Brei hierdie fyn trui lank of kort, of sommer een van elk
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: ***
Benodigdhede
SIRDAR CALICO DK (50 g-balle) of breidraad waarmee jy dieselfde spanning sal kry K ort trui: 5(6;7;8;9;10)balle in kleur van jou keuse L ang trui: 7(8;9;11;12;14)balle in kleur van jou keuse Een paar elk 3,25 mm- en 4 mm-naalde
Mate
Om borsmaat te pas van: 81-86(91-97;102-107;112-117;122-127;132- 137)cm
Ware grootte
Bors: 101(111;121;131;141;151)cm
Volle lengte
Kort trui: 48(50;54;56;62;66)cm Lang trui: 58(60;64;68;72;76)cm Moulengte: 10(10;10;15;15;15)cm Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. 24 ste en 30 rye = 10 cm oor patroon met 4 mm-naalde
Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
Afkortings
alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin dnv – draad na voor don – draad oor naald drn – draad rondom naald gl1 – glip een steek regsgewys herh – herhaal ks – koussteek oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs R(V)K – regte(verkeerde) kant R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor st(e) – steek(steke) tes – tesame tgso – trek glipsteek oor vermin – verminder vermeer – vermeerder vlg – volgende
Kort trui
Agterpant
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 121(133;145;157;169;181)ste op.
1ste ry: r.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r.
5de ry: r1, *(r2tes)twee keer, (dnv, r1)3 keer, dnv, (gl1 r1, tgso)twee keer, r1, herh van * tot einde.
6de ry: aw.
7de ry: soos 5de ry.
8ste ry: aw.
9de ry: soos 5de ry.
10de ry: aw.
11de ry: soos 5de ry.
12de ry: aw. Van 1ste tot 12de ry stel pat vas. ** Werk in pat (deurgaans) tot agterpant 18(18;19;19;22;24)cm lank is, eindig met VK-ry.
Vorm moue Stel 24(24;24;36;36;36)ste aan begin van vlg 2 rye op. 169(181;193;229;241;253)ste. Gaan voort tot agterpant 20(22;24;26;28;30)cm lank is van mou se aanhegste af, eindig met VK-ry.
Skouervorming Heg 4(4;4;5;5;5)ste aan begin van vlg 22(24;26;30;32;20)rye af. 81(85;89;79;81;153)ste. Heg 5(5;5;6;6;6)ste aan begin van vlg 6(6;6;2;2;14)rye af. 51(55;59;67;69;69)ste. Heg 8(10;12;16;17;17)ste aan beg van vlg 2 rye af. 35 ste. Heg oorbl 35 ste af.
Linkervoorpant
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 43(49;55;61;67;73)ste op.
Vir slegs 1ste, 3de en 5de groottes
1ste ry: r.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r.
5de ry: r1, *(r2tes)twee keer, (dnv, r1)3 keer, dnv, (gl1 r1, tgso)twee keer, r1, herh van * tot laaste 6 ste, (r2tes)twee keer, (dnv, r1)twee keer.
6de ry: aw.
7de ry: soos 5de ry.
8ste ry: aw.
9de ry: soos 5de ry.
10de ry: aw.
11de ry: soos 5de ry.
12de ry: aw.
Vir slegs 2de, 4de en 6de groottes
1ste ry: r.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r.
5de ry: r1, *(r2tes)twee keer, (dnv, r1)3 keer, dnv, (gl1 r1, tgso)twee keer, r1, herh van * tot einde.
6de ry: aw.
7de ry: soos 5de ry.
8ste ry: aw.
9de ry: soos 5de ry.
10de ry: aw.
11de ry: soos 5de ry.
12de ry: aw.
Vir al 6 groottes Van 1ste tot 12de ry stel pat vas. ** Werk in pat (deurgaans) gaan voort tot linkervoorpant 18(18;19;19;22;24)cm lank is, eindig met VK-ry.
Vorm mou Stel 24(24;24;36;36;36)ste aan begin van vlg ry op. 67(73;79;97;103;109)ste. Gaan voort tot linkervoorpant 20(22;24;26;28;30)cm lank is van mou se aanhegste, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Werk 22(24;26;30;32;20)rye, heg 4(4;4;5;5;5)ste aan begin van vlg en elke vlg alt ry af. 23(25;27;22;23;59)ste. Werk 6(6;6;2;2;14)rye, heg 5(5;5;6;6;6)ste aan begin van vlg en elke vlg 2(2;2;0;0;2)de ry af. 8(10;12;16;17;17)ste. Heg oorbl 8(10;12;16;17;17)ste af.
Regtervoorpant
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 43(49;55;61;67;73)ste op.
Vir slegs 1ste, 3de en 5de groottes
1ste ry: r.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r.
5de ry: (r1, dnv)twee keer, (gl1, r1, tgso) twee keer, r1, * (r2tes)twee keer, (dnv, r1) drie keer, dnv, (gl1, r1, tgso)twee keer, r1, herh van * tot einde.
6de ry: aw.
7de ry: soos 5de ry.
8ste ry: aw.
9de ry: soos 5de ry.
10de ry: aw.
11de ry: soos 5de ry.
12de ry: aw.
Vir slegs 2de, 4de en 6de groottes
1ste ry: r.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r.
5de ry: r1, *(r2tes)twee keer, (dnv, r1)drie keer, dnv, (gl1, r1, tgso)twee keer, r1, herh van * tot einde.
6de ry: aw.
7de ry: soos 5de ry.
8ste ry: aw.
9de ry: soos 5de ry.
10de ry: aw.
11de ry: soos 5de ry.
12de ry: aw.
Vir al 6 groottes Van 1ste tot 12de ry stel pat vas. ** Werk in pat (deurgaans) gaan voort tot regtervoorpant 18(18;19;19;22;24)cm lank is, eindig met RK-ry.
Vorm mou Stel 24(24;24;36;36;36)ste aan begin van vlg ry op. 67(73;79;97;103;109)ste. Gaan voort tot regtervoorpant 20(22;24;26;28;30)cm lank is van mou se aanhegste, eindig met RK-ry.
Skouervorming Werk 22(24;26;30;32;20)rye, heg 4(4;4;5;5;5)ste aan begin van vlg en elke vlg alt ry af. 23(25;27;22;23;59)ste. Werk 6(6;6;2;2;14)rye, heg 5(5;5;6;6;6)ste aan begin van vlg en elke vlg 2(2;2;0;0;2)de ry af. 8(10;12;16;17;17)ste. Heg oorbl 8(10;12;16;17;17)ste af.
Mourande (dieselfde)
Werk skouer- en mounate toe. Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r88(97; 106;114;123;132)ste eweredig al om mousgatrand. Vlg ry: r. Hierdie ry sal nou na verwys word as rs (reksteek). Werk nog 3 rye in rs. Heg af.
Linkervoorrand
Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r 16 ste van middel van nek agter tot by skouernaat en 105(110;119;123;136;152) ste eweredig langs voorste rand. 121(126;135;139;152;168)ste. Werk 4 rye in rs. Heg af.
Regtervoorrand
Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r105(110;119;123;136;152)ste eweredig langs voorste rand en 16 ste van skouernaat tot middel van nek agter. 121(126;135;139;152;168)ste. Werk 4 rye in rs. Heg af.
Om te voltooi
Werk sy- en mounate toe. Werk rand in middel van nek agter toe. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
LANG TRUI
Agterpant
Werk soos gegee vir agterpant vir kort trui tot ** Werk in pat (deurgaans) tot agterpant 44(44;45;47;48;50)cm lank is, eindig met VK-ry. Werk soos gegee vir agterpant van kort trui van mouvorming af.
Linkervoorpant
Werk soos gegee vir linkervoorpant van kort trui tot **. Werk in pat (deurgaans) tot linkervoorpant 44(44;45;47;48;50)cm lank is, eindig met VK-ry. Werk soos gegee vir linkervoorpant van kort trui van mouvorming af.
Regtervoorpant
Werk soos gegee vir regtervoorpant van kort trui tot **. Werk in pat (deurgaans) tot linkervoorpant 44(44;45;47;48;50)cm lank is, eindig met RK-ry. Werk soos gegee vir regtervoorpant van kort trui van mouvorming af.
Linkervoorrand
Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r 16 ste van middel van nek agter tot skouernaat en 140(143;150;158;165;173) ste eweredig langs voorste rand. 156(159;166;174;181;189)ste. Werk 4 rye in rs. Heg af.
Regtervoorrand
Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r 140(143;150;158;165;173)ste eweredig langs voorste rand en 16 ste van skouernaat tot middel van nek agter. 156(159;166;174;181;189)ste. Werk 4 rye in rs. Heg af.
Mourande (dieselfde)
Werk soos gegee vir mourande van kort trui.
Om te voltooi
Voltooi soos kort trui.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …