Dis tyd om die breipenne en wol uit te haal en dié mooi blokkieskombers te brei.
Vertaal deur: Corné Coetzee
——————————————————————————-
Ekstra inligting
Die kombers bestaan uit 35 blokkies. Van blokkies 1 – 8 moet jy 4 elk brei en van blokkie 9 moet jy 3 brei.
Indien jy jou kombers presies in die kleure wil brei soos in die foto, hier is die wol kleure en hoveelhede uiteen gesit.
Onthou, 2 balle wol is genoeg vir 4 blokkies.
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
[Blok 1-8: Brei 4 blokkies van elk]
Blokkie 1: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 2: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 3: Moon Stone 042 (2 balle)
Blokkie 4: Silver 056 (2 balle)
Blokkie 5: Hazelnut 198 (2 balle)
Blokkie 6: Parakeet 076 (2 balle)
Blokkie 7: Vanilla 105 (2 balle)
Blokkie 8: 1 x Vanilla 105, 1 x Moonstone 042, Hazelnut 198, Silver 056 (4 balle altesaam)
[Blok 9: Brei 3 blokkies]
Blokkie 9: Parakeet 076 (2 balle)
Totale balle wol:
Mist 203: 4 balle
Moon stone 042: 3 balle
Silver 056: 3 balle
Hazelnut 198: 3 balle
Parakeet 076: 4 balle
Vanilla 105: 3 balle
DWS jy moet 20 balle wol in total hê
—————————————————————————
Jy het ‘n basiese kennis van brei nodig om die kombers te voltooi. As dit vir jou makliker is om in Engels te brei, besoek Elle se webwerf of klik hier om ‘n PDF-van die Engelse patroon af te laai
BLOKKIE #5
BELANGRIKE INLIGTING:
Tensy jy die genoemde wol gebruik, kan SAPROTEX nie vir die voltooide projek verantwoordelik gehou word nie.
Die drukproses beïnvloed die kleurweergawe, maar die kleur van die wol word so ná as moontlik aan die oorspronklike gehou.
Die aanwysings is vir net een grootte.
BENODIGDHEDE
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
2 balle in kleur van jou keuse: Ons het Hazelnut 198 gebruik
Een paar 4 mm-breinaalde
AFMETINGS
± 25 cm x 25 cm per blokkie
SPANNING
Dis nie belangrik nie. Solank al die blokkies volgens dieselfde spanning gebrei word, behoort hulle dieselfde grootte te wees.
AFKORTINGS
aw = aweregs
herh = herhaal
pat = patroon
st(e) = steek/steke
r = regs
r = regs
RKV = regte kant voor
METODE
Maak 4 van die blokkies:
Met 4 mm-naalde stel 59 ste op.
1ste ry: RKV, r1, (aw1, r1) tot einde.
2de ry: soos 1ste ry.
3de ry: r1, aw1, r2, *(aw1, r2) twee keer, aw1, r3, aw1, r2, aw3, r2, aw1, r3, herh van * nog een keer, (aw1, r2) 3 keer, aw1, r1.
4de ry: r1, aw1, r3, *aw2, r1, aw2, r5, aw2, r3, aw2, r5, herh van * nog een keer, aw2, r1, aw2, r3, aw1, r1.
5de ry: soos 3de ry.
6de ry: soos 4de ry.
7de ry: (r1, aw1) twee keer, *r2, aw3, r2, aw1, r3, aw1, (r2, aw1) twee keer, r3, aw1, herh van * nog een keer, r2, aw3, r2, (aw1, r1) twee keer.
8ste ry: r1, aw1, r2, *aw2, r3, aw2, r5, aw2, r1, aw2, r5, herh van* nog een keer, aw2, r3, aw2, r2, aw1, r1.
9de ry: soos 7de ry.
10de ry: soos 8ste ry.
11de ry: r1, aw2, *r2, aw2, r1, aw2, r2, (aw1, r3) 3 keer, aw1, herh van * nog een keer, r2, aw2, r1, aw2, r2, aw2, r1.
12de ry: r1, aw1, r1, *aw2, r2, aw1, r2, aw2, r5, aw3, r5, herh van * nog een keer, aw2, r2, aw1, r2, aw2, r1, aw1, r1.
13de ry: soos 11de ry.
14de ry: soos 12de ry.
15de ry: r1, aw1, r2, *aw2, r3, aw2, r2, aw1, r3, aw1, r1, aw1, r3, aw1, r2, herh van * nog een keer, aw2, r3, aw2, r2, aw1, r1.
16de ry: r1, aw3, *r2, aw3, r2, aw2, r5, aw1, r5, aw2, herh van * nog een keer, (r2, aw3) twee keer, r1.
17de ry: soos 15de ry.
18de ry: soos 16de ry.
19de tot 22ste ry: herh 11de en 12de ry twee keer.
23ste tot 26ste ry: herh 7de en 8ste ry twee keer.
27ste tot 30ste ry: herh 3de en 4de ry twee keer.
31ste ry: r1, *(aw1, r3) 3 keer, aw1, r2, aw2, r1, aw2, r2, herh van * nog een keer, (aw1, r3) 3 keer, aw1, r1.
32ste ry: r1, aw1, r4, *aw3, r5, aw2, r2, aw1, r2, aw2, r5, herh van * nog een keer, aw3, r4, aw1, r1.
33ste ry: soos 31ste ry.
34ste ry: soos 32ste ry.
35ste ry: r1, aw1, r4, *aw1, r1, aw1, r3, aw1, r2, aw2, r3, aw2, r2, aw1, r3, herh van * nog een keer, aw1, r1, aw1, r4, aw1, r1.
36ste ry: r1, aw1, *r5, aw1, r5, aw2, r2, aw3, r2, aw2, herh van * nog een keer, (r5, aw1) twee keer, r1.
37ste ry: soos 35ste ry.
38ste ry: soos 36ste ry.
39ste tot 42ste ry: herh 31ste en 32ste ry twee keer.
43ste tot 70ste ry: herh 3de tot 30ste ry.
71ste ry: soos 1ste ry.
Heg alle ste in pat soos in 1ste ry af.
Blok gebreide blokkie tot regte grootte, bedek met klam lap en laat droog word.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …