Dis tyd om die breipenne en wol uit te haal en dié mooi blokkieskombers te brei.
Vertaal deur: Margot Schultz en Christa Swanepoel
Ekstra inligting
Die kombers bestaan uit 35 blokkies. Van blokkies 1 – 8 moet jy 4 elk brei en van blokkie 9 moet jy 3 brei.
Indien jy jou kombers presies in die kleure wil brei soos in die foto, hier is die wol kleure en hoveelhede uiteen gesit.
Onthou, 2 balle wol is genoeg vir 4 blokkies.
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
[Blok 1-8: Brei 4 blokkies van elk]
Blokkie 1: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 2: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 3: Moon Stone 042 (2 balle)
Blokkie 4: Silver 056 (2 balle)
Blokkie 5: Hazelnut 198 (2 balle)
Blokkie 6: Parakeet 076 (2 balle)
Blokkie 7: Vanilla 105 (2 balle)
Blokkie 8: 1 x Vanilla 105, 1 x Moonstone 042, Hazelnut 198, Silver 056 (4 balle altesaam)
[Blok 9: Brei 3 blokkies]
Blokkie 9: Parakeet 076 (2 balle)
Totale balle wol:
Mist 203: 4 balle
Moon stone 042: 3 balle
Silver 056: 3 balle
Hazelnut 198: 3 balle
Parakeet 076: 4 balle
Vanilla 105: 3 balle
DWS jy moet 20 balle wol in total hê
—————————————————————————
Jy het ‘n basiese kennis van brei nodig om die kombers te voltooi. As dit vir jou makliker is om in Engels te brei, besoek Elle se webwerf of klik hier om ‘n PDF-van die Engelse patroon af te laai
BLOKKIE #3
BELANGRIKE INLIGTING:
Tensy jy die genoemde wol gebruik, kan SAPROTEX nie vir die voltooide projek verantwoordelik gehou word nie.
Die drukproses beïnvloed die kleurweergawe, maar die kleur van die wol word so ná as moontlik aan die oorspronklike gehou.
Die aanwysings is vir net een grootte.
BENODIGDHEDE
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
2 balle in kleur van jou keuse: Ons het Moon Stone 042 gebruik
Een paar 4 mm-breinaalde
AFMETINGS
± 25 cm x 25 cm per blokkie
SPANNING
Dis nie belangrik nie. Solank al die blokkies volgens dieselfde spanning gebrei word, behoort hulle dieselfde grootte te wees.
AFKORTINGS
aw = aweregs
herh = herhaal
pat = patroon
r = regs
RKV = regte kant voor
st(e) = steek/steke
AANWYSINGS
Maak 4 dieselfde:
Met 4 mm-naalde stel 51 ste op.
1ste ry: RKV, r1, (aw1, r1) tot einde.
2de ry: soos 1ste ry.
3de ry: r1, aw1, r2, *aw3, (r1, aw1) 2 maal, r1, aw5, (r1, aw1) twee maal, r1, aw3, r1, herh nog een keer vanaf * , r1, aw1, r1.
4de ry: r1, aw1, r1, aw2, *r3, (aw1, r1) 2 maal, aw1, r3, (aw1, r1) twee maal, aw1, r3*, aw3, herh nog een keer van * tot * , aw2, r1, aw1, r1.
5de ry: r1, aw1, r4, *aw3, (r1, aw1) 5 maal, r1, aw3*, r5, herh nog ´n keer van * tot *, r4, aw1, r1.
6de ry: r1, aw1, r2, *aw3, r3, (aw1, r1) 4 maal, aw1, r3, aw3*, r1, herh nog een keer van * tot *, r2, aw1, r1.
7de ry: r1, aw1, r1, aw2, *r3, aw3, (r1, aw1) 3 maal, r1, aw3, r3*, aw3, herh nog een keer van * tot *, aw2, r1, aw1, r1.
8ste ry: r1, aw1, r4, *aw3, r3, (aw1, r1) 2 maal, aw1, r3, aw3*, r5, herh nog een keer van * tot *, r4, aw1, r1.
9de ry: r1, aw1, r2, *aw3, r3, aw3, r1, aw1, r1, aw3, r3, aw3*, r1, herh nog een keer van * tot *, r2, aw1, r1.
10de ry: r1, aw1, r2, aw1, (r3, aw3, r3, aw1) 2 maal, r1, aw1, (r3, aw3, r3, aw1) 2 maal, r2, aw1, r1.
11de ry: r1, aw1, r2, aw1, r1, aw3, r3, aw5, r3, aw3, (r1, aw1) 2 maal, r1, aw3, r3, aw5, r3, aw3, r1, aw1, r2, aw1, r1.
12de ry: r1, aw1, r2, aw1, r1, aw1, (r3, aw3) 2 maal, r3, (aw1, r1) 3 maal, aw1, (r3, aw3) 2 maal, r3, aw1, r1, aw1, r2, aw1, r1.
13de ry: r1, aw1, r2, (aw1, r1) 2 maal, aw3, r3, aw1, r3, aw3, (r1, aw1) 4 maal, r1, aw3, r3, aw1, r3, aw3, (r1, aw1) 2 maal, r2, aw1, r1.
14de ry: r1, aw1, r2, (aw1, r1) 2 maal, aw1, r3, aw5, r3, (aw1, r1) 5 maal, aw1, r3, aw5, r3, (aw1, r1) 2 maal, aw1, r2, aw1, r1.
15de ry: r1, aw1, r1, aw2, *(r1, aw1) 2 maal, r1, aw3, r3, aw3, (r1, aw1) 2 maal, k1*, aw3, herh nog een keer van * tot *, aw2, r1, aw1, r1.
16de ry: r1, aw1, r4, *(aw1, r1) 2 maal, (aw1, r3) 2 maal, (aw1, r1) 2 maal, aw1*, r5, herh nog een keer van * tot *, r4, aw1, r1.
17de tot 72ste ry: herh 3de tot 16de ry nog 4 keer.
73ste ry: soos 1ste ry.
Heg al die ste in pat soos vir 1ste ry af.
Blok gebreide blokkie tot regte grootte, bedek met klam lap en laat droog word.
Klik hier vir blokkie 2 se patroon
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …