Skryf julle planne vir die jaar neer vir ons Nuwejaars-Vrouekeur, sê Eldaleen. Ek het normaalweg nie Nuwejaarsvoornemens nie. Ek vat die jaar soos dit kom en gebruik kanse wat oor my pad kom.
Nou moet ek mooi dink wat ek die jaar wil doen. Dit maak ‘n groot verskil as ‘n mens pen op papier sit. Jy is vas. Lesers wat vinnig ons span se Nuwejaarsvoornemens lees, vergeet sekerlik dadelik daarvan, maar nie jy nie.
Ek bedink inderdaad wat ek nog graag sal wil doen. Ek het jare gelede my hand aan waterverf gewaag en wou nog altyd olieverf probeer. Ek skryf dit neer. Dan wil ek nog ‘n “canopy tour” doen voor ek oor die muur is. As ek April see toe gaan, is die Oribi Gorge dus op my lys. En dan ‘n skryfkursus, wat ek nie weet of dit gaan realiseer nie. Ek glo daaraan dat ‘n mens alles wat jy wil doen, ten minste moet probeer. Slaag jy nie, is dit tot daarnatoe, maar hoe sal jy weet as jy nie eens probeer nie.
So doen ek navraag op Facebook-groepe vir kunsklasse in my omgewing. Ek kry enkele aanbevelings, maar dit kos ‘n plaas se prys. Gelukkig ken ek ‘n vriendin in Pretoria wat klasse aanbied en ons maak ‘n afspraak vir die eerste Saterdag wat sy beskikbaar is. Soos die tyd naderkom, raak ek al opgewonder maar ook senuweeagtig. Sê nou ek kry dit nie reg nie.
Dit word toe sommer ‘n heerlike naweekkuier by ou vriende. Ek is ‘n ware huishen en doen dit nie sommer nie. Die kinders is opgewonde. “Ma gaan uitslaap!”
En die beste van als: Ek pak nie wol en breipenne in nie! Dit gebeur selde. Maar dié naweek is anders. Ek wil net agteruit sit en lang kuiers opvang en ek wil leer skilder. Wat inderdaad toe gebeur. Ek besef net weer hoe kosbaar my vriende is en die kunsklas verloop goed. Ek wil skaars ‘n blaaskans vat om middagete te eet. En sowaar ry ek die middag met my eerste skilderytjie huis toe.
Ek is bevrees die breipenne sal nou en dan vir verfkwasse moet plek maak.
Ouma se blokkie
Maak 5 ks en gl in eerste steek om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks (tel as lb), 15 lb in ring, gs in 3de ks aan begin.
2de rdte: 4 ks (tel as lb en 1 ks), (1 lb, 1 ks) 15 keer, gs in 3de ks aan begin.
3de rdte: 3 ks, 2 lb in ks-sp, (1 lb in lb, 2 lb in ks-sp) rondom, gs in 3d eks aan begin.
4de rdte: 7 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, (3 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb) 2 keer, *7 lb, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, (3 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb) 2 keer, herh van * rondom, gs in 1ste ks aan begin.
5de rdte: gs tot in 7 ks-sp, *(5 lb, 3 ks, 5 lb) in 7 ks-sp, 1 kb in 1ste 3 ks-sp, 5 lb in middelste 3 ks-sp, 1 kb in laaste 3 ks-sp, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin.
6de rdte: 8 ks (tel as lb en 5 ks), *(1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp, 5 ks, 1 lb in kb, 3 ks, 1 kb in 3de lb van 5 lb, 3 ks, 1 lb in 1kb, 5 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin.
7de rdte: gs tot in 5 ks-sp, *5 lb in 5 ks-sp, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in hoek-sp, 5 lb in 5 ks-sp, 3 lb in elk van vlg twee 3 ks-sps, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …