Hierdie is ’n lekker projek wat jy kan groter maak as die ywer jou pak
CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
Jy gebruik 1-2 balle vir elke 2 blokke, afhangende van watter patroon jy gebruik. Vir dié kombers van sowat 1,25 m x 1,25 m het ek 14 balle ELLE RUSTICA CHUNKY in Petrol gebruik 5,5 mm-naalde
Afkortings
r – regs; aw – aweregs; gs – glipsteek; herh – herhaal
Grootte
Die vierkantige blokke is 25 cm x 25 cm en die langwerpige blokke 25 cm x 50 cm
Brei-inligting
Brei soveel vierkantige of langwerpige blokke as wat jy wil. Vir die projek is 4 langwerpige blokke en 17 vierkante gebrei. Stel 30 ste vir elke blok op (25 cm) en brei tot dit 25 cm of 50 cm lank is – die hoeveelheid rye sal afhang van die patroon wat jy gebruik. Pak die klaar blokke op die vloer uit en rangskik soos dit vir jou mooi lyk voor jy dit begin vaswerk.
Patrone
Koussteek 1ste ry: r. 2de ry: aw. Herh 1ste en 2de ry.
Mossteek 1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot einde. 2de ry: regs aw-ste en aweregs r-steke tot einde. Herh 1ste en 2de ry.
Kamm akabel 1ste ry: *aw4, r1, aw1, r4, herh van * tot einde. 2de ry: *aw3, r2, aw2, r3, herh van * tot einde. 3de ry: *aw2, r2, aw1, r1, aw2, r2, herh van * tot einde. 4de ry: *aw1, r2, aw2, r2, aw2, r1, herh van * tot einde. 5de ry: *r2, aw3, r3, aw2, herh van * tot einde. 6de ry: *r1, aw4, r4, aw1, herh van * tot einde. Herh 1ste tot 6de ry.
Gedraaide wafelsteek 1ste en 3de ry (RK): *r2, gl vlg steek op regterkantste naald, r1, gl geglipte steek terug op linkerkantste naald en r dit, herh van * tot einde. 2de ry: aw. 4de ry: *r2, aw2, herh van * tot einde, r2. Herh 1ste tot 4de ry.
Mandjiesteek 1ste ry: r. 2de, 4de en 6de ry: r6, aw4. 3de en 5de ry: r4, aw6. 7de ry: r. 8ste, 10de en 12de ry: aw4, r6. 9de en 11de ry: aw6, r4. Herh ry 1 tot 12. Vk
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …