Brei hierdie serp en mus in ‘n maklike patroon vir Pa en sommer ’n onderbaadjie vir Kleinboet
Christa Swanepoel Gebrei deur Lettie Gryvenstein
Wat het jy nodig?
Serp
• 4 balle ELLE TIMBER DK (50 g) in Palm
• 4,5 mm-breinaalde
Mus
•1 bal ELLE TIMBER SERIOUSLY CHUNKY (100 g) in Palm
•7 mm-breinaalde
Onderbaadjie (Pas 4 tot 6 jaar)
• 3 balle ELLE TIMBER DK (50 g) in Palm
• 1 bal ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Soft Lime
• 3,25 mm- en 4 mm-naalde
Afkortings
alt – alternatiewe
aw – aweregs
aw2gso – steek regterhandse naald in vlg 2 ste asof jy dit tesame sou brei en gl dit op regterhandse naald, r1, gl die 2 ste oor die gebreide st
oorbl – oorblywende
r – regs
rVa – regs voor en agter in dieselfde st
tes – tesame
vermin – verminder
Aanwysings
Serp
Met 4,5 mm-naalde en DK stel 39 ste op.
1ste ry: r3, *aw3, r3, herh van * tot einde.
2de ry: *r1, aw1, herh van * tot einde.
Herh 1ste en 2de ry tot 150 cm. Heg af.
Om te voltooi
Vir fraiings knip lengtes van 20,5 cm van breidraad. Gebruik 3 stringetjies saam vir fraiings op kort sye van serp soos verkies. Vou stringetjies in helfte, trek met hekelnaald deur, trek lang punte deur lus en trek styf.
Mus
Met 7 mm-naalde en Chunky stel 51 ste op.
1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot laaste 3 ste, r3.
Herh 1ste ry tot werk sowat 20 cm lank is.
Vorm bokant
1ste ry: *r2tes, aw2tes, herh van * tot laaste 3 ste, r2tes, aw1. 26 ste.
2de ry: *r1, aw1, herh van * tot einde.
Herh 2de ry nog 4 keer.
7de ry: (r2tes) tot einde. 13 ste.
8ste ry: aw.
9de ry: (r2tes) tot einde, r1.
Knip breidraad af met lang stuk, ryg draad deur oorbl ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Werk naat toe. Werk aan ander kant vir laaste paar sentimeter vir omslaan.
Onderbaadjie
Agterpant
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 74 ste op.
1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r2.
2de ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde.
Herh laaste 2 rye nog 7 keer.
10de ry: rVa in 1ste st, gaan voort in 2×2-rif tot laaste st, rVa in laaste st. 76 ste.
Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: *r4, aw2, herh van * tot laaste 4 ste, r4.
2de ry: aw4, *r2, aw4, herh van * tot einde.
Herh laaste 2 rye tot werk ongeveer 26 cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Vlg ry: heg 3 ste af, pat tot einde.
Vlg ry: heg 3 ste af, pat tot einde. 70 ste.
Werk 2 rye, vermin 1 st aan weersk van elke ry. 66 ste.
Werk 2 rye, vermin 1 st aan weersk van 1ste ry. 64 ste. **
Werk 3 rye, vermin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry. 60 ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 15 cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Werk 2 rye, heg 10 ste in pat aan begin van elke ry af. 40 ste.
Werk 2 rye, heg 5 ste in pat aan begin van elke ry af. 30 ste.
Heg af.
Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant tot **.
Verdeel vir nek
Vlg ry: pat2tes, pat 30, draai, laat oorbl 32 ste op steekhouer.
Werk slegs oor hierdie 31 ste soos volg.
Vlg ry: pat2tes, pat tot einde. 30 ste.
Werk 2 rye, vermin 1st aan mousgatrand in vlg ry, TERSELFDERTYD, vermin 1 st aan nekrand in elke ry. 27 ste.
Werk 4 rye, vermin 1 st slegs aan nekrand in elke ry. 23 ste.
Gaan voort in pat en vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke alt ry tot 15 ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 15 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: heg 10 ste af, pat tot einde.
Vlg ry: pat.
Vlg ry: heg 5 ste af.
Met RKV heg draad aan oorbl 32 ste, pat tot laaste 2 ste, pat2tes.
Voltooi verder soos eerste helfte, maar spieëlbeeld daarvan.
Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV, 3,25 mm-naalde en Soft Lime tel op en r 39 ste eweredig langs linkerkant van nek, tel st in middel van V op en werk agter in lus, tel op en r 39 ste eweredig langs regterkant van nek en 40 ste oor ste aan agterkant van nek. 119 ste
1ste ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde.
2de ry: rif 38, aw2gso, rif 78. 117 ste.
3de ry: rif.
4de ry: rif 37, aw2gso, rif 77. 115 ste.
5de ry: rif 76, aw3, rif 36.
6de ry: heg in rif af.
Mousgatrande (dieselfde)
Werk linkerskouer- en nekbandnaat toe. Met RKV, 3,25 mm-naalde en Soft Lime tel op en r 77 ste eweredig rondom mousgat.
1ste ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde.
2de ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde.
Herh laaste 2 rye nog 1 keer.
Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk sy- en mousgatrande toe. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …