Maak eers vir jouself dik breidraad met die interessante tolletjiebreimasjien en brei dan vir jou ’n mat daarmee
Wat het jy nodig?
Tolletjiebreimasjien (French Knitting Mill)
Soveel tolletjiebreistringe as wat nodig is vir projek. Vir die mat van 130 cm x 60 cm is ongeveer 1 500 g se 4-draadbreidraad gebruik 10 mm-naalde
Wenke
- Dis ’n heerlike projek om al jou oorskietbreidraad mee op te gebruik.
- Brei stroke of blokke en werk dit aan mekaar vir groter projekte soos ’n kombers of groter mat.
- Brei mandjies of groot sakke daarmee.
- Maak die stringe net in een kleur of skakerings van ’n kleur.
- Die lekkerte van so ’n mat is dat jy dit in die wasmasjien kan gooi.
Brei-inligting
- Die tolletjiebreimasjientjie gebruik net gladde 4-draad-breidraad.
- Volledige aanwysings is in die verpakking en maklik om te volg. Daar is ook YouTube-video’s wat jy kan volg.
- Wanneer jy breidraad las, maak ’n stewige klein knopie en werk stadiger tot dit deurgebrei is.
- Rol voltooide tolletjiebreistringe in groot balle voor jy begin brei. Knoop stringe soos jy gewone breidraad sou las.
Mat
Met 10 mm-naalde, stel 50 ste op en werk in reksteek (elke ry regs) vir ongeveer 120 rye. Heg af.
Vra by jou handwerkwinkel vir die tolletjiebreimasjientjie, koop een by Wool Knitters Paradise, Frederikastraat 606, Gezina, Pretoria, 012 335 7743 of bestel een by Vaalcraft in Vanderbijlpark Tel/Faks 016 933 1846 of 072 438 6988, vaalcraft@ telkomsa.net/knit@ telkomsa.net (dit kos R250)
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …