Hierdie tjalie is maklik om te brei en jy kan dit op verskeie maniere dra
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
2 balle elk ELLE STRETCH DK in drie
verskillende kleure van jou keuse
10 mm-sirkelnaald
Merkers
LW: GEBRUIK BREIDRAAD
DEURGAANS DUBBELD
AFKORTINGS
don – draad om naald
gm – glip merker oor
pm – plaas merker
r – regs
AANWYSINGS
Met 10 mm-sirkelbreinaald en dubbele breidraad stel 7 ste op.
Vlg ry: r3, pm, r1, pm, r3.
Vlg ry (RK): r2, don, r tot by merker, don, gm, r1, gm, don, r tot laaste 2 st, don, r2.
Vlg ry (VK): r al die ste behalwe 2de en 2de laaste st en r voor en agter in don-lusse. Herh laaste 2 rye en wissel kleure af soos verkies vir ongeveer 65 rye.
Heg lossies af.
OM TE VOLTOOI
Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …