Begin nou reeds brei aan hierdie krismiskat as ’n Kersgeskenk vir die klein mensies in jou lewe
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
1 bal elk ELLE PURE GOLD DK (100 g) in wit, rooi en groen Klein bietjie swart breidraad Stopsel 4 mm-naalde 2 ogies of knopies
Afkortings
aw – aweregs gl1 – glip een steek ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw.) ms – mossteek (1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: r die aw-ste en aw die r-ste soos dit voorkom.) oorbl – oorblywende r – regs rVa – regs voor en agter in dieselfde steek tgso – trek glipsteek oor
Grootte
Sowat 35 cm B
Brei-inligting
Die kat word van die kop af ondertoe gebrei. Die arms, stert en ore word apart gebrei en agterna aangewerk.
Wenke
- Brei die mus en serp in enige kleure van jou keuse as jy dit nie ’n Kersfeestema wil gee nie.
- Gebruik die basiese patroon en pas dit aan vir ’n pop of enige ander diertjie.
- Gebruik chunky-breidraad vir ’n groter kat.
Aanwysings
Kop
Stel 50 ste op en werk 12 rye in ks, eindig met VK-ry.
13de ry: r22, rVa, r4, rVa, r22. 52 ste.
14de ry: aw.
15de ry: r22, rVa, r6, rVa, r22. 54 ste.
16de ry: aw.
17de ry: r22, rVa, r8, rVa, r22. 56 ste.
18de ry: aw.
19de ry: r22, gl1, r1, tgso, r8, r2tes, r22. 54 ste.
20ste ry: aw.
21ste ry: r22, gl1, r1, tgso, r6, r2tes, r22. 52 ste.
22ste ry: aw.
23ste ry: r22, gl1, r1, tgso, r4, r2tes, r22. 50 ste.
24ste ry: aw.
25ste ry: r.
26ste ry: aw. Plaas merker hier.
Lyf
Werk sowat 40 rye ks, eindig met VK-ry.
Bene
Vlg ry: r25, draai, laat oorbl 25 ste op steekhouer. Werk oor hierdie 25 ste vir eerste been en gaan voort in ks vir 30 rye. Breek draad lank af, ryg deur ste op naald, trek styf en werk vas. Heg draad aan oorbl 25 ste en voltooi soos eerste been.
Arms
Maak 2 Stel 20 ste op en werk in ks vir 40 rye. Breek draad lank af, ryg deur ste op naald, trek styf en werk vas. Voltooi tweede arm soos eerste een.
Stert
Stel 10 ste op en werk in ks vir 50 rye, breek draad lank af, ryg deur ste op naald, trek styf en werk vas.
Ore
Maak 4 Stel 10 ste op en werk 4 rye in ks.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes. 8 ste. Brei 3 rye ks.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes. 6 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes. 4 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r2tes. 2 ste.
Vlg ry: aw
Vlg ry: r2tes.
Mus Maak 2 Met wit stel 30 ste op en werk 10 rye in ms. Met rooi gaan voort in ks vir 3 rye.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes. 28 ste. Brei 3 rye ks.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes. 26 ste. Herh laaste 4 rye tot 4 ste oor is.
Vlg ry: aw. Heg af.
Serp Stel 12 ste op en werk in ks en kleurstrepe soos verkies tot serp 45–50 cm lank is. Heg af. Bind fraiings weerskante vas.
Om te voltooi
Met regte kante opmekaar, werk kat se twee bene toe. Werk naat agter toe, maar moenie draad afbreek nie. Ryg draad deur aanhegrand. Keer om na regte kant. Stop kat se bene, lyf en kop op. Trek kop bo toe en werk stewig vas. Met regte kante op mekaar, werk arms tot bo toe, keer om na regte kant, stop dit op en werk bo toe. Met regte kante op mekaar, werk stert toe (dis nie nodig om dit te stop nie) en keer om na regte kant. Ryg breidraad by merker rondom breiwerk en trek dit effens in om nek te vorm. Werk breidraad vas. Werk arms weerskante net onder nek vas. Werk stert agter vas. Met regte kante op mekaar, werk twee-twee ore aanmekaar en keer na regte kant om. Posisioneer weerskante bo-op kop en werk vas. Met regte kante op mekaar, werk wit band van mus toe. Laat ’n opening vir ore en werk sye verder tot bo toe. Maak ’n tossel met wit breidraad en werk op punt van mus vas. Trek mus oor kop met ore deur openinge. Plak ogies vas. Bind serp om kat se nek. Werk met swart breidraad ’n snor en tone soos op foto indien verkies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …