Hier is ’n oulike patroon vir maklike sloffies
Wat het jy nodig?
ELLE FAMILY KNIT DK (50 g)
2 balle Royal (A)
1 bal White (B)
4 mm-breinaalde
4 mm-breinaald met punte op albei kante
Grootte
Pas enige volwasse voet
LEES OOK: Brei sloffies
Aanwysings
Met A stel 47 ste op.
1ste ry: r4, *aw1, r1, herh van * tot laaste 3 ste, r3.
2de ry: r3, *aw1, r1, herh van * tot laaste 4 ste, aw1, r3. Herh hierdie 2 rye nog 4 keer, dan 1ste ry 1 keer.
**12de ry (VK): r.
13de ry: r3, aw tot laaste 3 ste, r3.
14de ry: r.
15de ry: r3, heg B en r tot laaste 3 ste, draai.
16de ry: met B, aw tot laaste 3 ste, draai. Moenie B afbreek nie, maar tel A op.
17de ry: met A, r die B ste van vorige ry en laaste 3 A-ste.
** Herh van ** tot ** nog 13 keer. Dan 12de, 13de en 14de rye.
Breek albei drade af en los genoeg van A om naat bo-op toe te werk.
Werk toongedeelte soos volg: gl eerste 12 ste op spaarnaald, gl vlg 24 ste op ’n stuk breidraad. Met RKV heg A aan oorbl 11 ste en r tot laaste st, gl laaste st op spaarnaald met 12 ste en r2tes, r tot einde. (Werk moet gevou wees met verkeerde kante op mekaar.)
Werk nou oor hierdie 22 ste.
1ste ry: aw.
2de ry: r.
3de ry: aw.
***Vlg ry: r1, r2tes, r tot laaste 3 ste, gl 1, r1, tgso, r1.
Gaan voort om 1 st aan weersk van elke alt ry te vermin tot 11 ste oorbly. Heg awgewys af.***
Met regte kante op mekaar, heg A aan oorbl 24 ste.
1ste ry: r1, r2tes, r tot laaste 3 ste, gl1, r1, tgso, r1. 22 ste.
2de ry: aw.
3de ry: r.
4de ry: aw. Voltooi soos eerste helfte van *** tot ***.
LEES OOK: Brei pantoffels in een stuk
Om te voltooi
Met regte kante opmekaar, werk toongedeelte toe. Werk naat bo-op toe.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …