Dink jy nie dit is tyd om pantoffels vir die winter te brei nie? Hier is ’n patroon vir maklike pantoffels wat in een stuk gebrei word.
Hierdie pantoffels word in een stuk gebrei. Die aanwysings is vir ‘n volwassene se voet (7-9). Sit 10 ste minder op vir ’n kleiner pantoffel. As jy eers een paar gebrei het, sal jy gou kan bepaal hoeveel steke jy vir watter grootte voet moet opstel.
Click here for the English pattern
Hoeveel steke?
Vir verskillende groottes pantoffels kan jy die hoeveelheid ste wat jy benodig soos volg bepaal. Dit word gewoonlik ook op verpakking aangedui. Brei altyd eers ‘n toetslappie om te sien of jou spanning reg is.
- Vierdraadwol: 26 ste en 36 rye = 10 cm met 3,25 mm-naalde
- DK-wol: 22 ste en 30 rye = 10 cm met 4 mm-naalde
- Chunky-wol: 14 ste en 19 rye = 10 cm met 6,5 mm-naalde
Benodighede
- Pingouin Tweed Aran (2 x 50 g-balle)
- 5 mm-naalde
LEES OOK: HEKEL: Handskoene & pantoffels
Afkortings:
GGR: Glip glip regs
GGAW: Glip glip aweregs
Gaan soos volg te werk:
- Stel 76 ste op.
- Werk 14 in rs.
- Verminry 1: r35, r2tes, aw2, ggr, r35.
- Verminry 2: aw34, ggaw, r2, aw2tes, aw34.
- Gaan voort met dié 2 verminderrye tot daar 40 ste oor is.
- Werk 7 rye in rs vir ‘n kort rand of 15 rye vir ‘n omvourand.
- Heg lossies af.
- Werk naat agter en sool toe. LW: ggr en ggaw is sodat rif bo-op pantoffel reguit lyn vorm. As jy sukkel r2tes en aw2tes gewoonweg
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …