Brei nou plekmatjies en oulike Kerskouse vir jou eetgerei
Wat het jy nodig?
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
VIR EEN PLEKMATJIE
1 bal rooi/groen (A)
1 bal wit (B)
VIR EEN KERSKOUS
Sowat 10 g rooi
Klein bietjie wit
Klein bietjie stopsel indien verkies
4 mm-naalde
Afkortings
r – regs aw – aweregs k 4v – glip 2 steke na voor op kabelnaald, r2, dan r2 van kabelnaald kn – kabelnaald
Brei-inligting
- Brei blokkies in rs en ks soos aangedui op diagram.
- Die rs-blokkies se wit vierkantjie is ks en die ks-blokkies se wit vierkantjie is rs.
- Las wit en dra agter oor net in rye waar wit gebruik word.
- Waar die kleur en wit afwissel, draai die twee breidrade om mekaar om gaatjie in breiwerk te voorkom.
- Dra die wit agter die werk saam deur elke 4 ste die wit en groen/rooi om mekaar te draai om lang lusse agter te voorkom.
- Moenie wit agter styf trek nie omdat die werk sal inmekaartrek.
Wenke
Gebruik die patroon vir plekmatjie om babakombersie te brei – vermeerder vierkante tot so groot jy verkies en maak dan weer minder. Bind ’n lintjie aan agterkant van Kerskous vas en hang aan stoele om Kerstafel of aan Kersboom.
Aanwysings
Plekmatjie
Met A, stel 12 ste op en werk 6 rye rs.
Vlg ry: met A r4, heg B en r 4, met A r4.
Vlg ry: met A r4, met B aw4, met A r4. Herh laaste 2 rye nog 2 keer (altesaam 6 rye vir wit blokkie). Werk 6 rye rs in kleur, eindig met VK-ry.
1ste ry: stel 12 ste op, r oor hierdie 12 ste, r12 oor bestaande vierkant en stel 12 ste op vir 3de vierkant.
2–6de ry: brei nou eerste vierkant se kleur deurgaans in rs, middelste vierkant in ks en laaste vierkant in rs.
7–12de ry: gaan voort met vierkante soos bo, maar met wit blokkies in oor die middelste 4 ste van elke vierkant.
13–18de ry: voltooi vierkante soos bo met kleur en stel 12 ste aan einde van 18de ry op. Herh 1ste tot 18de ry oor 5 vierkante. *Herh 1ste tot 17de ry oor 7 vierkante.
18de ry: heg 12 ste af, voltooi 18de ry oor vlg 6 vierkant en stel 12 ste aan einde van ry op. Herh van * nog 2 keer. Gaan soos volg voort: Heg 12 ste af en voltooi slegs 5 vierkante soos tevore. Heg 12 ste af en voltooi slegs 3 vierkante soos tevore. Heg 12 ste af en voltooi laaste vierkant.
Kerskous
Met wit stel 24 ste op en werk 10 rye ms. Heg rooi en werk 2 rye ks.
Vlg ry: r4, k4v, r8, k4v, r4. Werk 3 rye in ks. Herh laaste 4 rye nog 3 keer.
Vlg ry: r16, draai, aw oor 8 ste. Werk 11 rye ks oor middelste 8 ste, eindig met VK-ry. Met RKV tel op en r 7 ste langs kant van kous af, r die 8 ste tot einde van ry.
Vlg ry: r8 aan begin van ry, dan die 7 ste wat jy pas opgetel het en r8 middelste ste, tel op en r 7 ste aan ander kant van kous, r oor laaste 8 ste. 38 ste. Werk 3 rye in rs. Heg af.
Om te voltooi
Werk sool en kous agter toe. Stop toongedeelte liggies indien verkies.