Dra hierdie veelsydige serp op verskeie maniere.
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
- 1 bal Cotton On (DK) 250 g in Natural
- 4 mm-sirkelnaald
- 4 mm-hekelnaald vir koord
Afkortings
ks – kettingsteke; r – regs; rs – reksteek; st(e) – steek (steke)
Mate 30 cm lank en sowat 180 cm breed op breedste deel onder en 140 cm op smalste deel bo
Brei-inligting en wenke
- Die serp word deurgaans in reksteek gebrei met lus-rye tussenin.
- Omdat die serp van breed onder na smal bo loop, drapeer dit maklik om die skouers.
- Die mates is net by benadering. Dit sal nie ’n verskil aan die eindproduk maak as dit effens korter en smaller is nie. As jy dit langer verkies, sal jy ’n tweede bal breidraad nodig hê.
- Die katoendraad is ideaal vir die somer, maar jy kan enige breidraad gebruik.
- Jy kan die lus-rye ook korter maak (en die serp digter maak) deur die draad in die lus-rye net twee keer om die naald te draai.
- Gebruik enige breidraad en patroonsteke soos verkies volgens mates soos hierbo aangegee. Begin verminder as werk sowat 15 cm lank is en verminder in volgende ry en elke sowat 2 cm daarna 12 steke oor ry tot werk sowat 140 cm breed is. Gaan voort met patroonsteek tot werk sowat 28 cm lank is en eindig met ’n paar rye in 2×2-rif.
- Ryg die koord ná aan die bokant deur as jy dit om jou hals wil intrek.
Aanwysings
Stel 264 ste op en werk 6 rye in 2×2-rif, eindig met VK-ry.
Lusrye 1ste ry: r elke st, maar slaan draad 3 keer om naald.
2de ry: r en laat val ekstra lusse. **Werk 2 rye in rs. Herh 2 lus-rye. Werk 4 rye in rs. Herh 2 lus-rye. Herh van ** tot werk sowat 15 cm lank is, en vmin daarna 12 ste eweredig oor ry in ELKE 1ste ry van die twee rs-rye en ELKE 1ste en 3de ry van die vier rs-rye tot 180 ste oor is. Gaan voort in pat sonder om te vorm tot werk sowat 28 cm lank is. Werk 2 tot 4 rye in 2×2-rif. Heg af.
Koord Hekel ’n ry ks van 125–130 cm om te gebruik wanneer jy die serp om jou nek wil intrek.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …