Wat het jy nodig?
1 groot bal T-hemp-“breidraad”
20 mm-breinaalde
Mate
Pas medium tot groot
Afkortings
aw – aweregs
ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw. Herh
1ste en 2de rye)
oorbl – oorblywende
r – regs
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
VK – verkeerde kant
TOP
Agterpant
Stel 25 ste op.
Gaan voort in ks vir 28 rye, eindig met VK-ry.
Skouervorming
1ste ry: r5, draai.
2de ry: aw. Heg af.
Nek- en sk ouervorming
Heg draad aan oorbl ste, heg 15 ste af vir nek agter, r5 tot einde.
Vlg ry: aw5. Heg af.
Voorpant
Stel 25 ste op en werk in ks vir 22 rye, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r10, draai.
Vlg ry: heg 3 ste af, aw tot einde.
Vlg ry: r tot laaste 2 ste, r2tes.
Vlg ry: aw2tes, r tot einde. 5 ste. Gaan voort tot voorpant so lank soos agterpant is. Heg af. Heg draad aan oorbl ste, heg 5 ste af, r tot einde.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: heg 3 ste af, r tot einde.
Vlg ry: aw tot laaste 2 ste, aw2tes.
Vlg ry: r2tes, r tot einde. 5 ste. Gaan voort tot voorpant so lank soos agterpant is. Heg af.
Om te voltooi
Gebruik bypassende breidraad vir toewerk. Werk skouer- en synate toe, maar laat sowat 24 cm oop vir mousgat.
Ek het die Macaroni-T-hemp-breidraad gebruik. Beskikbaar by Ruby’s in Codonialaan, Waverley, Pretoria, tel 012 332 5700
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …