102;106;114;118;124)ste.
Met 3,25 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: r.
2de ry: aw.
Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ks (koussteek). Werk in ks (deurgaans) gaan soos volg voort:
1ste ry: r3(6;8;12;5;8), m1, (r10[10;10;10;12;12],m1)9 keer, r3(6;8;12;5;8). 106(112;116;124;128;134)ste.
Begin met aw-ry, werk 3 rye sonder om te vorm.
5de ry: r4(7;9;13;6;9), m1, (r11[11;11;11;13;13], m1)9 keer, r3(6;8;12;5;8). 116(122;126;134;138;144)ste.
Begin met aw-ry, werk 3 rye sonder om te vorm.
9de ry r5(8;10;14;7;10), m1, (r12[12;12;12;14;14], m1)9 keer, r3(6;8;12;5;8). 126(132;136;144;148;154)ste.
Begin met aw-ry, werk 3 rye sonder om te vorm.
13de ry: r tot einde, vermeer 2(2;4;2;4;4)ste eweredig oor ry. 128(134;140;146;152;158) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot baret 12(13;13;13;14;14)cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: aw tot einde, vermin 1(0;0;0;4;3) ste eweredig oor ry vir slegs 1ste, 5de en 6de groottes en vermeer 0(0;1;2;0;0) ste eweredig oor ry vir slegs 3de en 4de groottes. 127(134;141;148;148;155)ste.
Vorm bokant Vlg ry: r1, (r2tes, r5)18(19;20;21;21;22)keer. 109(115;121;127;127;133)ste.
Begin met aw-ry, werk 5 rye sonder om te vorm.
Vlg ry: r1, (r2tes, r4)18(19;20;21;21;22)keer. 91 (96;101;106;106;111)
Begin met aw-ry, werk 3(3;5;5;5;5) rye sonder om te vorm.
Vlg ry: r1, (r2tes, r3)18(19;20;21;21;22) keer. 73(77;81;85;85;89)ste.
Begin met aw-ry, werk 3(3;5;5;5;5) rye sonder om te vorm.
Vlg ry: r1, (r2tes, r2)18(19;20;21;21;22)keer. 55(58;61;64;64;67)ste.
Begin met aw-ry, werk 3 rye sonder om te vorm.
Vlg ry: r1, (r2tes, r1)18(19;20;21;21;22)keer. 37(39;41;43;43;45)ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, (r2tes)18(19;20;21;21;22)keer. 19(20;21;22;22;23)ste.
Vlg ry: (aw2tes)9(10;10;11;11;11)keer, aw1(0;1;0;0;1). 10(10;11;11;11;12)ste.
Breek draad af, ryg deur 10(10;11;11;11;12) ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Werk naat agter toe. Bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
MUS MET PATROONRAND
Met 2,75 mm-naalde en duimmetode stel 98(98;110;110;122;122)ste op.
1ste ry: r.
2de ry: r.
3de ry: r1, (r2tes)twee keer, *(dnv, r1)4 keer, (r2tes)4 keer, herh van * tot laaste 9 ste, (dnv, r1)4 keer, (r2tes)twee keer, r1.
4de ry: aw.
5de ry: r.
6de ry: r. Herh 3de tot 6de ry 4(4;5;5;6;6)keer.
Met 3,25 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: r tot einde, vermeer 0(4;0;4;0;2)ste eweredig oor ry vir slegs 2de, 4de en 6de groottes en vermin 2(0;4;0;4;0)ste eweredig oor ry vir slegs 1ste, 3de en 5de groottes. 96(102;106;114;118;124)ste.
2de ry: aw.
3de ry: r.
4de ry: aw. 3de en 4de rye sal nou na verwys word as ks (koussteek). Gaan voort in ks tot mus 10(11;12;11;12;12) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: aw tot einde, vermin 0(0;1;1;0;3) ste eweredig oor ry vir slegs 3de, 4de en 6de groottes en vermeer 1(3;0;0;3;0) ste eweredig oor ry vir slegs 1ste, 2de en 5de groottes. 97(105;105;113;121;121)ste.
Vorm bokant 1ste ry: r1, (r2tes, r6)12(13;13;14;15;15) keer. 85(92;92;99;106;106)ste. Begin met 2de ry van ks, werk 3 nog rye.
5de ry: r1, (r2tes, r5)12(13;13;14;15;15)keer. 73(79;79;85;91;91)ste.
Begin met 2de ry van ks, werk nog 3 rye.
9de ry: r1, (r2tes, r4)12(13;13;14;15;15)keer. 61(66;66;71;76;76)ste. Begin met 2de ry van ks, werk nog 1(1;1;3;3;3)rye.
Vlg ry: r1, (r2tes, r3)12(13;13;14;15;15)keer. 49(53;53;57;61;61)ste.
Begin met 2de ry van ks, werk 1(1;1;3;3;3) rye.
Vlg ry: r1, (r2tes, r2)12(13;13;14;15;15)keer. 37(40;40;43;46;46)ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, (r2tes, r1)12(13;13;14;15;15)keer. 25(27;27;29;31;31)ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, (r2tes), 12(13;13;14;15;15)keer. 13(14;14;15;16;16)ste.
Vlg ry: (aw2tes)6(7;7;7;8;8)keer, aw1(0;0;1;0;0). 7(7;7;8;8;8)ste. Breek draad af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Werk naat agter toe. Bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …