’n Maklike moulose trui wat jy ook in groter groottes kan brei
CHRISTA SWANEPOEL
Benodigdhede
- 7(9;10;11;12;13)balle SIRDAR SOFTSPUN of enige ELLE DK (25 g-balle of ekwivalent in 50 g-balle)
- Een paar elk 3,25 mm- en 4 mm-breinaalde
Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan Saprotex nie vir die voltooide produk verantwoordelikheid aanvaar nie.
Mate
Om borsmaat te pas van: 81/86(91/97; 102/107;112/117;122/127;132/137)cm Ware grootte: Bors: 90(101;111;122;133;141)cm Volle lengte: 55(58;62;65;69;69)cm
Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. 22 ste en 30 rye = 10 cm oor koussteek met 4 mm-naalde Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
Afkortings
alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin herh – herhaal ks – koussteek oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs R(V)K – regte(verkeerde) kant R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor st(e) – steek(steke) tes – tesame vermin – verminder vermeer – vermeerder vlg – volgende
Agterpant (sywaarts gebrei)
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 112(116;124;132;138;138)ste op. 1ste ry: r. 2de ry: aw. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ks (koussteek). Gaan voort in ks (deurgaans) soos volg: Werk 4(2;2;2;4;4)rye in ks. Vlg ry: vermeer in 1ste st (skouerrand), r tot einde. 113(117;125;133;139;139)ste. Begin met aw-ry, werk 35(27;23;66;47;29) rye, vermeer 1 st aan skouerrand in 6(4;4;6;6;6)de en elke vlg 6(4;4;6;6;6)de ry. 118(123;130;144;146;143)ste. Vir slegs 1ste, 2de, 3de, 5de en 6de groottes Werk 9(25;37;25;49)rye, vermeer 1 st aan skouerrand in vlg en elke vlg 8(6;6;8;8)ste ry. 120(128;137;150;150)ste. Vir al 6 groottes Plaas merker aan skouerrand van laaste ry. ** Werk 35(39;39;43;43;43)rye sonder om te vorm vir nek. Plaas merker aan skouerrand van laaste ry. Vlg ry: r2tes (skouerrand), r tot einde. 119(127;136;143;149;149)ste. Werk 8(24;36;69;24;48)rye, vermin 1 st aan skouerrand in 8(6;6;6;8;8)ste en elke vlg 0(6;6;6;8;8)ste ry. 118(123;130;132;146;143)ste. Vir slegs 1ste, 2de, 3de, 5de en 6de groottes Werk 41(31;27;53;35)rye, vermin 1 st aan skouerrand in elke vlg 6(4;4;6;6)de ry. 112(116;124;138;138)ste. Vir al 6 groottes Heg oorbl 112(116;124;138;138)ste af.
Linkervoorpant (sywaarts gebrei)
Werk soos gegee vir agterpant tot **. Vlg ry: aw tot einde, stel 13(14;14;16;16;16) ste op vir omslaankraag. 133(142;151;160;166;166)ste. Werk nog 59(67;67;75;75;75)rye. Met 3,25 mm-naalde gaan soos volg voort: Vlg ry: aw8(6;4;10;8;8), tel lus op tussen laaste en vlg st en werk agterin lus (dit sal nou na verwys word as m1), (aw9[13;11;14;15;15], m1)13(10;13;10;10;10) keer, aw8(6;4;10;8;8). 147(153;165;171;177;177)ste. 1ste ry: *r3, aw3, herh van * tot laaste 3 ste, r3. 2de ry: aw3, *r3, aw3, herh van * tot einde. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 3×3-rif. Werk nog 6 rye in 3×3-rif. Heg in rif af.
Regtervoorpant (sywaarts gebrei)
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 112(116;124;132;138;138)ste op, werk 6(4;4;4;6;6)rye in ks. Vlg ry: r tot laaste 2 ste, vermeer in vlg st (skouerrand), r1. 113(117;125;133;139;139)ste. Begin met aw-ry werk 35(27;23;67;47;29) rye, vermeer 1 st aan skouerrand in 6(4;4;6;6;6)de en elke vlg 6(4;4;6;6;6)de ry. 118(123;130;144;146;143)ste. Vir slegs 1ste, 2de, 3de, 5de en 6de groottes Werk 10(26;38;26;50)rye, vermeer 1 st aan skouerrand in vlg en elke vlg 8(6;6;8;8)ste ry. 120(128;137;150;150)ste. Vir al 6 groottes Plaas merker aan skouerrand in laaste ry. Vlg ry: r tot einde, stel 13(14;14;16;16;16) ste op vir omslaankraag. 133(142;151;160;166;166)ste. Werk nog 58(66;66;74;74;74)rye. Met 3,25 mm-naalde gaan soos volg voort: Vlg ry: aw8(6;4;10;8;8), m1, (aw9[13;11;14;15;15], m1)13(10;13;10;10;10) keer, aw8(6;4;10;8;8). 147(153;165;171;177;177)ste. Begin met 1ste ry van 3×3-rif, werk 8 rye. Heg in rif af.
Mourande (dieselfde)
Werk skouernate toe tot by merkers en werk aanhegste van omslaankraag in skouernaat vas. Plaas merkers 22(24;26;28;30;30)cm van bokant van skouer aan voor- en agterkant. Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r105(117;123;135;147;147)ste eweredig tussen merkers. Begin met 2de ry van 3×3-rif, werk 8 rye. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk sy- en mourandnate toe. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …