Dis tyd om die breipenne en wol uit te haal en dié mooi blokkieskombers te brei.
Vertaal deur: Margot Schultz en Christa Swanepoel
Die kombers bestaan uit nege blokkies. Jy het ‘n basiese kennis van brei nodig om die kombers te voltooi. As dit vir jou makliker is om in Engels te brei, besoek Elle se webwerf of klik hier om ‘n PDF-van die Engelse patroon af te laai
LEES OOK: HEKEL SAAM: Marokkaanse hekelblokke / Moroccan crochet squares
Belangrike inligting:
Tensy jy die genoemde wol gebruik, kan SAPROTEX nie vir die voltooide projek verantwoordelik gehou word nie.
Die drukproses beïnvloed die kleurweergawe, maar die kleur van die wol word so ná as moontlik aan die oorspronklike gehou.
Die aanwysings is vir net een grootte.
Benodighede:
ELLE PURE GOLD DK (100 g) 2 balle in kleur van jou keuse: Ons het Mist 203 gebruik
Een paar 4 mm-breinaalde
Afmetings:
± 25 cm x 25 cm per blokkie
Spanning:
Dis nie belangrik nie. Solank al die blokkies volgens dieselfde spanning gebrei word, behoort hulle dieselfde grootte te wees.
Afkortings:
aw = aweregs
herh = herhaal
pat = patroon
r = regs
RKV = regte kant voor
st(e) = steek/steke
Aanwysings:
Maak 4 dieselfde:
Met 4 mm-naalde stel 56 ste op.
1ste ry: RKV, (r1, aw1) tot einde.
2de ry: (aw1, r1) tot einde.
3de ry: r1, aw1, r1, (aw2, r2) tot laaste 5 ste, aw3, r1, aw1.
4de ry: aw1, r1, aw1, (r2, aw2) tot laaste 5 ste, r3, aw1, r1.
5de ry: r1, aw1, r1, aw2, (r2, aw2, r2, aw4) 4 keer, r2, aw2, r2, aw3, r1, aw1.
6de ry: aw1, r1, aw1, r2, (aw2, r2, aw2, r4) 4 keer, aw2, r2, aw2, r3, aw1, r1.
7de tot 14de ry: Herh 3de tot 6de ry nog twee keer.
15de ry: Soos 3de ry.
16de ry: Soos 4de ry.
17de ry: r1, aw1, r3, (aw2, r2) tot laaste 3 ste, aw1, r1, aw1.
18de ry: aw1, r1, aw3, (r2, aw2) tot laaste 3 ste, r1, aw1, r1.
19de ry: Soos 5de ry.
20ste ry: Soos 6de ry.
21ste tot 28ste ry: Herh 17de tot 20ste ry nog twee keer.
29ste ry: Soos 17de ry.
30ste ry: Soos 18de ry.
31ste tot 58ste ry: Herh 3de tot 30ste ry.
59ste tot 72ste ry: Herh 3de tot 16de ry.
73ste ry: (r1, aw1) tot einde.
Heg alle ste in pat af soos vir 2de ry.
Blok gebreide blokkie tot regte grootte, bedek met ‘n klam lap en laat droog word.
Wil jy blokkie 2 ook brei? Klik hier vir die patroon
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …