Brei vir jou kleingoed elkeen ’n prettige kussing om mee te speel en saans mee te slaap
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: *
Grootte
40 cm x 40 cm
Afkortings
aw – aweregs; gl – glip een steek; ks – koussteek; r – regs; rVa – regs voor en agter in dies steek om 1 st meer te maak; tgso – trek glipsteek oor
Wat het jy nodig?
Vir elke kussing
- ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) 4 balle in kleur van jou keuse vir lyf 1 bal in kleur(e) van jou keuse vir arms 1 bal beige of wit vir oë en hande ekstra kleur/e vir hare k lein bietjie rooi en swart vir mond en ooghare
- 5,5 mm-breinaalde
- Klein bietjie stopsel
- Kussing van 40 cm x 40 cm
Wenke
Raak kreatief en gee elke kussing sy eie persoonlikheid Aanwysings
LYF
Stel 62 ste op en werk in ks tot dit 40 cm lank is as dit effens gestrek word
ARMS EN VINGERS
Stel 15 ste op en brei in ks in effekleur of strepe van 10 rye elk vir 60 rye. Heg ligte kleur en werk 2 rye in ks. Brei vingers op een van twee maniere:
Vir toe hand
Vlg ry: r2, rVa, r4, rVa, r4, rVa, r2.
Vlg ry: aw. Werk nog sowat 7 rye in ks. Heg af.
Vir vingers
Vlg ry: (r1, rVA, r1) 5 maal.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r4, draai en voltooi eerste vinger deur 7–9 rye in ks te brei. Heg af. Heg draad aan oorbl ste en herh vorige ry vir volgende en volgende 3 vingers. Heg af.
OË
Met ligte kleur stel 5 ste op.
1ste ry: rVA, r3, rVa.
2de en elke alt ry: aw.
3de ry: rVa, r5, rVa.
5de ry: rVa, r7, rVa. Herh 2 rye tot 15 ste.
Vlg ry: aw. Brei 2 rye sonder om te vorm.
Vlg ry: r1, gl1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes.
Vlg en elke alt ry: aw. Herh laaste 2 rye tot 5 ste. Heg af.
BINNEKANT VAN OOG
Met swart stel 5 st op
1ste ry: rVA, r3, rVa.
2de en elke alt ry: aw.
3de ry: rVa, r5, rVa.
5de ry: rVa, r7, rVa. Herh 2 rye tot 9 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, gl1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes.
Vlg en elke alt ry: aw. Herh laaste 2 rye tot 5 ste. Heg af.
MOND
Met rooi stel 9 ste op.
1ste ry: rVa, r tot laaste st, rVa.
Vlg ry: aw. Herh laaste 2 rye nog 1 keer. Heg af.
TANDE
Stel 5 ste op en werk paar rye in ks. Heg af.
HARE
- Maak klein klossie hare deur een kleur ’n paar oor CD-kassie te rol. Trek af en bind in middel saam. Sit eenkant.
- Rol ’n paar kleure soos verkies ’n klomp keer om CD-kassie, trek af en sny aan een kant oop. Sit eenkant.
Om te voltooi
Vou arms in lengte met regte kante op mekaar en werk lang sy en toe hand toe. Vir een met vingers, werk lang sy en arm aan basis van vingers toe. Stop liggies. Vou lyf met regte kante op mekaar en werk twee sye halfpad toe. Sit arms aan weerskante binne met oop kante in lyf se naat en werk saam vas en toe. Keer na regte kant om, sit kussing in en werk laaste opening toe. Werk swart deel van oog op wit deel van oog vas. Posisioneer oë, mond/tande op kussing soos verkies en werk rondom vas. Werk wimpers of wenkbroue soos verkies met swart. Werk los vingers in die lengte toe. Werk klossie hare bo-op vas of maak ry fraiings met verskillende kleure oor boonste rand van kussing.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …